Skietery breek uit voor hof

Die hooggeregshof in Johannesburg. (Foto: Christel Cornelissen)

Die polisie het Maandag vier verdagtes vasgetrek wat probeer ontsnap het nadat hulle in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn het. Volgens brig. Mathapelo Peters het ʼn skietery uitgebreek toe die verdagtes, wat in aanhouding was, uit die hof probeer ontsnap het. Verskeie verdagtes en ʼn polisielid is in die proses gewond.

“Vier van die verdagtes, wat in verskillende sake voor die hof verskyn het, het probeer ontsnap, maar is deur die Parktown‑polisie voorgekeer nog voordat hulle die hofgebou kon verlaat. Een van die verdagtes is doodgeskiet en twee ernstig gewond. Die vierde een bly in polisieaanhouding en ʼn vyfde verdagte het ontsnap,” sê Peters.

Die besonderhede van die ontsnapping is nog nie duidelik nie en polisie is saam met ander rolspelers op die toneel besig om inligting rakende die ontsnapping in te win. Besonderhede oor die vyfde verdagte wat ontsnap het, sal binnekort bekendgemaak word.

“Volgens inligting tot die polisie se beskikking, was die rowers gewapen met messe, aangesien twee polisielede gesteek is. Een polisielid is ernstig gewond en hospitaal toe gehaas,” sê Peters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Corrien ·

Baie erg en dit alles nadat SA die miss universe gewen het. Het ‘n mens nie verwag nie. OnGelukkig het net 1 weggekom.

Muffin ·

@Corrie, wat bedoel jy met ongelukkig het net 1 weg gekom. Wou jy gehad het al 5 moes weg kom, of het jy nie dalk bedoel ongelukkig het net 1 omgekom nie.
Vra maar net

Sic? ·

Ag dit gebeur baie in Colombia , Mexico en ander oosblok lande waar burger en dwelm oorloe aan die gang is . As die tipe ding nie gebeur nie se dit hulle hou nie by hul beleid/belofte nie

Hasie ·

Wonder net waar kom die messe vandaan? Was hulle met messe in hulle sakke in die hof? Sal darem baie graag weet.

Willie ·

Ag nee wat Hasie hulle kaders werk in die hof, of het klaar blou aan… versteekte agendas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.