Skilpad veroorsaak chaos in Bfn

Foto: ER24

ʼn Niksvermoedende skilpad het Woensdagaand in Bloemfontein tot gevolg gehad dat twee voertuie trompop gebots en ʼn vragmotor omgeslaan het.

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê drie mense het geringe tot matige beserings in die botsing opgedoen. ʼn Veearts is ook na die toneel ontbied om na die beseerde skilpad om te sien.

Volgens Vermaak het twee voertuie in die kruising van Curielaan en Pasteurrylaan reg van voor gebots toe een van die bestuurders glo vir die skilpad in die pad uitgeswaai het. Die vragmotorbestuurder het probeer om die botsing te vermy en beheer oor die vragmotor verloor voordat dit omgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Karoomeisie ·

Hoop nie skillie word aangekla? ?? Onskuldige ou dierjie. Hoop hy is okay.

Skilpadliefhebber ·

ek hoop skilpad is okay. daai mense het te vining gery mense kannie vir skilpad blameer nie.

Freddie Malan ·

Jammer oor die ongelukke en die beserings en skade aan die voertuie, maar as diereliefhebber sonder weerga (ek maak my daaglikse bestaan uit ander mense se siek en beseerde diere) sal ek nooit ‘n mens se lewe bo dié van ‘n dier plaas nie. Volgens God se Woord is die mens die kroon van God se skepping en as dit ek was, sou ek noodgedwonge met ‘n seer hart reg bo-oor die skilpad gery het om ‘n ongeluk te probeer vermy waar menselewens in gevaar was. Ek gee toe dis soms moeilik om op die ingewing van die oomblik ‘n besluit soos dié te neem, maar prioriteite kom eerste. Ek hoop die beseerdes, die skilpad ingesluit, herstel gou. Beste wense.

Ru ·

Goed dan Freddie, ou perd. Ek hoor jou, maar in daardie breukdeel van ‘n sekonde gaan instink oorneem en jy gaan uitswaai. Glo my

pieterdp ·

Ai tog kan so n harde dop kewertjie darem groot amok maak. Hoop hy was darem verseker en pad vaardig. Andersins gaan hy baie baie lank betaal . Hoop sy regs verteen woordiger sal hom los kry van al die klagtis wat teen hom gelê gaan word.

Ig ·

Dit sal n goeie ding wees al die Skilpaaie verwyder word uit die regterbaan op die deurpaaie

Liendempers ·

Ek was op die toneel. Het die drywer van die bakkie gesien. Het erg na drank gestink en het sy bierbottels op die toneel uit sy bakkie gegooi. Het verskeie kere die verkeersbeamptes se aandag daarop probeer vestig, maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie. Die bakkie het bo oor die middelman gevlieg en die die aankomende verkeer in…..ek dink nie die skilpad gaan dit maak nie. Sy dop het baie seergekry.

Agge neeee! ·

Ai liendempers, baie dankie vir jou inligting oor die ongeluk ek hoop dat jy jouself beskikbaar sal stel as n ooggetuie wat in die ongeuk gebeur het en wat jy gesien het dit sal regtig baie hulpvaardig wees van jou en jy sal soveel mense se werke ligter maak en sodat die skuldige party kan boet vir hulle roekelose dade. Sterkte aan almal wat betroke was in die ongeluk en ek hoop die arme skillieskilpad herstel baie spoedig van sy beserings sies tog.

Laloe ·

Gaan die skilie nie die skuld kry vir rassisme nie? Genade want dis al wat deesdae geopper word.

Johan ·

Hulle gaan seker in die hof sê hulle weet nie wat gebeur het nie…want alles het só vinnig gebeur!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Volgens gepubliseerde foto’s van die skilpad is dit ‘n ouerige dier. Dis ‘n bergskilpad en hul word hondmak en ‘n blote plesier om te he. Baie min veeartse is opgelei om met hul probleme te deel en toe myne ‘n fratsongeluk gehad het om sy poot in ‘n palisadeheining te druk kon ek in ons omgewing geen veearts kry maar een van die by Onderstepoort verbonde aan die afdeling wat met eksotiese voels werk het ingespring en Johanna behandel. Vir die ondersoek en behandeling is al wat ‘n student is geroep om te kom kyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.