‘Skerp eie veiligheid op’, vra burgerregtegroep

(Foto: pixabay)

Die burgerregtegroep AfriForum het landelike gemeenskappe gevra om hulle veiligheidsmaatreëls op te skerp.

“Die Boland gaan tans erg onder plaasaanvalle gebuk en ons doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle paraatheid op te skerp,” het Johandré van Zyl, AfriForum se streekhoof vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, gesê.

“Ons vermoed dat dieselfde groep wat einde 2018 vir die aanvalle in die Paarl- en Wellington-omgewings verantwoordelik was, weer aktief is. Die verdagtes is gewoonlik in groepe van vier en slaan toe net ná sononder tot ongeveer 21:30 saans.”

AfriForum het gesê hy weet van vier plaasaanvalle tussen 18 en 24 Mei vanjaar in die omgewing van die Paarl, Stellenbosch en De Doorns.

Maroela Media het vroeër berig oor die aanval op Bonnievale-boer Tool Wessels (53)en sy vrou, Liezel (51). Die Wesselse is verlede Dinsdag op hulle plaas oorrompel. Tool is vermoor. Liezel is gemartel en ernstig beseer.

In nog ʼn voorval is ʼn 31-jarige polisiebeampte van die Stellenbosse misdaadvoorkomingseenheid Woensdagaand op ʼn wynplaas buite die dorp doodgeskiet toe hy ʼn huisrower agternagesit het.

AfriForum sê in April vanjaar is ʼn 72-jarige vrou boonop tydens ’n plaasaanval in Redelinghuys verkrag.

“Ons moedig mense aan, veral in afgeleë landelike gebiede, om verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid te aanvaar en hulself te organiseer deur betrokke te raak by plaaswagte in hulle gebied,” het Van Zyl gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

piet piet ·

Ek het vandag van johannesburg na pretoria gery en op elke brug het n polisie voertuig gestaan vir die partytjie van more. Ek kon nie glo om die polisie so aktief te sien nie waar almal uitgeruil het weet ek nie wat ek wel weet is dat jy hulle nooit sien op ander dae nie nou wonder ek net hoekom.

Adam ·

Hier in die Wes-Kaap wag ons maar op Trompie en die Boksombende om te help terugslaan.

Gwen Van Niekerk ·

Adam, lig jou en doen dit self. Liewe kand hoe lui kan jy wees?????

Adam ·

Ai, ai. Ek het ‘n tong in die kies verwysing gemaak na die VF+ se “slaan terug” veldtog, wat soos ons weet op absoluut niks sal oplewer nie.

Hans ·

Elke individu moet misdaad voorkom en veiligheidsbewus wees. Vele misdade is agv agterlosige of nalatigheid. Bv moenie waardevolle goedere op sitplek laat rondlê nie. Die houding dat dis “my reg van vryheid” , veroorsaak dikwels nalatigheid, veral op afgeleë gebiede.

piet piet ·

Hans,dit is hoekom ons belasting betaal om polisie te hê om die werk te doen ,Afriforum moet met die regering onderhandel om die kommando sisteem terug te bring bewapen die boere en gee hulle die wettige mag om op te tree binne die wet sonder die vrees van vervolging ,die regering het gefaal hoe kan hulle dit weier.

Hans ·

Nee my ou, ek vra myself af hoekom is dit nie so in Botswana nie? Doen hille iets verkeerd daàr?

Boerin ·

Moenie worry nie Adam, ons wag orals vir iemand om terug te slaan! Dit gaan erg en ons” struggle vir survival is real”!

Wonder ·

Is dit nie moontlik om ‘n vonds beskikbaar te stel om kameras op ALLE plase te installeer nie?

Andrea ·

Ek dink n organisasie soos Afriforum bv moet verantwoordelikheid neem en sulke beveiliging organiseer. n Oorkoepelende liggaam aan stuur van sake. Eks seker almal landwyd wat kan en dalk ook van die expats sal bydra tot n fonds om die veiligheid op te skerp. Ook te reël dat mense opgelei word oor hóé om veilig te wees.

Vreeslik ·

Is daar nie n manier om veiligheids booms op alle plaas paaie uit dorp op te sit en die weermag kan dit beman. Jy mag het verby ry as jy geregistreer is vir die area en moet toestemming van n geregistreerde persoon he om in te mag kom…almal se registrasie nommer word rekord as hulle verby ry. In die middeooste werk dit so.

