Skietery op Piet Retief: Dís glo hoe gebeure verloop

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Die polisie ís ontbied nadat boere in die Dirkiesdorp-omgewing in Mpumalanga ʼn vermeende moeilikheidmaker op ʼn plaas daar in hegtenis geneem en die polisie om hulp gevra het – maar dit was eers nadat skote glo noodgedwonge gevuur is, dat die polisie na die toneel is.

ʼn Inwoner van die gebied wat veiligheidsdienste aan boere in die omgewing lewer, sê ʼn groep van tussen 20 en 25 mans het Vrydagoggend na die plaas Pampoenkraal opgeruk en gedreig om die bestaande werkers te verjaag omdat hulle dié werksgeleenthede soek. Hulle was glo met knopkieries, pangas en pype gewapen. Dit is volgens dié inwoner, wat nie sy naam genoem wil hê nie, dat boere uit noodweer begin skiet het om hulself teen die moeilikheidmakers te beskerm, terwyl hulle vergeefs op die polisie gewag het.

Maar eers het die boere probeer praat. Tydens die pogings tot gesprekke het sake glo begin handuit ruk en een van die betogers het die plaaseienaar aangerand.

Die vermeende aanrander is deur ander boere aangekeer en die polisie is ontbied om hom in hegtenis te neem. Die groep betogers het die boere op die toneel, volgens dié bron wat kort ná die skietery self op die toneel was, glo herhaaldelik met aanranding gedreig.

Volgens die bron is die eerste noodoproep teen 11:00 op ʼn gemeenskapsgroep uitgestuur. Ander boere uit die omgewing het hulle na die plaas gehaas waar hewige argumente tussen die groep betogers en die boere gewoed het.

Hy sê teen 11:50 het die situasie tot so ʼn mate versleg, dat nog hulp ontbied is.

Die eerste skote het Vrydag kort voor 12:00 geklap en kort daarna het iemand op ʼn WhatsApp-groep gevra dat ʼn ambulans ontbied word.

Die polisie het volgens die bron teen daardie tyd steeds nie opgedaag nie.

In dié harwar is Danie Malan (38) na bewering ernstig aangerand. ʼn Bloeiende Malan is Vrydag saam met Cornelius Greyling (25), Othard Klingenberg (53) en Ignatius Steynberg (31) in hegtenis geneem.

ʼn Dokter van die omgewing het Malan se kopwonde in die polisie se aanhoudingselle toegewerk, nadat die polisie op die toneel aanvanklik glo geweier het dat hy daar reeds mediese behandeling ontvang.

Toe die skote sekondes later ophou klap het, het twee broers, Mgcini Amos Coka en Zenzele Coka, dood op die toneel gelê.

Een van hulle het glo kort tevore ʼn ysterstaaf gebruik om ʼn boer oor die kop te slaan en dié man het weens die hou teen die kop ineengestort. Die persoon het na verneem word skedelbreuk opgedoen en word steeds in ʼn hospitaal behandel.

Een van die Coka-mans het glo die erg beseerde man se vuurwapen opgetel en willekeuring begin skote skiet. Hy is daarna glo uit noodweer doodgeskiet.

Een van die bewerings wat nou gemaak word, is dat een Coka-broer die ander tydens dié wilde skietery doodgeskiet het.

Inwoners van die gebied was die afgelope paar dae woedend oor die amptelike weergawes van gebeure wat oor die voorval voorgehou is.

“Daar is ʼn spul leuens die wêreld ingestuur,” het die bron aan Maroela Media gesê.

Verskeie weergawes van wat presies Vrydag op Pampoenkraal gebeur het, het sedert die naweek die ronde gedoen. Mense was die afgelope paar dae oënskynlik huiwerig om oor die gebeure te praat, hoofsaaklik uit vrees dat dit die situasie vir diegene betrokke verder kan bemoeilik, of dat vergeldingsaanvalle kan plaasvind.

Maroela Media verneem egter dat daar al etlike maande lank onrus in die omgewing broei weens oproerige mense wat landbouers teister. Die voortgesette teistering is glo by die polisie aangemeld, maar na bewering is geen daadwerklike stappe daaroor gedoen nie.

“As die polisie destyds al opgetree het, het hierdie situasie moontlik nooit gebeur nie,” het die bron gesê.

Malan, Greyling, Klingenberg en Steynberg het Maandag reeds in die Piet Retief-landdroshof verskyn, te midde van ʼn groot polisieteenwoordigheid en tientalle betogers buite.

Die vier bly in aanhouding tot hulle weer Maandag in die hof verskyn. Volgens die klagstaat word elk van die vier beskuldigdes van twee aanklagte van moord aangekla.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Woensdag ook gesê daar is heelwat vrae oor die voorval wat tot die vier se inhegtenisneming gelei het.

“Om die sub judice-reël (die saak is hangende) te gebruik om te swyg oor presies wat aanleiding gegee het tot die voorval op 9 April en wat werklik daar gebeur het, is nie aanvaarbaar nie.”

Groenewald het ook gemaan teen onverantwoordelike politieke uitsprake wat moontlik aanleiding kan gee tot voorvalle soos dié, of dat politici die gebeure kan misbruik om gemoedere tussen mense verder op te jaag.

