Skietery in Pta-restaurant: ‘Hy kan nie veel onthou’

Conrad Liebenberg. Foto: Facebook

Conrad Liebenberg. Foto: Facebook

Conrad Liebenberg (24) wat Woensdagoggend in ʼn restaurant in die ooste van Pretoria geskiet is, se toestand is bevredigend en hy is reeds na ʼn gewone saal oorgeplaas.

Liebenberg se vrou, Lalucia van Niekerk, het Vrydag aan Maroela Media gesê sy dokters wag nog vir uitslae van ʼn paar toetse en as hulle tevrede is, kan hy moontlik vandag ontslaan word.

Van Niekerk het gesê dokters het Donderdag vasgestel hy het nie inwendige bloeding nie. Die koeël het wel van sy senuwees beskadig.

“Hy onthou bitter min van die voorval, maar ons praat nie juis veel daaroor nie. Ons fokus nou net daarop dat hy volkome herstel en by die huis en sy twee dogters en familie kan wees,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Liebenberg is Woensdag in die O Sole Mio-restaurant, waar hy die algemene bestuurder is, by die Kimiad-gholfbaan in Moreletapark geskiet. ʼn Onbekende man het glo omstreeks 08:00 by die restaurant ingestap en hom in sy borskas geskiet.

Die man het glo gesê dit is ʼn waarskuwing vir die eienaar van die restaurant. Paramedici van Netcare 911 het Liebenberg na die Steve Biko-hospitaal geneem.

Die polisie se ondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees die vorige berigte oor die Kimiad-skietery op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sarie van heerden ·

Wie betaal vir die mediese koste van mense wat links en regs geskiet of aangeval word? Wat van die boere wat weke in hospitale moet le nadat terroriste hul beseer het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.