Skietery in Hanover Park veroordeel

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Albert Fritz, het ten sterkste ʼn skietvoorval veroordeel waartydens ʼn 28-jarige man Saterdag dood en minstens sewe mense beseer is.

Die polisie in Philippi ondersoek die saak van moord en poging tot moord in Galilee Court, Hanover Park.

Fritz het ʼn dringende vergadering met die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Matakata, versoek oor gewelddadige misdaad in die gebied die afgelope paar weke. “Ses persone is verlede week dood tydens ʼn skietery in Solomon Tsukustraat in Site C, Khayelitsha. Vier persone is tydens die voorval beseer.”

Hy het sy innige meegevoel betuig met die familielede en geliefdes van die oorledenes. Hy wens diegene wat beseer is, ʼn spoedige beterskap toe.

In ʼn afsonderlike voorval is die voorsitter van die Nyanga-gemeenskapspolisiëringsforum se broer die afgelope naweek in Nyanga oorlede. “Ek verwelkom die polisie se ondersoek in dié saak. Geweld het geen plek in ons samelewing nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Ah shoe dankie tog ons kan ontspan want die skietery is veroordeel…

Is dit net ek of is daar n reimpie wat die regerings amptenare en politike partye volg… dit is altyd “die daad word ten sterkste veroordeel” en die beste “ons sal geen steen onaangeroer los nie” as julle julle werk doen sal hierdie nie nodig wees nie maar dit is seker makliker om iets net te veroordeel as jy slapgat is ne?

Pateties

Willem ·

Snaaks daar word so vinnig reageer as anderskleuriges geskiet en vermoor word,maar as n witmens val is dit nie snaaks nie??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.