Skip brand in Kaapstad-hawe

Die Verona Port Villa staan in ligte laaie in Kaapstad se hawe (Foto: Stad Kaapstad)

Die Verona Port Villa staan in ligte laaie in Kaapstad se hawe (Foto: Stad Kaapstad)

ʼn Skip, met 100 000 liter diesel aan boord, het Woensdag in Kaapstad se hawe gebrand.

Liezl Moodie, woordvoerder van die stad se brandweer, het gesê vyf bemanningslede is ontruim. Geen beserings is aangemeld nie.

Groot swart rookwolke het van die visserskip, die Verona Port Villa, geborrel. Die skip was in die vraghouer-deel van die hawe.

Minstens ses brandweerwaens het reageer.

Theo Layne van die brand- en reddingsdiens, het gesê ʼn voertuig is ook ontbied om bystand te lewer indien enigiets sou mors.

Buiten die 100 000 liter diesel aan boord, het die skip ook 800 000 stukke plastiekverpakkingsmateriaal vervoer, lui ʼn verklaring van Transnet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

“800 000 plastiekverpakkingsmateriaal” (Kg of ton of wat? )

Sune van Heerden ·

Dagsê Johann

Ons het die berig gewysig, ons vertrou die verwarring is nou opgeklaar.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Simoné de Villiers ·

Hoe gaan die plastiek en brandstof verwyder word??

charlene ·

En hoeveel van die gemors is nou in die see in??? Hoeveel diere is dood??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.