‘Skiet my dood,’ smeek Witbank-vrou glo na moorde

Die Burger-gesin se huis in Del Judor x4, Witbank in Mpumalanga (Foto: Google Earth)

Die Burger-gesin se huis in Del Judor x4, Witbank in Mpumalanga (Foto: Google Earth)

ʼn 37-jarige vrou van Witbank in Mpumalanga wat glo haar ma en suster doodgeskiet het, het polisiebeamptes op die toneel na bewering verskeie kere gesmeek om haar dood te skiet ná dit wat sy aan hulle gedoen het.

“Die vrou is Saterdagoggend vroeg in hegtenis geneem op aanklag van ʼn dubbele familiemoord,” het kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Die dubbele moord het Saterdagoggend in die vroeë oggendure plaasgevind in Del Judor x4 in Witbank.

“Die Burger-gesin, bestaande uit vier gesinslede, woon volgens bure al ʼn geruime tyd in die huis. Hulle word beskryf as stil en stemmige inwoners,” het Hall bygevoeg.

ʼn Aanvanklike ondersoek op die moordtoneel het getoon dat die verdagte en haar ouers Vrydagaand ʼn woordewisseling gehad het. “Volgens inligting het die pa, mnr. Lloyd Burger, rugby gekyk en daarna slaappille gedrink en in die hoofslaapkamer gaan slaap,” het Hall verduidelik. “Net na middernag het die verdagte na bewering haar 35-jarige suster, Caren Burger, in haar slaapkamer in die kop geskiet terwyl sy gelê en slaap het.”

Die verdagte het daarna vermoedelik na die spaarkamer van die huis beweeg waar haar ma, Ester Burger (62), geslaap het. “Sy het glo haar ook in die kop geskiet.”

Die vrou het daarna ʼn vriendin gebel en na bewering erken dat sy haar suster en haar ma doodgeskiet het en gedreig dat sy haarself om die lewe gaan bring. “Die vriendin het die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum en die SAPD gekontak. Met hulle aankoms by die toneel het mnr. Burger met skok verneem dat sy vrou en dogter vermoedelik vermoor is. Hy het bevestig dat hy geen skote gehoor het nie,” het Hall bygevoeg.

Die polisie het die verdagte op haar ma se lyk gevind waar sy gelê het nadat sy glo ʼn oordosis pille gedrink het. “Paramedici het haar op die toneel behandel en sy het buite die huis haar bewussyn herwin. Sy het polisiebeamptes op die toneel verskeie kere versoek om haar dood te skiet vir wat sy aan haar ma en suster gedoen het,” het Hall gesê.

Ester was ʼn afgetrede onderwyseres. Lloyd is ʼn afgetrede mynkaptein van Tweefontein-myn.

“Die bakleiery het glo gegaan oor die feit dat die ouers geëis het dat die twee susters die huis moet verlaat,” het Hall verduidelik.

Die ma se vuurwapen, ʼn 9 mm-pistool, is na bewering gebruik. Die dogters het nie kinders nie.

“Die verdagte word onder polisiebewaking behandeling in ʼn plaaslike hospitaal. Sy sal in die hof verskyn op die twee aanklagte van moord sodra sy aangesterk het,” het Hall afgesluit.

Lees alle vorige berigte oor die Witbank-gesinsmoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Uiterste tragiese omstandighede wat ek lees en my noop om nie hier durf kommentaar te lewer.

Sputnik ·

Baie tragies! Behalwe dat sy die lewe van haar naby-familie geneem het, het sy nou ook haar eie lewe asook dié van haar pa vorentoe verwoes. Só tragies want die lewe is in elk geval kort.

Kira ·

Dus so bad en sad..kry haar pa so jammer Wat het sy gedink doen sy. .sterkte aan die famielie

Elsabe ·

Arme Oscar skiet net een en kry 15 jaar shame wat is die dan nou. Dit is ‘n groot dankie vir wat haar ouers vir haar gedoen het. ‘n MOEDER verdien dit nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Cacophony ·

Ag asseblief tog hou op om Oscar sage by alles te betrek. Ek wil vloek maar Maroela sal dit nie toelaat nie.!!!!
ASB NIE ELKE SAAK KAN MET OSCAR VERGELYK WORD NIE!!!!!!PLEASE GET OVER YOURSELF MET DIE OSCAR OBSESSIE

Ansie ·

Oscar het nie 15 jaar gekry nie net 6 en gaan dalk net drie jaartjies sit. Mense moet ophou om Oscar by alle Moordsake te wil betrek ek stem saam Cacophony hoekom elke saak met Oscar sin vergelyk. Oscar vermoor een. Daai een het ‘n naam…. Reeva. Ek wil net naar word elke keer as ek die naam Oscar hoor!

