Skerp verhogings in brandstofpryse aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het aangekondig dat die brandstofpryse, soos verwag is, in die komende week aansienlik sal styg.

Die Gautengse prys van petrol styg met 88c per liter vir 95-oktaan en 86c per liter vir 93-oktaan, terwyl die Gauteng-groothandelprys van diesel met ʼn 0,05%-swawelinhoud met 95,7c per liter en 97,7c per liter vir 0,005%-swawelinhoud styg. Die nuwe pryse sal Dinsdag om middernag in werking tree.

Paraffien sal 76c per liter meer kos en vloeibare petroleumgas 110c per kg meer.

“In ander brandstofsones sal die prysverhogings verskil weens die aanpassing van die vervoerkoste. Die prysskedules vir al die verskillende sones sal Dinsdag uitgereik word,” het die departement gesê.

Die redes vir die verhoging in brandstofpryse is onder meer weens die verhoging van 30c per liter in die brandstofheffing wat jaarliks deur die minister van finansies vasgestel word. Daarby het vervoerkoste met 5,2c per liter in Gauteng verhoog weens die nasionale energiereguleerder (Nersa) se goedkeuring van ʼn verhoging in Transnet se pypleidingskoste.

Die departement het ook gesê die gemiddelde verhoging in die prys van petroleumprodukte in die internasionale markte is sowat 52c per liter vir petrol en 61c per liter vir diesel. Die versterking van die rand teen die Amerikaanse dollar gedurende die tydperk wat in aanmerking geneem word, het die prysverhoging met byna 10c per liter laer gehou, het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Asjas ·

Dit kan nou nogal werk. Van ons teer paaie is daar nou net stof paaie oor, ons gebruik lankal weer kerse in plaas van krag. Dus is die volgende logiese stap seker perde in plaas van karre?

Kandas ·

Ons sal nie eens dit kan doen nie agv die droogte sal daar nie genoeg kos en water vir die arme perde wees nie en die pampoenlement weier genoegsame droogteverligting.

Jan maak n plan ·

Nou moet daar begin geld bymekaar gemaak word om Nkandla terug te kan betaal.

Hennie Roos ·

Zuma het seker genoeg geld onder sy bed gebêre en, indien nie, sal die Guptas mos help, of hoe?

Tiger ·

Ek wens Honda wil hul FCX Clarity hier begin bemark!Dit sal wel ‘n paar rand kos en tyd neem om hervul punte op te rig by vulstasies vir die waterstof maar dis baie goedkoper as brandstof.

Marous ·

Olie prys laagste in dekades ? Snert stories…julle wurg weer die bloed uit die land se mense …sodat julle met jul leefstyle kan aangaan. Rand sterker teen die dollar ???? Dis die dollar wat verswak!

Paul ·

Marius, die prys van olie was gemiddeld in Februarie sowat $31 per vat. Jy’s reg dat die laaste keer wat dit op daardie tipe vlakke was, in 2003 was.
Dit het egter deur die loop van Maart (die maand waarop April se pryse vir petrol en diesel gebaseer is) gestyg tot gemiddeld ongeveer $37,50 per vat.
As jy dit uitwerk, sal jy sien daardie styging van $6,50 is ‘n styging van byna 21%.
$31 en $37,50 is nie sommer maar dieselfde nie – dis meer as 20% verskil!

Is jy nie nou bly dat die plaaslike prys van petrol nie ook met 21% gestyg het van Maart tot April nie, maar slegs met sowat 7,7%?
Onthou, 88 sent meer as R11,43 is slegs 7,7%.

Doen die somme, met die KORREKTE syfers, voordat aannames gemaak word.

jaco ·

Ek kan verstaan dat stygende pryse ‘n manier van die ANC is om ryk wit mense terug te kry vir apartheid, maar dink hulle ooit daaraan dat hulle gewone swartes ook swaarkry onder die stygende pryse?
Ek kan verstaan dat affirmative action ‘n manier van die ANC is om wit mense te straf vir apartheid, maar waarom ly Kleurlinge en Indiers, wat ook victims van apartheid was, ook onder affirmative action? Daar word gereeld vir hulle gesê “sorry you are not black enough”.

John ·

Al weer verskonings om hul tassies vol te maak want hul weet hul tyd is min. Ons word gemelk en verskonings word uitgedink vir elke verhoging. Die prys is veronderstel om af te gaan. Klugspul die.

Paul ·

Die prys van olie het in Maart meer as 20% hoër as in Februarie verhandel. Hoe is die prys van petrol dan veronderstel om te daal?

Tiger ·

Daar is nou 30 c per liter ekstra vir die padbou fonds in die nuwe brandstof prys ingesluit .Dis reg maar ek se dan moet hulle alle tolhekke sluit en tolpaaie weg vat.Hier waar ons woon is die grondpad meer as ‘n jaar laas geskraap en is in ‘n slegte toestand.Die mense wat die werk moet doen gebruik die instandhoudings geld op hierdie spesifieke pad om hulle elkedag vol Kentucky te hou!

Jan ·

Jare terug is ons belasting verhoog om brandstof fabrieke te bou vir tye soos nou,as daar nou geld wil gemaak word uit brandstof waar is ons belasting betalers se terug betaling en die fabrieke is veronderstel om nie winsgewend te wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.