Die polisie sê minstens een persoon is gewond ná ʼn skietery by die hooggeregshof in Mthatha in die Oos-Kaap.
Kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, sê die skietery het omstreeks 10:00 Woensdagoggend plaasgevind. Sy het gesê minstens een persoon is geskiet. Die slagoffer is ʼn beskuldigde wat in die hof moes verskyn.
Soci kon nie onmiddellik besonderhede verskaf oor die persoon se toestand of wie verantwoordelik was vir die skietery nie. “Ons probeer steeds vasstel hoeveel mense geskiet is.”