‘Skiet die boer’-hofstryd: Wit mense in SA blote ‘besoekers’

Julius Malema Woensdag in die getuiebank. (Foto: AfriForum/Twitter)

Julius Malema, leier van die EFF, sê die “Skiet die boer”-lied behoort nie letterlik opgeneem te word nie en is bloot ’n struggle-lied wat gerig is op die stelsel van onderdrukking.

Malema het Woensdag in die getuiebank van die Johannesburgse hooggeregshof, wat as die gelykheidshof sit, ingeskuif tydens die aanhoor van AfriForum se siviele saak oor die gewraakte lied wat reeds vantevore tot haatspraak verklaar is.

Die politieke leier het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, daarvan beskuldig dat hy die hof gebruik om sy boek, Kill the Boer: Government Complicity in South Africa’s Brutal Farm Murders, te bemark en staatshulpbronne vermors.

Roets het verlede week tydens sy getuienis op hierdie boek gesteun.

Malema het Roets as ’n rassis bestempel en volgehou dat wit mense “besoekers” in Suid-Afrika is.

Malema sê “Skiet die boer” is struggle-lied

Malema het vanoggend aan die hof gesê die oorsprong van die lied lê nie by hom nie en hy weet ook nie waar dit vandaan kom nie. Hy het met die lied grootgeword het en dit reeds as kind gesing. Daar is destyds aan hom verduidelik dat die lirieke van struggle-liedere egter nie letterlik opgeneem moet word nie.

Malema is in die hof gevra wat die woord “boer” in die lied beteken.

“Die woord boer beteken ’n boer (landbouer). Die struggle handel oor die grondstryd en die persoon wat grondbesetting verteenwoordig, is die boer … Boere is die gesig van grondbesetting.”

Volgens hom word daar in “my kultuur” na enigiets wat onderdrukking simboliseer as “’n boer” verwys.

Malema het voorts gesê die woord “boer” of “wit” verwys ook nie noodwendig na ’n spesifieke ras nie en dat enigiemand wat ryk of die eienaar van ’n onderneming of plaas is, soms wit genoem word aangesien witheid eienaarskap verteenwoordig.

Hy het gesê daar is verskeie struggle-liedere wat kan lyk na aanhitsing van geweld, maar inderwaarheid iets heeltemal anders beteken wanneer die konteks daarvan in ag geneem word.

“Om struggle-liedere tot haat te verklaar, beteken dat die struggle tot haat verklaar word. Dié verhoor is ons struggle vir geregtigheid.”

“Wit mense ís besoekers in SA”

Malema het gedurende kruisondervraging ook volgehou dat die EFF nooit buite die raamwerk van die Grondwet sal optree nie en dat die politieke party die Grondwet respekteer en gehoorsaam.

Mark Oppenheimer, AfriForum se regsverteenwoordiger, het dit onder Malema se aandag gebring dat Roets vroeër getuig het dat hy in sy toesprake na wit mense as besoekers in Suid-Afrika verwys het.

“Is dit korrek?” wou Oppenheimer weet.

“Absoluut,” het Malema geantwoord.

“Hoe versoen jy hierdie grondwetlike idee dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon, maar dat wit mense besoekers in Suid-Afrika is?” het Oppenheimer aan Malema gevra.

“Julle het in 1652 as setlaars hier aangekom. Dit is ’n historiese feit. Julle het Suid-Afrika gebruik as ’n verversingspos. Julle was nie hier om te bly nie. Julle sou net verbygaan.

“Ons het julle in die gees van ubuntu omhels en ons land met julle gedeel. Ons het aanvaar dat julle in hierdie land genaturaliseer het. Maar dit verander nie die feit dat julle hier as besoekers aangekom het nie.”

Hierop het Oppenheimer gevra: “Stem jy saam dat daar baie mense – wit , swart, Indiër, bruin en Chinees is – wat in Suid-Afrika van ’n ander land aangekom het?”

