Skiboot-dwelmvonds: Nog drie vas

Die skiboot waarin die dwelms gevind is. (Foto: Valke)

Drie bykomende verdagtes is in hegtenis geneem nadat daar vroeër die maand op die N1 in Pretoria beslag gelê is op meer as ʼn halwe ton kokaïen wat in ʼn skiboot versteek en vervoer is.

Die drie verdagtes, Rafiek Baderoen (44), Rashied Baderoen (48) en Michael Norman (38), het reeds vroeër die week in die Strand-landdroshof verskyn.

Volgens lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, is die drie verdagtes deur verdere ondersoek aan die voorval verbind en is lasbriewe vir hul inhegtenisneming uitgereik. Hulle is Saterdag in Kaapstad in hegtenis geneem en daar is op talle selfone, dokumentasie en paspoorte beslag gelê.

Nkwalase het gesê die verdagtes is Vrydag onder streng polisiebewaking van Kaapstad na Pretoria gebring sodat hulle Maandag saam met hul medebeskuldigdes in die Pretoria-landdroshof kan verskyn.

Van die dwelms waarop beslag gelê is. (Foto: Valke)

Neil Pieter van Zyl (39) is op 2 Junie in hegtenis geneem nadat sy bakkie op die N1-hoofweg, digby die R21-wisselaar in Pretoria, van die pad afgetrek is. Hy het ʼn skiboot gesleep en volgens die Valke is daar 800 kg se saamgeperste suiwer kokaïen ter waarde van nagenoeg R400 miljoen in die boot gevind. Hy en ʼn medebeskuldigde het reeds in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Nkwalase het gesê die dwelmvonds was die gevolg van samewerkingspogings deur verskillende elite misdaadbestrydingsorganisasies, insluitend die FBI, die Australiese polisie en die Valke se dwelmeenheid.

“Na wat verneem word, was die kokaïen bestem vir plaaslike en internasionale markte wat deur ʼn dwelmsindikaat in die land gereël is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tanniepetoors ·

Uitstekende nuus. Hoop die saak teen hulle is waterdig.

Persheks Adri ·

Dis goeie nuus! Hoop hulle sit baie lank en gooi die sleutels weg.

Chris ·

Mag jul lewenslank sit vir elke mens se lewe wie jul verder in die verderf wou insleep…. Kry vir julle

Danie ·

Daai kokaien gaan in elk geval op straat beland want dit gaan tien teen een uit die polisie kluis verdwyn.

Willem ·

Ek stel voor julle gebruik volgende keer die sandf vir vervoer van jul drugs!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.