Skietery buite KVBA-kantoor ondersoek

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

Een man is dood en drie ernstig beseer toe skote Donderdagmiddag in Rustenburg op hulle gevuur is.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê mense het buite die kantoor van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gestaan toe ʼn onbekende persoon verskeie skote op hulle gevuur het.

“ʼn 40-jarige man is dood. Drie persone het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie stel ondersoek in.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Nóg moorde! Wapens in die verkeerde hande is gevaarlik! In watter jaar gaan die kriminele sonder wapens wees hoedeman? Jy’t bloed op jou hande Cele slaap lekker hoor

Mariana ·

Wilde weste soos daar deesdae wild en wakker geskiet word.

KB ·

1. Waar is die kantore vd KVBA geleë?

2. As die minister self ‘n kriminele rekord het, wat verwag mens dan van werknemers?

Tanniepetoors ·

Hoe ironies. Voor die kantore waarheen jy gaan om juis jou geskille te probeer oplos. Tragies dat emosies en humeure die oorhand kry en vuurwapens gebruik word om die geskil te besleg. Dooies praat nie terug nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.