“Nie swart mense nie,” was die EFF-leier se antwoord. “Ons kom van Afrika. Ons is nié besoekers nie. Ons kom van nêrens anders nie. Dit is ons vasteland dié.”

Die saak sal ná middagete hervat word.

AfriForum het reeds Dinsdag sy getuienis afgesluit nadat hy sy vyfde en laaste getuie, Gabriel Crouse van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), geroep het. Crouse was teenwoordig toe “Skiet die boer” in Oktober 2020 ná die moord op Brendin Horner buite die landdroshof op Senekal gesing is.

Crouse het Dinsdag as ooggetuie asook oor die breër konteks van grondonteiening, struggle-liedere en rasseverhoudinge getuig.

“Ons go dat die saak baie goed verloop en ons bly optimisties oor die uitkoms daarvan,” het Roets Dinsdag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

marius ·

Daar is baie mooi omskrywende Afrikaanse woorde wat ook nie letterlik opgeneem mag word nie , nie so nie MENEER ?

Jannie van Niekerk ·

Eintlik moet “meneer” manure genoem word. Letterlik.

Swerwer ·

Verskoon my Mnr Malema, maar jy ruk elke keer die dam onder die eend uit as jy voel jou mense word te na gekom. Daar sal nog baie water in die see moet loop voor jy geglo word. Voorbok van opsweping en aanhitsing . Jou voorouers en ons blankes het net so “gestruggle” onder die Engelse maar ongelukkig is jy te jonk om die regte geskiedenis van die land te ken.

Psyggie ·

En te arrogant ( daar is ‘n beter woord, maar ek sal my weerhou daarvan om dit neer te skryf), om daarvan te wete te kom. Bedoelende, die regte geskiedkundige feite. Nie die subjektiewe julius- interpretasie daarvan nie.

Liewe Land ·

Klink my sy “kultuur” moet maar hulle mooi kleertjies uittrek, karre en huise, restaurante, hotelle – noem dit alles – liewer vermy, want die “besoekers” het dit saam die land ingebring.

Trotse Boervrou ·

Jou voorgeslagte was ook nie in 1652 aan die suidpunt van Afrika nie en jy is ook net so ‘n “besoeker” soos ons. Die verskil is dat ons die land opgebou het na jou “melk en heuning” verblyf. Wat het jy gedoen om dit te verdien?

SlinkseKoljander ·

Kan jy dit glo, rerig? Hoe kan hy weg kom met sulke strooi? Ek hoop geregtigheid geskied of ek gaan presies die selfde met “swart” mense doen en dan terug verwys na die hof saak.

Mercia ·

Hy hoort nou al vir die afgelope 10jaar ‘n permanente BESOEKER te wees van ‘n Suid-Afrikaanse gevangenis…
aan die binnekant van die tralies.

OW ·

Jou geheue is maar baie kort.Jou mentor Peter Mokaba het jou mooi geleer.

Corne123 ·

Indien ons besoekers is wil ons nie belsating betaal nie dankie.Sad om te weet met die hofsaak gaan nie veel gebeur nie

Charles ·

Die koek wat al amper 30 jaar geeet word is amper klaar…

Kokerboom ·

Hoe kan mens jou gemoed so besoedel deur te luister na die rassistiese twak en misplaasste sienings van die opportunis wat nog nie ‘n enkele dag se eerlike werk gedoen het nie ,’n helse probleem het met feit dat hy swart is en net ‘n skande vir ons land is?

Perdeby ·

Hy vergeet hyn kom van Zim af en is ook net ‘n besoeker.

Jacob ·

Wel, die Pedi, Malema se etniese groep is ook maar net besoekers aan suidelike Afrika nadat hulle sowat 400 – 500 jaar gelede in die streek aangekom het. Hulle het die San mense reeds hier gekry (en het nie baie genade teenoor hulle betoon nie).