Hy sê dit is jammer dat die land se algehele landbougemeenskap nou gedemoniseer word ná ʼn voorval waaroor daar steeds groot onsekerheid is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

deon ·

Die gemors gaan ons nog n harde tyd gee,ons sal moet vas staan anders gaan ons hard val…

Adri ·

Kom ons vertrou dat die groot aantal ooggetuies sal help dat geregtigheid geskied en die ware misdadigers aangekeer en gestraf sal word.

marius ·

Val die polisie aan en die opdrag is om dood te skiet . Val wit boere aan en hulle moet aan hul lot oorgelaat word ? Hierdie hool is verdoem !

Leeuwyfie ·

Met elke oorlog waarvan ek geleer het, het ek gewonder hoekom die mense dit net nie kon uitpraat nie.
Dis eers na ‘n hele paar jaar as volwassene dat ek geleer het, party mense kan net nie mee gepraat word nie.
Die regering is verantwoordelik vir hierdie leuens wat geglo word deur die massas. En sulke mense weier om die waarheid te glo.
Dinge uitpraat is asem mors.
Hulle glo ons doen hulle in en dat elke woord uit ons mond leuens is.
Hierdie retoriek is nou al 27jaar+ by hulle ingedril.

Jan Seerot ·

Geagte Leeuwyfie, ek is darem nou al baie jare op hierdie planeet en dit is my slotsom:
Jy argumenteer nié met die volgende mense nie:
1. Dommes
2. Dronkes
3. Kinders

Cherokee ·

Dieselfde rede as waarom ‘n leeuwyfie en springbokram nie debat kan voer. Die verskille is te groot, te uiteenlopend. nie dieselfde nie. Geen werklike basis vir gespreksvoering.

Persheks Adri ·

Nou moet die boere sit oor die polisie te SLEG is om hulle werk te doen pffft! Mediese behandeling is geweier seker oor hy blank is! Gee my krag vir die faktore tussen ons, want regtig hulle gedrag is uiters swak om dit sagkens te stel!

Punisher ·

Stem. Ek weet nie van waar die af duimpie nie Adri want dis die waarheid wat jy praat

Nico ·

Ek kan dit ook nie verstaan nie, die boere word mediese behandeling geweier maar die krimineel word dadelik in die hospitaal op geneem.

Rooikoos ·

Wat is daar om nie te verstaan nie? Die tendens is mos nou al baie duidelik teen hierdie tyd.

Herpiet ·

Ons is 2de klas burgers in SA. Dis hoe hulle ons klassifiseer

Andries ·

Die regters gaan, soos in die Coligny geval, weer mense glo wat kilometers van die toneel af was.

Yvonne ·

Ek bid dat die waarheid sal seevier……swak polisieering seker te BESIG om hulle werk tedoen

Misky ·

Met daai eerste oproep aan polisie, moes hulle gesê het daar is mense sonder maskers. Polisie sou binne 5 minute reageer en op toneel gewees het

Hoekom ·

Net as hulle gesê het daar is wit mense sonder maskers sou hulle opdaag…

Regverdigheid ·

Het hul verwag boere moet stil staan en dood geslaan word… dis net ons land waar hul meer reg het en mag maak wat hul wil moor plinder wat nog meer…

Stefaan ·

Al is daar honderd blanke ooggetuies en een swart ooggetuie gaan hulle nog steeds nie die blanke se getuienis aanvaar nie want dit pas nie hulle agenda nie.

jzjz05 ·

Wie het gekom om vir wie leed aan te doen ?.geen van die mooilik maakers word vervolg nie Polisie weer onbevoeg en kleur het die meeste getel by hulle.

Werner ·

Polisie is rassisties wil net soos die regering die blankes laat betaal

Keelvol ·

Ek weet regtig nie meer nie. Dit slaan my plat oor wat aan die gebeur is.

Nie Verbaas ·

En regering verwag dat burgers respek vir polisie moet he. Hulle is veronderstel om met integriteit op te tree. Intussen is hulle, met uitsondering van n minderheid, net so groot klomp narre soos die regering.

Herpiet ·

Taktiek om Boere met vrees en anargie van die plase te verjaag. As jy jou self verdedig gaan jy selle toe. Skrif is teen die muur al lankal. Fight or Flight

Louise ·

Hoe word dit in die lewe geregverdig dat JY my grond betree, en my dreig OP MY EIE grond. Wat soek jy op privaat eiendom. O JA dis mos n geval van ons mag MAAK EN BREEK NET SOOS ONS WIL. BASTA MET DIE RES…

Outspoken ·

Wie gee hulle die reg om op te daag en te eis dat die bestaande werkers se werks poste vir hulle gegee word, waar in die lewe wil julle wees? Weereens die polisie reageer nie as die boere of gemeenskappe hulle om hulp vra nie, nee, slegs wanneer die mense wat betoog, wette oortree en plunder se lewens bedreig word sal hulle die oortreders beskerm. Dis genoeg om van naar te word. Daar is geen meer trots in die polisie mag op hulle werk nie. Vir hulle is dit net nog ‘n werk, hulle is net daar vir die pay maar te sleg om te werk.

Andre ·

Blameer die “Media” vir al die fake news. Ek hoop van harte dat Afriforum ‘n siviele saak teen die Polisie oopmaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.