Skietgeveg tussen polisie en ‘kapers’ eis 4

‘n Foto van die toneel in KZN (Foto: Verskaf)

ʼn Skietgeveg tussen die KwaZulu-Natalse polisie en ʼn beweerde groep kapers het Woensdag die lewens van vier mense geëis.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het omstreeks 13:30 ʼn motor met die beweerde groep rowers op die hoofweg agternagesit.

Volgens haar was die motor waarin die groep gery het in die verlede betrokke by verskeie rooftogte en motorkapings in Durban.

“Daar word beweer dat die groep weer op pad was om ʼn rooftog uit te voer,” sê Gwala.

Sy sê insittendes in die motor het op polisielede losgebrand toe die polisie aan die bestuurder gewys het om langs die hoofweg stil te hou.

“Vier van die verdagtes is noodlottig gewond en nog twee ander is beseer. Die beseerdes is na die hospitaal geneem en is tans onder polisiebewaking. Die polisie het beslag gelê op drie ongelisensieerde wapens,” sê sy.

ʼn Voorlopige ondersoek het glo vasgestel dat dié voertuig in Junie vanjaar in die Sydenham-omgewing gekaap is.

Die twee beseerdes word aangekla van poging tot moord en die besit van ongelisensieerde wapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Koos ·

Seker die taakmag gewees. En as Booysen nog daar was, was dit weer as moordbende bestempel…

Lana ·

Knap gedaan, SAPD.
Dis tyd dat daar op dieselfde manier geveg word as wat misdadigers veg.

Martie ·

Mooi so SAPS! Hoe absoluut arrogant van kriminele om op die polisie te skiet!

Freud ·

Is Kapt Gwala nou ‘n hom of ‘n haar? Volgens “hom” in een paragraaf en “sy se” in ‘n ander paragraaf.

Tania Heyns ·

Dagsê Freud

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Ja hoor ·

En dan vertel mense die tye van apartheid was erg? DAAGLIKS Is daar betogings en moorde op ONSKULDIGE MENSE .. iets wat NIE daagliks in die apartheidsera eers met swartmense gebeur het nie .. MEER skole is uitgebrand NA apartheid, meer swartes (en wittes) is doodgemaak NA apartheid . maar kom ons speel nog op die ou apartheidskitaar . dan kan die witmense nog vir 20 jaar skuldig voel daaroor … Ten minste kan almal nou op die busbankie sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.