As Malema kwaad wil wees, moet hy vir Mzilikazi kwaad wees wat die Pedis gedurende die begin 19 eeu verslaan het. Die ander vir wie hy kwaad moet wees is die Britte wat die Pedis in 1879 verkrummel het, maar nou is hy kwaad vir die boere wat sorg dat hy kos in sy maag het. Maak nie sin nie.

Sê maar net ·

Goed gesê!Ek glo nie hy ken die geskiedenis nie, dis waarom hy so arrogant is. Dalk moet jy vir Malema ‘n brief skryf en hom oor die ware feite inlig. Glo nie iemand het hom al ooit vertel nie. Al wat hy weet is: Jan van Riebeeck en die boere….. Hy is ‘n oningeligte, arrogante man wat kwaad stook en haat aanhits.

Di ·

Wat weet Rooikappiei van geskiedenis af? Hy is hopeloos te vlak om dit te verstaan

Roebs ·

“Hoe versoen jy hierdie grondwetlike idee dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon, maar dat wit mense besoekers in Suid-Afrika is?” het Oppenheimer aan Malema gevra.

Ek is nie ‘n besoeker nie ek is hier gebore soos jy. Ek bly hier net soos jy my struggle is net soos joune ek so moeg vir jou gemors malema.

Chris dupreez ·

Mal emma, julle het ook maar uit sentraal afrika hier aangekom. Eers die zoeloes in 1700,s en daarna die ander lotte in die 1800,s, baie jare na die britse setlaars. Julle het uitgevind dat hier setlaars is en vooruitgang plaasvind en dus hierna toe moet kom om nie te kripeer nie, soos nog steeds bo in afrika. Maar dit bly maar staan soos n paal bo water, leë blikke maak die meeste lawaai..

Kwikkie12 ·

1995-1652, 343 jaar gevat om die land op te bou na die beste in Afrika. 2022-1995 27jaar gevat om hom tot in die afgrond af te breek. En wie sal ons bedank!

Spook ·

Ou Julessie is ‘n besoeker uit Sentraal-Afrika.
Ek wonder of hy weet dat Afrika vernoem is na ‘n wit Romeinse generaal.

annie ·

Julius lyk nie na ‘n Sa-burger nie. Gaan dit na… Op die noordelike grens gebly en nou soek hy ‘n erfplaas suid van iemand anders. Ek wil graag sien dat hy in Egipte of Libië iemand se eiendom probeer gryp. Sal ‘n Spanjaard ‘n Fransman van sy grond kan jaag en hom ‘n besoeker noem? Waaroor gaan die huidige opstootjie tussen Rusland en die Oekraïene? En toe Hitler die wêreld probeer verower het; die Jode probeer uitwis het; verskeie lande binnegeval het? Malema kan gerus in sy droomstaat, Kuba, gaan woon. En daar so baie praat soos hier in ‘n hof van alle plekke. Nogal -10%.

piet ·

So mense wat al amper 400 jaar in ‘n land woon, is besoekers. En hy glo homself, As dit nie so ‘n ernstige saak was nie het ek my vrek gelag. Ek sweer ek sou hardop gelag het in die hof as hy dit in my teenwoordigheid gese het (die witmense daar aanwesig was moes juis dit gedoen het, daar in die hof). Dalk is dit tyd dat ons hierdie ou ‘n bietjie begin uittart en irriteer, dis al taal wat hy ken. Hy behoort herhaaldelik as ‘n rassis uitgekryt te word want hy noem enige iemand ‘n rassis net soos hy wil.

Piet ·

So. As ALLE rykes, volgens jou, wit genoem word, is jy mos een van hulle. Of hoe?

Piet ·

Answer not a fool according to his folly, lest you be like him yourself. Answer a fool according to his folly, lest he be wise in his own eyes. … “Do not answer him according to his folly, lest you be like him yourself,” that is, do not engage him on his own terms.

