Skieter se salaris was gestop

geweerDie regeringsamptenaar wat op sy kollegas losgebrand het en toe selfmoord gepleeg het, het nie meer sy salaris ontvang nie.

Ben Bole, woordvoerder van die departement van openbare veiligheid, sê Serame Moirapula was in die pos van hoof behuisingsinspekteur maar het sedert die begin van die jaar nie vir werk opgedaag nie. “”In lig van die voorafgaande, het die departement geen ander opsie gehad as om sy salaris vir Mei 2014 te vries nie,” het Bole gesê.

Moirapula het Donderdag by ‘n provinsiale regeringsgebou in Mmabatho, Noordwes opgedaag en op sy kollegas losgebrand. Aubrey Kgaladi, wat pas aangestel is as ‘n administratiewe beampte, is doodgeskiet. Drie ander mense is gewond. Moirapula het hierna selfmoord gepleeg.

Veronica Mosala, ‘n skoonmaker, Sehularo Matsobane, assistent-direkteur in die departement van ekonomiese ontwikkeling se nakomings- en toepassingseenheid, en Leshoe Phenyo, adjunk-direkteur in behuisingsontwikkeling, is die drie persone wat in die skietery gewond is.
Die polisie ondersoek intussen steeds die voorval.

Lees ook:
Regeringsbeampte skiet glo kollega, self

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Nou ek verstaan dan nou nie? Hy dag nie op vir werk nie, maar toe sy salaris gestop word, ‘toe haak hy uit?’

Vertsaan ek dit reg?

jakes ·

Hoe de vetkoek kan mens 5mnde afwesig wees EN geld verwag? Duidelik gedros en was nie eers gemis al die maande? Patetiese bestuur! Africa.

Piet Ossewa ·

Sy salaris moes al die begin van die jaar gestop word! Belastingbetalers moet maar net betaal, en nou moet ons betaal vir die 3 kollegas wat beseer is aan diens! Lekker man Lekker!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.