KAMERAS ·

kameras help baie en moet gemonitor word. . wagte wat mense voorkeer wat nie belange het in areas nie. ons buurtwag begelei mense uit die area as hulle nie kan sê waar hulle werk nie. mense moet veilig speel en nie die mense om jou se sekuriteit belemmer nie. doen jou werk self.

Bekommerd ·

Booms gaan nie werk nie, want die kriminele sluip deur die bosse soos diewe in die nag. Die weermag? Genade nee, die regering sal nie die weermag ontplooi om die blamke boere te help nie. Ek het gelees die polisiehoof het belowe om reserviste in te bring om die boere te help…. blankes wat sonder betaling op ‘n vrywillige basis hul lewens in gevaar moet stel om hul eie mense te help. Daar het jy dit, dis die plan.

Piet ·

Enige koste vir veiligheids maatreels moet belasting aftrekbaar wees net soos pensioenfonds bydraes want dit gaan oor onafhanklik te wees van die staat en soos dit nou gaan doen die owerhede nie hul werk behoorlik so ons moet leer om onsself te beveilig

Ja Nee ·

Piet, jy praat nou sin. Maar ons regering wil als vir hulself hou.

humor ·

Adam en Boerin die grootste probleem m.b.t. hierdie beveiliging is dat julle sit en wag en wag dat andere moet leiding neem en sake vir julle hanteer en regruk. Lig julle uit jul gemakstoele op en raak betrokke. en doen iets vir jul eie beveiliging.

Gerda ·

Jaaa-nee…mense kyk,soos wat die polisie verslap in hul plig,soos wat die buurlande se mense INSTROOM en ingenooi word…sal ons álmal móét opskerp!

Ek wil nié weet,wát dit ñ boer gaan kos om NÓG MÉÉR op te skerp nie..?

My ou kleine stadsduettjie,jaag my nou so pas R10 000,00 uit my sak uit en dis nét die basiese ou goedtjies maar.
Veiligheidshek,hoë mure en baie BID VIR VEILIGHEID was nié, alleen meer genoeg laasweek nie…AFRIKAAN het oorgeklouter helder oordag

TN ·

Absoluut ! En __ gaan deur ” drills ” wat ‘ n aanval simuleer en dra sorg dat elkeen van jou huishouding presies weet wat om te doen ; maak baie seker dat niemand mekaar gaan raakskiet uit paniek nie en gebruik maksimum geweld binne die toelatings vd wet ; gevolge kan hanteer word , aarseling word begrawe .

Johanna Botha ·

Alle veiligheids dienste en toerusting moet vry wees van btw ! !

Koos wk ·

Gerda ek bly op n plaas in die weskaap…ons rekening staan al oor die R60 000 …en on het nog net die basiese alarms en kameras in..na die moord hier naby ons gaan ons nog opskerp…net om vir ons daai sekonde extra te kan gee om my wapen te kan gebruik..glo ons sal draai ver oor die R 100 000

Tannie boer ·

Hier waar ek woon het ons gewapende patrollie met snuffelhonde permanent sigbaar en aan diens, sowel as kameras wat gemonitor word wat elke in en uitgang na ons dorp monitor. Self is ons bewapen en word dit nie in kluise toegesluit nie, ek weet nie hoe misdaad gedaal het in die area vandat bg implementeer is nie, maar ons wag nie vir oorle staat om iets vir ons te doen nie, ons het dit self gedoen. Al wat die staat doen is om hul dik te vreet aan die kos wat ons verbou……

Bekommerd ·

Die kriminele kom nie noodwendig oor die grens nie. In baie plaasaanvalle praat hulle goeie Afrikaans en in ander plaasaanvalle, is jou eie werkers betrokke. As mens kan, en jy wil aanhou boer, meganiseer soveel as moontlik. Stel arm Afrikaners uit plakkerskampe aan om die werk te doen. In stede, doen jou eie huiswerk. Ek werk voldag en doen my eie werk. Ons is te gemaksugtig. Oorsee het die vrouens nie huishulpe nie.

Adrie ·

die wat so vir kriminele se regte geveg het dra blaam vir die misdaad. Die sogenaamde menseregtevegters sit almal in wit veilige lande nou. Menseregte moet hersien word en linkse waardes moet val.

humor ·

Tannie Boer jy het hom nou in jou laaste sin wragtig reg gese. Soos dit daar by julle gedoen word is dit heel reg. Daar is nog baie slap traak my nie agtiges wat glo dit sal nooit met ons gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.