Skietery by hof in Oos-Kaap

court-hammer_1Die polisie sê minstens een persoon is gewond ná ʼn skietery by die hooggeregshof in Mthatha in die Oos-Kaap.

Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, sê die skietery het omstreeks 10:00 Woensdagoggend plaasgevind. Sy het gesê minstens een persoon is geskiet. Die slagoffer is ʼn beskuldigde wat in die hof moes verskyn.

Soci kon nie onmiddellik besonderhede verskaf oor die persoon se toestand of wie verantwoordelik was vir die skietery nie. “Ons probeer steeds vasstel hoeveel mense geskiet is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.