Skietery op JHB-vullistrokke; staking duur voort

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Pikitup-werkers het vullisdromme in die strate omgekeer (Hoek van Jeppe- en Von Brandisstraat in Johannesburg se middestad) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Die Stad Johannesburg het Donderdag ʼn voorval veroordeel toe daar op twee Pikitup-vragmotors geskiet is wat te midde van ʼn staking deur duisende werkers probeer vullis wegry het.

Pikitup-werkers staak al vir die tweede agtereenvolgende week en eis beter betaling en die afdanking van Amanda Nair, die maatskappy se besturende direkteur, wat hulle van korrupsie beskuldig. Nair is verlede jaar deur die Johannesburgse hooggeregshof onskuldig bevind op die aanklagte teen haar.

Die Stad Johannesburg het in ʼn verklaring gesê daar is Woensdag kort voor middernag naby Nasrec op twee Pikitup-vragmotors geskiet wat veroorsaak het dat die twee voertuie gebots het. Die bestuurders van die vragmotors het glo van die toneel gevlug, terwyl die werkers op die vragmotors “erg geskok” was. Niemand is in die skietery gewond nie.

Parks Tau, burgemeester van Johannesburg, het kort ná die voorval met werkers op die toneel gepraat en gesê hy is geskok dat stakende Pikitup-werkers nou tot strafregtelike taktiek en intimidasie oorgaan om die stad te verhoed om dienste te lewer te midde van hul onwettige staking.

Volgens Tau word samewerkingsooreenkomste met verskeie wetstoepassingsagentskappe, waaronder die SAPD, beplan om te verseker dat Pikitup se dienste kan voortgaan en werkers beskerm is.

Nair het Dinsdag gesê dit kos Pikitup R1 miljoen per dag om privaat kontrakteurs te huur om die vullis in Johannesburg te verwyder. “Die mark weet ons is desperaat en hulle vra ons buitensporige pryse, maar daar is niks wat ons kan doen nie,” het sy gesê. Sy het bygevoeg dat die vullistrokke nou slegs in die aande werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marous ·

Nou moet die belastingbetalers die gemors uitsorteer? Klim agter julle tafels uit en gaan maak skoon…dis julle verantwoordelikheid!

Andries ·

Gestraand, 21:40 daag ‘n pikitup trok buite my kompleks op (Roodepoort, Constantia kloof). Die pikitup werkers het 1 asblik wat reeds buite gestaan het leeg gemaak. Ek het my asblik uitgevat en vir die naaste pikitup werker gegee. Hy’t my vir kleingeld gevra, ek het vir hom gesê ek het niks en buitendien het ek reeds vir die diens betaal. Ek het hom toe gevra of hy my asblik gaan leegmaak, waarop hy geantwoord het: “No, because you didn’t give me any money.” Hy het toe in die ander werkers geroep, almal het in die trok geklim en die trok het weg gery.

pjk ·

Dalk moet ons maar ons dienste self doen en staak om te betaal.

tamboti ·

Enigste oplossing is dank almal wat staak af – dit is ‘n onwettige staking. Die houvas wat werkers op werkgewers het moet gebreek word.
En moet hulle nie weer aanstel nie!

John ·

Ons weet mos hoe van die groot pes-epidemies in die verlede begin het: By rotte. Hulle lief ons luiheid.

Dirk T ·

Dit is die arbeids wette en die mag van die unies wat die werkgewer gevange hou.

pjk ·

Tiepies sy kutuur. As hy nie sy sin kry nie dan brand of plunder of gooi vullis drommer uit op straat. Ons wil asb dit nie meer sien of hoor nie.

Sarel Strydom ·

Dit is wat gebeur as die Regering en Vakbonde Bedmaatjies is.

CHRISTA ·

Die ANC het mos altyd stakings goedgepraat voordat hulle aan bewind gekom het! Nou sit HULLE OOK met die gebakte pere!!! Wat jy saai sal jy maai!!!

Bach ·

Waar is leierskap op die hoogste vlak? Wat moet buitelandse beleggers dink? Rommelstatus. En z sit tans knus in Frankryk. Dis afstootlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.