Erika ·

Dit is n hele tragiese storie. Ai ek weni meer nie ek dink God huil as Hy afkyk na die mensdom toe.

Joann ·

Elsabe Oscar het net 6jr,gekry. Ek voel baie jammer vir die vrou en haar pa. Daar is net n haar breedte verskil tussen normale denke en psigiese denke. Sy het geknak,nie dat ek dit goed praat nie,maar dis sad

Donovan ·

Wat was ons eerste opdrag gewees: Gaan heen maak dissippels van alle nasies, maak siekes gesond en dryf die duiwels uit… en word dit vandag nog in ons kerke beoefen…. NEE… Ons is mos gemaklik met rugkrappertjie godsdiens…. die preker moet asb nie te hard skree of otoriteit probeer uitoefen nie… Dit is hoekom dit so gaan in ons gemeenskappe… mense ignoreer die Woord van God, vertrap die boodskappers, kruit die Profette uit as vals as dit nie is wat JOU “oortjies” wil hoor nie… Vandag kan ek sien hoekom ons Hemelse Vader Jesus gestuur het… dit is weens dinge soos die, wat ons hier bo lees, sodat daar vir DIE ook genade kan wees…

DIT wat jy sê is baie waar. Dis hoekom die hele wêreld in sulke chaos gedompel is. Oor ons nie meer na ons Groot Leier luister nie!!! ·

Donovan praat baie waar. Dit IS omdat die mense nie meer na God se wette lewe nie dat die hele wêreld in so gemors is.

Ja, dit is sekerlik ook elke mense se keuse of hy in God wil glo of nie, en dis hoekom daar weereens ‘n einde van die wêreld sal wees.

Ons lewe weer in die bybelse tyd, waar mense afvallig geword het, afgode gedien het, al die gebooie oortree het, ek ook, en daarom sal daar ‘n dag kom waarin ons sal sê: “As ek maar in God geglo het en na Hom geluister het”……………….

Maar ja, dis jou keuse of jy wil glo of nie, maar……………………………… dis jou saak

Dit is baaaaie tragies wat gebeur het, en ja, niemand weet wat agter ander mense se geslote deure gebeur nie, ons kan net bid dat dit nie in ons eie gesinne gebeur nie ……

Donovan ·

Daar is baie groot kommer in ons land, want die ding kom nou al hoe meer en meer op… Die Griekwastad, Stellenboch, Vanderbijlpark, nou Witbank waar familie lede mekaar uitmoor… Die slang se kop moet af gekap word… hy saai verwoesting sover hy gaan, die duiwel het gekom om te slag, steel en te verwoes… en dit is almal Afrikaans sprekende families… Vader van hul huise, begin Bid vir jou gesin en vra vir die Here dat hy die Engele opdrag sal gee om jou en jou gesin te beskerm teen die sluimerende slang… Onthou die Isrealiete moes die bloed van n lam aan hulle deur kosyne gesmeer het, vandag het jy die hoof van jou huis die otoriteit om die duiwel te stuit by jou poorte…

Karma ·

@ Donovan – ai, ai, ai tog – die alewige Christelike gepreek. Kan julle gelowiges dan nie aanvaar dat daar mense is wat KIES om nie in of aan ‘n God te glo en kerk toe te gaan nie? Ek kan nie dink dat enige entiteit beheer kan hê oor alles wat in die lewe reg- of verkeerd loop nie. Daar is mos altyd die menslike faktor. Dit is goed en wel om te glo, as jy wil, maar moet godsdiens dan altyd orals ingebring en selfs in nie-gelowiges of dalk nie-sulke-gelowiges se kele afgedruk word?

anne ·

Karma , ek sien nerens dat Donovan christenskap in jou keel afdruk nie, gaan lees gerus die bepalings en voorwaardes.
Baie tragies, jammer vd wat agterbly.

Elizabeth ·

Amen Donovan, dit is so waar.
Ons kan net die ons self en ons geliefdes met die bloed van Jesus oordek.

