Skietgeveg toe polisie ‘rowers’ verras

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Skietgeveg het Saterdag in Isipingo, KwaZulu-Natal, ontstaan nadat polisiebeamptes vier vermeende rowers op heterdaad betrap het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê iemand het die polisie gekontak en aangemeld dat daar ʼn rooftog by ʼn huis op die hoek van Jameslaan en Plattweg aan die gang is. “Polisiebeamptes het hulle na die huis gehaas en met hul aankoms het vier gewapende mans op hulle losgebrand,” het Gwala gesê.

“Die polisie het teruggeskiet en een van die verdagtes is gewond. Die polisiebeamptes kon daarin slaag om die gewonde verdagte en een van sy makkers vas te trek, maar die ander twee verdagtes het te voet gevlug. Die polisie is steeds op hul spoor.”

Gwala het gesê die gewonde verdagte is onder streng polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Die twee verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van huisroof en poging tot moord.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir die inhegtenisnemings en gesê sy is oortuig die ander twee verdagtes sal binnekort aangekeer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

In my dae in die Polisie KON ons skiet , niemand sou weggekom het nie 1

Tiger ·

Die GOEIE ou dae!Vergelyk die misdaad syfer van toe met nou en dit spreek boekdele.

snoefie ·

in die ou dae kon polisie lede hardloop ook. lyk my nou eet hulle net.

Cherokee ·

Die polisie is geloof maar geen woord word gesprak van ‘iemand’ wat die polisie gekontak het en die rooftog aangemeld het. Die polisie moet ophou om (al) die eer te neem vir (½) geslaagde operasies te danke aan publieke fluitjieblasers.

KarooKlong ·

Goed gedoen “iemand”, waarskynlik ‘n haai.
Cherokee, jy is heeltemal reg, jammer ek het aanvanklik half gelees.
Opregte bedoeling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.