Skerp toename in hongersnood weens Covid-19

Inwoners van Olievenhoutbosch staan in ’n tou vir kospakkies. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Suid-Afrika is in die tiende week van die staat van landwye afsondering weens die Covid-19-pandemie. Armoede, en gevolglik hongersnood, is nou vir talle mense aan die orde van die dag.

Groot getalle mense leef van die hand in die tand en is afhanklik van daaglikse hulp bloot om te oorleef. Kwesbare kinders onder dié nuwe werklikheid word boonop verder ontmagtig, het die MAMAS Alliance, ʼn netwerk van 33 onafhanklike organisasies wat vanuit 75 persele bedryf word en meer as 60 000 kinders bereik, gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê die grootste prioriteite vir die finansiële hulppakket is om die virus te bekamp en “honger en maatskaplike nood” te verlig.

MAMAS Alliance sê hy het op dié dringende nood gereageer deur kospakkies deur sy nieregeringsvennote te versprei.

Een so ʼn doeltreffende samewerkingsooreenkoms was met die HCI-stigting en die eMedia-Covid-19-verligtingsfonds. Tot dusver is 3 141 kospakkies versprei – wat voedselsekerheid vir meer as 12 500 mense vir ʼn maand beteken het.

“Ons is diep bewus van die toenemende vlakke van honger in talle gemeenskappe landwyd terwyl mense wag vir die regering en ander bronne om hulp beskikbaar te stel. Om dié rede werk ons saam met ʼn netwerk van organisasies oor die land heen. Ons ken en vertrou hulle. Hulle het ook die plaaslike kennis en ervaring om te verseker kospakkies bereik die gesinne vir wie dit bestem is,” het Jamala Safari, uitvoerende hoof van die HCI-stigting, gesê.

In die MAMAS Alliance-netwerk het dié kospakkies talle lewens gered in die dikwels afgeleë noordelike gebiede van die land. Diegene wat kospakkies ontvang se omstandighede word vooraf nagegaan deur organisasies met kennis oor die gemeenskap se spesifieke behoeftes.

Suid-Afrika steier reeds onder ʼn werkloosheidskoers van 29%. Die syfer het beduidend toegeneem weens die werkverliese onder diegene in veral die informele sektor.

“Hongerverligting is aan die voorpunt van ons pogings weens die enorme verskil in Suid-Afrika tussen diegene wat het en diegene wat nié het nie. Die pandemie het dié situasie net vererger. Die rykes en middelklas kan op hul spaargeld staatmaak om noodsaaklikhede te koop, maar daar is talle mense wat geen inkomste het nie – om nie eens te praat van reserwes nie – om kos te koop. Maatskappye speel ʼn belangrike rol in die krisistye wat nou voorlê. Ons moet kinders help wat sterf van die honger,” het Magali Malherbe, besturende direkteur van MAMAS Alliance, gesê.

Die organisasie sê die afsonderingstyd help dalk om die kurwe van Covid-19-infeksies af te plat, maar daar is ʼn geweldige menslike koste daaraan verbonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willem ·

Talle mense lewe van die HAND NA DIE MOND…is die gesegde..wat ek leer ken het…

Taurus ·

Die korrekte spreekwyse is inderdaad: Van die hand na die mond….en verder… val die pap op die grond.

Kokerboom ·

Stuur die ge-affekteerdes almal na die”bevelsraad” vir hulp

koos10 ·

En toe Prof. Linda Gray dit gesê het, moet sy ondersoek word?

Fedup ·

Stone me for what I will be saying now.
The greedy circus is to blame. It’s their problem to feed their people.
When white organizations wanted to distribute, the fat one’s stole from the poorest of the poor. I just fo not care anymore.

johanf ·

Things WILL be a LOT different after this crises……. there were a lot of eye openers, at least, for me….!!

Jacobus ·

Dis een van die feite waarvoor die Prof onder die bus gesmyt is deur die kabaal. Dit was ook in die 1918 griep ‘ n groot oorsaak van sterftes. Dis ook ‘n groot oorsaak in Afrika onder grootdoenerige diktatoriale heersers. En wragtig hier doen hulle dit weer. Want ons volg die rooi boekie. Dit begin na ‘n saak vir Den Haag te lyk. Verwyder as julle wil, dié is harde bewese feite

Marius ·

Gee vir hulle Dr. Kopdoek Zumma se adres dan kan hulle daar gaan aanklop vir iets te ete .

Genis ·

Almal moet swoeg, maar hulle lewe n lekker lewe… Vet gevreet, en swendel met Miljarde… dis die cANCer se tal, Miljarde hier en miljarde daar…maar hulle mense verhonger… Zim hier kom ons… Zum klink baie Zim

Alida ·

Huĺle moet die miljarde wat verlore gegaan het van ou kopdoek persoonlik eis. Die verhoogde toelae sal nou aan drank spandeet word en nie kos nie. Dit is n tragiese verloop van sake. En dit is slim mense se dom planne.

antieke antie ·

hoekom neem die klomp in di parlement nie n paar gesinne aan nie en sorg vir alles…hulle salarisse is baie groot en die belastingbetalers betaal tog dit

Willem ·

Kan dit nie glo nie zulu het gese alles is reg. Nou weet ons hoekom sy gekamoeflerde klere dra dat ons haar nie moet sien nie

PH ·

Beveg die hongersnood HAND EN TAND.
Leef VAN DIE HAND NA DIE MOND>

johanf ·

Dankie die uwe, Nkosazana Dlamini-Zuma, wat regerings inkomstes weggooi met al jou onsinnige verbannings…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.