Sterkte aan die familie

Karin ·

Sjoe mense, julle oordeel darem maklik. Was enigeen van julle daar? Weet enigeen wat agter daardie huis se toe deure gebeur het? Ek glo nie. Pasop, die oordeel waarmee jy oordeel, sal jy mee geoordeel word. Vee voor julle eie deure. Niemand is sonder sonde nie. Niemand behalwe daardie huis se mense weet wat regtig gebeur het nie. Ek stem saam, mens skiet nie net nie, maar dit kom dalk al baie van baie ver af.

neelsie ·

Daars niks erger vir ouers as daar getwis tussen kinders ontstaan nie.
Al die opoffering om hulle groot en opgevoed te kry, dan nog die universiteitsdae se finansiele druk.
Dink wat jy se voor jy praat of doen!

Lee ·

Ek stem saam met jou Karin, mense is te vining om te oordeel. Niemand kan se wat die omstandighede was en waarom die pa hulle wou laat uittrek het nie. tensy jy nie daar was of die ware feite ken nie, moenie oordeel nie.

mosselbos ·

Stem saam EK. Nou word die holgeryde Oscar saak ook opgehaal! Wat het dit met hierdie hele gesinstragedie te doen!. Asb mense kry n bietjie sense!

Treurgrond ·

Ek kan nie glo dit het gebeur nie – VAT NET ‘N GEWEER EN GAAN SKIET NET want jy is frustreerd. Liewe Jesus my gebede gaan saam die pa en die ander dogter Liewe Heer want hoe gaan ‘n mens net normaalweg aan na so ‘n groot skok. Hou asseblief U hand oor hulle my God. My hart is sommer net seer.

Karma ·

Daar is iets soos “suicide-by-cop” – as sy wou gehad het dat die polisie haar doodskiet, moes sy net ‘n vuurwapen op hulle gerig het en selfs na hulle geskiet het – hulle sou met teenvuur gereageer het (met reg ook).

Ai, maar dit bly tragies. Haar ma en sustem doodskiet en dit oor ‘n argument van die vorige aand? Sjoe, en daardie slaappille moet deksels sterk wees as die pa nie wakker raak van die skote nie. Is ek nou weer moedswillig as ek wonder of daar nie méér agter die storie skuil nie?

Donovan ·

Karma dankie vir jou antwoord op my bydrae vroeer… hoekom die skuilnaam… jy kan dalk wegkruip vir jou geliefdes wat soos ek glo, maar vir die Here gaan jy nie kan wegkruip nie… Maroela media is n web blad wat geskep is vir mede gelowiges in die 3 Enige… Karma is n Hindu afgod, nou hoekom sal jy so naam gebruik as jy dan aan niks glo nie… Christenskap is n leef wyse en nie modeguur nie… Onthou die Here is lief vir jou ook en Hy koester groot drome oor jou… Die Here wag om sy grootheid in JOU lewe vir jou te wys… Waag dit uit om meer uit te vind oor die Geestelike gedeelte van ons Christelike geloof… Ek waarborg jou die skille sal van jou oe af val…

hindu ·

Donovan is die nuus dan nou net vir Christene? Respekteer ander se geloof asb. Niemand val jou geloof aan. En wat de duiwel het jou uitspraak te doen met die artikel oor n gesinsmoord.

Mamparra ·

Weet jy wat Donovan, die berig gaan nie oor Godsdiens en jou idee daarvan nie. In elk geval, as iemand in God se naam my nader, weet ek alreeds daar is ‘n slang in die gras. ek vertrou nie iemand wat so Bybel voor en agter is nie. Dit deur my lewe met ondervinding geleer.

anneke ·

ek was n baie goeie vriendin van carin. sy was steeds in die huis om haar sieklike ma te ondersteun. wou selfs nie naweke en vakansies regtig weggaan nie omdat sy haar ma nie wou alleen los nie.

Sputnik ·

Heleen, jy’s reg wat die “uit die huis wees” betref, maar ons weet nie wat die omstandighede was nie – werkloosheid, klein salaris, egskeiding, ouers versorg, ens.

Chantal ·

DIS SO HARTSEER DAT ONS MENSDOM SO UITDRAAI .

EK BID DAT DIE VADER DIE MENSIES SAL VAS HOU IN DIE SEER TYD .

EK WIL BYVOEG …

AMEN AAN ELKE KOMMENTAAR VANAF DONOVAN . AS ONS MENSDOM MEER GELOWIG IS EN TERUG KEER NA GOD SAL ALLES SOVEEL BETER GAAN . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.