Skietery volg in Stellenbosch ná transitorooftog

(Foto: SA Polisie)

ʼn Polisiebeampte en ʼn sekuriteitswag is gewond toe transitorowers in Khayamandi in Stellenbosch gefnuik is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende mans het ʼn transitovoertuig in Macassar aangeval en ʼn sekuriteitswag is beseer in ʼn poging om die voertuig te beroof.

“Plaaslike polisiebeamptes, die taktiese reaksie-eenheid en lugondersteuning het dadelik reageer. ʼn Jaagtog en skietery het gevolg op verskeie tonele tussen Macassar, Mfuleni en Stellenbosch. ʼn 39-jarige sersant van die polisie is gewond.”

Die verdagtes is by die Khayamandi-taxistaanplek in Stellenbosch opgespoor. “Drie verdagtes is in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op vyf vuurwapens, insluitend drie AK47’s. Vyf voertuie is in Stellenbosch geskut. Twee van die voertuie is deur die verdagtes gekaap toe hulle van die toneel in Macassar wou vlug.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Samuel ·

Dit wil voorkom asof die polisie somtyds op en wakker is. Goeie werk, SAPD. Hoop die misdadigers sal op gepaste wyse aan die pen ry.

JM ·

Sal seker nooit van die skuim ontslae kan raak nie. Makliker om te roof as om te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.