‘Skieter’ pleeg glo selfmoord in polisieselle

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man wat oor die naweek in hegtenis geneem is nadat hy glo op sy bure in Mosselbaai in die Wes-Kaap losgebrand het, het vermoedelik in die aanhoudingselle van die dorp se polisiestasie selfmoord gepleeg.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man, wie se naam weerhou word totdat sy naasbestaandes van sy dood ingelig is, is Sondagaand in hegtenis geneem ná ʼn skietery in Highstraat.

“Die man het glo sy buurman, dié se vrou én hul tienerdogter geskiet en gewond. Hy is kort ná die skietery op aanklag van moord in hegtenis geneem,” het Pojie gesê.

Pojie het gesê die gesinslede is met veelvoudige skietwonde na ʼn hospitaal geneem, maar is intussen weer ontslaan. “Die man is na die aanhoudingselle van die polisiestasie geneem. Sy liggaam is egter Maandagoggend in die sel aangetref. Hy het hom glo aan sy eie hemp opgehang.”

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die motief vir die skietery is tans onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ilse Jooste ·

Aangekla v moord maar die persone is in die hospitaal?

Louise ·

Ja baie vaag!
Ek kry soms die gevoel dat die koerante net publiseer om te se ons het dit 1ste geplaas eerder as om n bietjie te wag en 100% seker te maak van beter inligting.

Morne ·

“na n hospitaal geneem, maar is intussen weer ontslaan”

Magda ·

Jy kla nie iemand aan van moord as niemand dood is nie! Poging tot moord!!

Irene ·

Hy word toegesluit vir skietery die ander een gooi granaat na vrou maar loop buite rond

E ·

Wie ookal hierdie persoon was, hy het duidelik aanvaar dat dit wat hy gedoen het verkeerd was en tot die dood toe daarmee geworstel. Mag God hom genadig wees.

arizona ·

Wees baie versigtig voor julle klippe gooi. Julle weet nie wat die man se verhouding met sy bure was nie. Ek kan getuig jou bure is party keer jou grootste vyand. Ek het het huis reg langs my wat gekaap is. Daar bly 60 buitelanders in die eens pragtige huis. Hulle maak ons lewens absoluut hel. Elke dag klink soos n tavern van son opkoms to sons ondergang. Al wat n SAPS lid is weet van hierdie huis maar hulle hande is afgekap want hulle het ook regte. Ons is op breek punt met hulle en glo my ook ons sal dit binnekort verloor.

Karma ·

@Arizona, daar is meer as 1 manier om ‘n kat dood te slaan, sê hulle. Maak hulle lewe hel soos hulle jou lewe hel maak. Ek kan nou vir jou voorbeelde gee, maar MM sal dan nie my kommentaar lewer nie.

Andrea ·

Nee Karma, nie eers dit help nie. Ek was op ‘n stadium só na an moord dat ek dokter toe is vir kalmeerpille. Party bure kan jou laat knak. Ek praat uit ondervinding.

mosselbos ·

Die persoon wat die skietwerk gedoen het het ander motieve gehad. Dit gaan nie oor vyandige buurmanskap nie dit is nie die kwessie. Gaan lees die artikel op mosselbay advertiser online dan sal jul verstaan. Die skieter was die geweldadige een! Dis baie gemeen om die slagoffera te oordeel as jy nie die feite ken Arizona.

sleg ·

sterkte aan die polisie beampte wat op daai liggaam in die selle afgekom het.Dis n aardige gevoel as jy die deur oopmaak en daar hang iemand.Maak nie saak wat hy gedoen het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.