ʼn Niksvermoedende skilpad het Woensdagaand in Bloemfontein tot gevolg gehad dat twee voertuie trompop gebots en ʼn vragmotor omgeslaan het.
Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê drie mense het geringe tot matige beserings in die botsing opgedoen. ʼn Veearts is ook na die toneel ontbied om na die beseerde skilpad om te sien.
Volgens Vermaak het twee voertuie in die kruising van Curielaan en Pasteurrylaan reg van voor gebots toe een van die bestuurders glo vir die skilpad in die pad uitgeswaai het. Die vragmotorbestuurder het probeer om die botsing te vermy en beheer oor die vragmotor verloor voordat dit omgeslaan het.
- Foto: ER24
- Foto: ER24
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Hoop nie skillie word aangekla? ?? Onskuldige ou dierjie. Hoop hy is okay.
Ag shame! Het skilpad seergekry?
ek hoop skilpad is okay. daai mense het te vining gery mense kannie vir skilpad blameer nie.
Jammer oor die ongelukke en die beserings en skade aan die voertuie, maar as diereliefhebber sonder weerga (ek maak my daaglikse bestaan uit ander mense se siek en beseerde diere) sal ek nooit ‘n mens se lewe bo dié van ‘n dier plaas nie. Volgens God se Woord is die mens die kroon van God se skepping en as dit ek was, sou ek noodgedwonge met ‘n seer hart reg bo-oor die skilpad gery het om ‘n ongeluk te probeer vermy waar menselewens in gevaar was. Ek gee toe dis soms moeilik om op die ingewing van die oomblik ‘n… Lees meer »
Ai tog kan so n harde dop kewertjie darem groot amok maak. Hoop hy was darem verseker en pad vaardig. Andersins gaan hy baie baie lank betaal . Hoop sy regs verteen woordiger sal hom los kry van al die klagtis wat teen hom gelê gaan word.