Die party het reageer op ʼn Facebook-gebruiker se kommentaar op ʼn berig van 702 getiteld “Understanding the world of ‘chemsex’ among gay men”. Die gebruiker het onderaan die berig kommentaar gelewer en geskryf “SHOOT TO KILL”.
“Om geweld aan te hits op ʼn groep mense wie se seksuele voorkeure, ras, geslag of godsdienstige oortuigings van joune verskil, moet hanteer word met die minagting wat dit verdien,” het Mabine Seabe, woordvoerder van die DA-leier, Mmusi Maimane, gesê.
Die artikel hou verband met die naweek se massaskietery by ʼn gaynagklub in Orlando, Florida, waarin minstens 50 mense dood en 53 beseer is.
Seabe het gesê hy hoop die gebruiker se kommentaar sal op dieselfde wyse hanteer word as onder andere Penny Sparrow se uitlatings op Facebook waarin sy swart mense met ape vergelyk. Sparrow is deur die gelykheidshof beveel om R150 000 aan die Oliver & Adelaide Tambo-stigting te betaal.
“Dit is afskuwelik en agterlik vir iemand om so ’n siening te hê,” het Seabe gesê met verwysing na die onlangse voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
31 Kommentare
En wat van: ‘Kille the boer…’ / white man …?
Waarom mag ons nie sy naam sien nie?
Ja nee jy sal niks van die DA hoor as da n plaasmoord was nie . Dit sal rasisties wees om vir die wit mense op te kom. Slap gatte
As dit ‘n blanke persoon was sou di naam baie beslis gewys word, daar word soveel dinge gesê van ons blankes maar daar word niks daaraan gedoen ni, kyk di berig van Velapi Khumalo “white people in south Africa deserve to be hacked and killed like jews……u must be skinned alive and your off springs used as garden fertiliser”, dis maar net ‘n vraag?
Daan dink jy nou rerig iemand sal luister as ons ‘n klag lê, dit word ni eers meer raak gesien ni, maar Ja ek hoor jou frustrasie en ek dink ons almal voel so