Skietery ná rooftog in Woodlands Mall

Die ongelukstoneel. Foto: Monique Pretorius/Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: Monique Pretorius/Facebook

ʼn Oor-en-weer-skietery het uitgebreek nadat ʼn groep verdagtes ʼn winkel in die Woodlands Mall in die ooste van Pretoria beroof het.

JP Griesel van Bull Security het aan Maroela Media gesê drie verdagtes het ʼn juwelierswinkel in die winkelsentrum beroof en in ʼn Mercedes Benz C200-motor van die toneel gevlug.

Volgens Griesel het die verdagtes in De Villebois Mareuil-weg gery toe ʼn skietery tussen die verdagtes, polisiebeamptes en lede van Bull Security uitgebreek het. “Die verdagtes is vasgetrek toe hul motor in ʼn ongeluk betrokke was op die hoek van De Villebois en Heskethrylaan.”

Griesel het gesê een van die verdagtes is raakgeskiet. “Die ander twee is beseer.” Volgens Griesel was die verdagtes met Ak47’s gewapen.

Netcare 911 het ook bevestig dat drie mense beseer is. Volgens Griesel is niemand in die winkelsentrum tydens die voorval gewond nie.

Ilané de Villiers het intussen op die Facebook-groep, Ek’s van die Ooste, geskryf sy het die rooftog aanskou. “Hulle het uit die winkel gehardloop met twee sakke. ʼn Ander een het ʼn swart sak wat ek glo vuurwapens in was by hom gehad en hulle het amper bo-oor ʼn vrou gehardloop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

snoefie ·

dit was seker n voorbeeld van die KUNSMATIGE BEMAGTIGING wat gister so vrylik bemarking was. baie dankie aan Bull security. sonder hulle sou die verdagtes net weer weggekom het.

Marcel ·

Wie is Greyling? JP Griesel praat en dan ewe skielik is dit ‘n Greyling?

Landi Slatter ·

Dagsê Marcel

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

petrus ·

Alweer verdagtes, hulle is rowers nie verdagtes nie. Waarom is almal te bang om iets te noem wat die waarheid is.

kruger ·

ongelukkig in hierdie land van ons is jy innocent until proven guilty. maak nie saak hoe voor die hand liggend die misdaad was nie!!

Bull ondersteuner ·

Baie dankie Bull, soos gewoonlik het jul ‘n great job gedoen!

Soekie ·

…en die beseerde “verdagtes” gaan seker in ‘n privaathospitaal behandel word…lekker man!

Piet Pompies ·

Ai, die onderhouds koste van Mercedes moet seker hoog wees…

Voorlaaier ·

Jip!…Laas maand R17000 betaal vir i diens en hulle het ni eers di “sparkplugs” vervang nie!……Alles gedoen behalwe wat ek hulle gevra het!…..

Kobus ·

Sjoe Voorlaaier jy kan bly wees die ” sparkplugs” is vergeet…WAT SOU JOU REKENING DAN GEWEES HET…

Voorlaaier ·

@Kobus……wil ni eers daar aan dink ni mater!!…..Te vreeslik vir woorde!!……

Aubrey Vermaak ·

Mooi Bull security en SAP. Dis hoe mens met rowets werk. Gee elkeen n Bells !!!

Stella ·

BULLS is uitstekend! Ons almal voel baie veiliger met jul hier om ons! Doen so voort!

John ·

Mens moet maar gou koop en klaar koop in winkelsentrums en pas jou saalsak op. Orals loer oe en grypers en wag skielike chaos… selfs in die trietsigste sentrums op die platteland gebeur dit…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.