Skikking bereik ná ouma in hospitaal aan stoel vasgebind is

Martha Marais (76) lê vasgebind in die Mamelodi-hospitaal. (Foto: verskaf)

Die familie van Martha Marais (76) wat verlede jaar aan ʼn stoel in die wagkamer van die Mamelodi-hospitaal in Pretoria vasgebind was, het ’n skikking met die Gautengse departement van gesondheid bereik.

Dr. Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, het Sondag in ’n verklaring gesê besonderhede van die ooreenkoms kan weens die vertroulikheid daarvan nie bekend gemaak word nie.

Luidens die verklaring is albei partye van mening dat die skikking omvattend en billik is aangesien dit aandag gee aan die verbetering van die mediese fasiliteit se protokol .

Maroela Media het vroeër berig ’n video en foto’s is in Mei verlede jaar op sosiale media versprei waarin gesien kan word hoe die 76-jarige Martha op die vloer spartel terwyl sy aan die stoel vasgemaak is. Op die video kan gehoor word hoe haar dogter Stephnie Marais woedend is en eis dat haar ma onmiddellik losgemaak word.

“Nie eens ʼn dier word só vasgemaak nie,” het Shalane Marais, Martha se kleindogter, destyds gesê.

“Ek wil mev. Marais en haar familie opreg om verskoning vra vir die trauma wat hulle ervaar het. Die departement het ’n verantwoordelikheid om toe te sien dat dit nie weer gebeur nie. Dit is nou die tyd om die Marais-gesin toe te laat om te genees en aan te gaan met hul lewens,” sê Masuku in die verklaring.

“Ons beklemtoon ons onwrikbare toewyding tot menswaardigheid en die verbetering van gesondheidsorg van gehalte. In hierdie kwartaal is een van ons strategiese doelwitte om pasiënte se ervaring van gesondheidsorg te verbeter. Die vyfjaarbeplanningsproses is amper afgehandel en hulpbronne word geprioritiseer om pasiënte se ervaring by ons fasiliteite te verbeter,” sê die LUR.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Saint ·

Die beleidsverklaring is mooi. Beteken niks as die toedighouers nie sorg dat die personeel hulle daaraan hou nie.
Ek kan ook so n beleidsverklaring of n meer omvattende een publiseer maar dit sal netens enige impak hoegenaamd hê nie omdat bek geen personeel het wat dit kan nakom nie.

Clipper ·

En dit is die hospitale wat die NHI wil gebruik? Net iemand wat desperaat is sal hierheen gaan. Ek het n paar jaar terug iemand daar gaan besoek en dit was skrikwekkend die vuil smerige badkamers en toilette was om van naar te raak en pasiënte het in die gange op vuil beddens gelê. Nee geen land kan sy inwoners aan sulke gemors blootstel nie. Die minister is totaal en al onbevoeg om dit selfs voor te stel

Piet ·

Tipies ANC – verskoning maar geen reperkussies – is iemand weer in vir ‘n promosie.

Piet parys ·

Hoekom is die skikkings bedrag geheim ? Weer een of ander tussen ganger wat sy sakke volstop

Ellisras ·

Kom kyk gerus by Ellisras Provinsiale Hospitaal. Dit is vuil buite die hospitaal. Daar is skoonmakers. Maar hul maak nie skoon nie. Kyk na die vloere. Dit is vuil. Daar is skoonmakers, en raai wat. Hul sit net rond. En kry gratis etes.
Die verpleeg personeel doen hul bes, maar die omstandighede is teen hulle.

Scalla ·

Laat die skuldiges die skikkings bedrag betaal, geld is n wonderlike geneesmiddel. Probleem opgelos.

JQ ·

Every single person that was on duty when this took place, and whom witnessed this, should be suspended without pay. Persons who turned a blind eye to this evil is just as guilty?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.