Skermswewer tref huis

ʼn Man van Merebank in KwaZulu-Natal se skermsweef-poging het skeefgeloop (Foto: Rescue Care)

ʼn Man van Merebank in KwaZulu-Natal is Maandagaand in die hospitaal opgeneem nadat hy talle beserings opgedoen het tydens skermsweef-poging wat skeefgeloop het.

Garith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê die man het veelvuldige beserings opgedoen toe hy teen ʼn muur van ʼn huis in Merebank tot stilstand gekom het.

“Toe die nooddienste by die toneel opdaag het die man steeds op die grond gelê. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg,” sê hy.

Jamieson sê daar word vermoed dat die man beheer verloor en toe die huis getref het.

Die man se toestand is stabiel. Die saak word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

anton ·

Dit wil vir my voorkom asof daai huis se muur voorheen nie heeltemal klaar geverf is nie.

Jeannette ·

Dalk wou die skermswewer net die verfwerk aan die huis se muur kom klaarmaak het …. Foeitog, dit moes baie eina gewees het! Sterkte aan die arme man!

Ekwilibrium ·

Gelukkig het hy nie ‘n ‘suicide vest’ aangehad nie… Kamikaze, eco-styl!

Andries ·

Lekker om te weet ons suid Afrikaners kan nog die humor in dinge in enige insident raakvat, Lekker man !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.