Hoekom ·

As ons dan besoekers is Malema. Waar is ons land dan? Sê ons en reel dan dat ons terug keer daarheen. As ek dit reg het is dit Transvaal, Vrystaat en Kaap de Goede Hoop. Dit was onbewoond en ons het dit ons eie gemaak. Afrika het nie alleenlik aan julle behoort nie en sal ook nooit nie…

Racheltjie Debeer ·

Malema moet bewys lewer van wat sy mense al ooit, uit hul eie uit, gebou of opgerig het. As dit nie vir die “besoekers” was wat ‘n verversingspos hier kom stig het nie, so sy mense nog steeds in modder hutte gewoon het en van ‘n bestaansboerdery geleef het. Sonder die “besoekers” is hulle niks!

Sonja ·

Ons is maar almal besoekers hier op aarde. ALMAL, so dit sal goed wees as Malema dit ook sal onthou. En ons almal, ras ongeag, sal eendag, na ons aardse reis, moet antwoord op ons woorde en dade wat pyn en geweld teenoor ander veroorsaak het.

Di ·

DIT is verseker! Wonder watter verskonings hy DAN sal voorle daar wanneer hy daar rekenskap sal moet gee!

Pietertjie ·

Dan is swartmense in die res van die wêreld ook net besoekers.

Louis ·

Miskien moet ons boere ook begin sing oor goed wat hulle aanstoot gaan gee en sien wat dan gebeur

VaalDonkie ·

As ek ‘n besoeker is, wil ek graag soos ‘n besoeker behandel word. Waar’s my komplimentere glasie wyn en boks chocolates? En waarom moet ek my eie bed opmaak? Dis mos nie gasvryheid nie?

piet ·

Lyk my dis oukei om iemand sommer ‘n rassis in SA te noem. Hier se Malema dit sommer in die hof vir Roets.

VanAfrika ·

Afriforum, gaan terug in Julius se videos waar hy vir sy maskers skreeu dat die wittes eerste in 1652 in Suid-Afrika aangekom het en die swartes in die 1800’s. Hy het dit self erken en dis die waarheid.

Dienie ·

Hierdie vasteland behoort nie aan swartes nie. Hulle vertel my baie keer dat dit hulle land is en God hulle beskerm het deur die land aan hulle terug te gee. Maar hulle vergeet dat die land Kanaan ook deur swartes en reuse bewoon was en tog het God daardie land aan Sy mense gegee. Wonder wat die Kanaaniete daaroor te se gehad het, was God se mense vir hulle ook net besoekers?

Di ·

Hy vergeet baie gou dat hy ook eintlik ‘n besoeker is! Telkemal al in vorige nuus berigte bewerings gewees met bewyse dat hy van Zimbabwe af kom.

Stephen ·

Wel. Ek sal voorstel dat die “besoekers” dadelik ophou belasting betaal.

Adriana ·

Hy is darem maar ñ sot, idiot, hy ken nie sy geskiedenis, jy is ñ Zimbabwiër, jy is ook net ñ beskoeker wat niks saam gebring het behalwe haat en moeilikheid. Wat het jy al bygedra tot die land, het jy al skole, hospitale, paaie ens, gebou, weet jy ooit hoe werk ñ boerdery. Bly eerder stil in jou mansion wat die besoekers gebou het.

Moedeloos ·

Lekker julle mag sing en sê wat jul wil en verwag om niks oor te kom nie. Maar dat net van ons anders iets doen of sê word die hele land omgedop. Jy moet wakker word seun

Carina ·

Maar hierdie “besoekers” het beskawing na die land gebring, geboue, voertuie, klere, kos, daai duur selfoon waarmee jy loop. Sonder die “besoekers” sou julle nog steeds kaalgat onder ‘n bos gebly het. So trek uit daai fancy klere van jou, gaan gee terug jou kar, jou geld, al jou aardse besittings – want as ons besoekers nie nie hoort nie, verdien jy ook nie alles wat ons hier aangebring het nie. Gaan terug na jou Afrika land – BUITE Suid Afrika – want hier was GEEN Afrika stamme nie, julle het eers baie later afgetrek – en gaan bly lekker daar onder die bome met jou slingervelletjie. Sien hoe gou vrek jy van die honger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.