Skermswewer val na sy dood

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Sondag in Centurion dood toe ʼn skermsweef-poging skeefgeloop het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is net voor 17:00 na die toneel in ʼn veld ontbied. Daar het hulle gesien hoe iemand mond-tot-mond-asemhaling op die man doen in ʼn poging om hom by te bring.

“Paramedici het die man ondersoek en gevind daar was niks wat verder vir hom gedoen kon word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak kon nie meer besonderhede rakende die voorval verskaf nie en het gesê dit sal deur die polisie ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.