Skermutseling tussen polisie en verdagtes in Pretoria

(Foto verskaf)

Een verdagte is dood en tien persone is in hegtenis geneem ná ʼn skietery Woensdag met die polisie in Pretoria.

Xander Loubser, woordvoerder van die Best Care-ambulansdiens, het gesê paramedici is omstreeks 10:45 na die toneel by die Tshwane-distrikshospitaal in Dr Savageweg ontbied. “Verskeie pasiënte is op die toneel aangetref. Polisiebeamptes en verdagtes is tydens die skietery beseer,” het Loubser gesê. Hy het bevestig een van die verdagtes het noodlottige beserings opgedoen. “Twee polisiebeamptes is na Millpark-hospitaal geneem en die ander pasiënte, waaronder twee in ʼn kritieke toestand, is na verskeie hospitale geneem.”

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes in Gauteng, wat taxigeweld ondersoek, het Woensdag inligting opgevolg in die soektog na ʼn verdagte. Polisiebeamptes en die Gautengse verkeerspolisie het tussen 10:00 en 11:00 twee voertuie en ʼn Toyota Quantum-voertuig opgemerk wat die staatslykshuis in Dr Savageweg verlaat. “Volgens inligting wat ontvang is, was die gesoekte verdagte in een van die drie voertuie,” het Peters bygevoeg. “Die verdagtes het op die beamptes begin skiet, en beamptes het teruggeskiet.”

Een verdagte is noodlottig gewond en twee verdagtes is beseer en na ʼn hospitaal geneem. Sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Twee polisiebeamptes en ʼn verkeerskonstabel is tydens die skietery beseer en is ook na ʼn hospitaal geneem waar hulle tans in ʼn stabiele toestand is, het Peters bygevoeg.

Die polisie het beslag gelê op drie onwettige vuurwapens.

Nog ʼn persoon is later in hegtenis geneem tydens die polisie se ondersoek. “Hy het ʼn gelisensieerde vuurwapen by hom gehad, maar met ongelisensieerde ammunisie wat aan ʼn ander kaliber vuurwapen behoort.”

Die vier vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word en ʼn ondersoek sal bepaal of die verdagtes moontlik met enige ander misdade verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adriaan ·

Dis interessant dat twee polisiebeamptes reg by die Tshwane distrikshospitaal in Pretoria gewond word maar al die pad na die Millpark privaat hospitaal in Johannesburg geneem is vir behandeling.

lollapot ·

Eienaardig hoe nuus verskil. . . Ander berig dat daar n lyk was oppad KZN toe, wat mense op beslag wou lê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.