Skietgeveg ná rooftog by Kolonnade

Die Kolonnade-winkelsentrum: Argieffoto

Die Kolonnade-winkelsentrum: Argieffoto

Die Sinoville-polisie is warm op die spoor van twee gewapende mans, na ʼn rooftog en motorkaping Sondagaand by die Kolonnade-winkelsentrum, noord van Pretoria.

Ina Kotze, waarnemende bemarkingsbestuurder by die sentrum, het aan Maroela Media bevestig twee gewapende mans het omstreeks 21:55 op die Panarotti’s-restaurant toegeslaan toe die restaurant besig was om te sluit.

“Hulle het onderdeur die afroldeur, wat halfpad oop was aangesien die personeel besig was om klaar te maak, gekruip,” het Kotze gesê. “Die verdagtes het die bestuurder aangerand en kontant uit die kasregister gevat voordat hulle deur die afleweringsdeur na buite gevlug het.”

Die sentrum se veiligheidsbeamptes het die verdagtes agternagesit. Die verdagtes het ʼn motoris naby Ingang 1 gekaap en deur die uitgang naby die McDonald’s by die perseel uitgejaag.

“ʼn Skietery tussen die polisie en die verdagtes het buite die perseel, op die hoek van Enkeldoornlaan en Sefako Makgatho (Zambezi)-rylaan, uitgebreek. Een van die gekaapte voertuig se bande is raakgeskiet. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en in ʼn sloot langs die pad in gery.”

Die verdagtes het te voet gevlug. Die polisie het op van die gesteelde geld in die voertuig afgekom en daarop beslag gelê. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagtes is steeds soek, maar die polisie is op hulle spoor. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en ʼn kaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Yvonne ·

As die mall se wagte eerder fokus op hulle werk as wat hulle karwag geld probeer insamel sou dit help. Dit is algemeen vir misdadigers om mense in die mall te roof en oor die pad te hol na Zambezi waar hulle taxis vang. Die mall moet sekuriteitswagte op daardie toevlugsroete sit.

Jorese ·

Dame lees mooi. Die sentrum se veiligheidsbeamptes het hulle agterna gesit hulle het dus hulle werk gedoen en by the way ek daag jou wat so gou kritiseer uit om een aand jou lewe op die spel te gaan plaas en hulle werk te doen

Saartjie ·

Goeie werk deur die polisie of wat die gekaapte motor se band geskiet het! ..en daar is hulle sommer die gesteelde geld ook kwyt! Lekkerrrrr

Grap ·

En wat van die arme persoon wie se kar gekaap en stukkend geskiet is ??

cherize ·

So jammer vir mense betrokke. Dit moes baie trsumaties wees. Ek wil net in bresse tree vir sekuriteitsbesmptes. Hulle id getrou op hulle pos. Moenie hulle en karwagte met mekaar verwar nie. Kolonnade se sekuriteit is altyd bedagsaam, hulpvaardig en “alert” oor wat aangaan.

Henk ·

Ek dank hulle met alle Eer… Hulle het my bakkie agterna gesit sonder enige Vuurwapens. Hulle het hulle lewe op die spel gesit en ek se ook dankie vir die polisie wat so goed gedoen het en so vinnig daar was.

cherize ·

So jammer vir mense betrokke. Dit moes baie traumaties wees. Ek wil net in bresse tree vir sekuriteitsbesmptes. Hulle is getrou op hulle pos. Moenie hulle en karwagte met mekaar verwar nie. Kolonnade se sekuriteit is altyd bedagsaam, hulpvaardig en “alert” oor wat aangaan.

Henk ·

Ek is net baie bly die HERE het sy hand van beskerming oor my en my meisie gehou. Dit is glad nie n lekker gevoel as iemand n Vuurwapen in jou gesig druk nie en jy weet nooit wanneer hy gaan skiet nie. Maar die bakkie se bande is nie geskiet nie… Was deer my deur en vensters. En my bakkie in die fence gery. Nie baie groot skade nie net bly ek hom trug en ek en my meisie is veilig.

Johannes Meintjes ·

Gedag alles is nou onder beheer na al die Afrikaner berade, DA oorwinings en GPF opskerping … of is dit? Het iets al regtig verander in die Nuwe SA wat stadig maar seker inplof?

jorese ·

Regtig???? Die DA het die verkiesing gewen met minder as 50%. Hulle regeer nog nie Pta nie koalisies moet eers gevorm word en as hulle in beheer kom kan hulle ongelukkig nie n towerstaffie swaai en alles onmiddelik verbeter en regmaak nie dit gaan tyd vat

Duikerkie ·

Henk, baie sterkte en bly julle is ongedeerd. Ek het ook al so in n pistool se loop gekyk en dis skrikwekkend.
Die persoon wat hierbo kommentaar gelewer het oor die verkiesing en die DA is seker een van die mense wat nie gestem het nie. Duidelik weet die persoon nie hoe verkiesings werk nie. Die goed vat tyd meneer! Niks verander oornag nie. Dis 20 jaar se gemors wat reggemaak moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.