Skietery by gesogte winkelsentrum in Pretoria

Foto ter illustrasie. (Foto: Gabrielle Ribeiro/Unsplash)

Skote het Woensdagoggend tussen sekuriteitswagte en vyf vermeende rowers geklap tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn winkelsentrum in Pretoria.

Volgens kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, het die verdagtes na bewering om 10:52 begin om mense in die gesogte Menlyn Maine-winkelsentrum van hul horlosies, selfone en skootrekenaars te beroof.

Op pad uit die sentrum het sekuriteitswagte egter die mans opgemerk en die verdagtes het op hulle losgebrand. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

“Die sekuriteitspan van Menlyn Maine het daarin geslaag om een van die verdagtes aan te keer,” het Celeste Vinassa, bemarkingsbestuurder van dié sentrum, gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied en het binne minute gereageer.

“Een van die verdagtes is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op sy vuurwapen. Die ander verdagtes het van die toneel gevlug,” het Makhubele gesê.

Die polisie was op die toneel en ʼn soektog is intussen van stapel gestuur om die ander verdagtes aan te keer.

Menlyn Maine-winkelsentrum. (Foto: Menlyn Maine Central Square/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Blomme ·

Wat het van ons pragtige land geword? Dis om van naar te word.. Wanneer gaan dit eindig?

Toy ·

Die een wat gevang is, sal dalk nie alleen verantwoordelik gehou wil word nie, so miskien praat hy en se waar die ander een gaan wegkruip.

Tipper ·

Ek het Clint Eastwood nog nooit sonder sy vuurwapen gesien nie.

Michelle ·

Kan ons aanneem dat die boef n gelisesieerde wapen gebruik het….???

Harley Davidson ·

Misdaad styg teen ‘n verskriklike tempo so wie is te blameer, wie doen nie hulle werk nie en wat is die rede dat die misdadigers nie onder beheer gebring kan word nie?

Gato ·

Dit het tyd geword dat CR n familie vergafering hou oor die misdaad in hierdie land wat so hande uitruk. Maar ons, die publiek, wil ook n kans hê om deel te neem aan die familie verg. Dut is altyd net n eenrigting gesanik oor maskers en hande was. Tyd dat ons ook n beurt kry om ons gedagtes met hom te deel.

KB ·

Menlyn-sentrums is al lankal ‘n probleem-area. Jy kry my nie daar met ‘n stok nie.

Phil ·

Ek vat maar altyd my maatjie Mr Beretta saam.
Probeer daai met my dan kry jy ‘n gaaitjie in jou oog.

Di ·

Dit sal nooit eindig nie! Misdadigers het meer regte as landsburgers. Die wat wel vervolg word is binne ‘n paar maande weer op straat en gaan voort met hulle misdade. Begin kyk na al die onwettige immigrante, dis SA se grootste probleem wat misdaad aanbetref. Geen beheer by grensposte, meeste word omgekoop met geld en duisende stroom die land onwettig in

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.