Skip toegang geweier by Durban-hawe

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 21 000 aktiviste in Suid-Afrika het ʼn skip met sy vrag van meer as 2 000 ton walvisvinvleis, verhoed om by Durban se hawe brandstof in te gooi.

Greenpeace het oor die naweek in ʼn verklaring gesê die aktiviste het die regering versoek om die skip toegang tot die hawe te weier. “Die skip, die Alma, is van Ysland onderweg na Japan en wou in Durban stop om sy brandstof te hervul,” het Michael O’Brien Onyeka, die Suid-Afrikaanse direkteur van Greenpeace, in ʼn verklaring gesê. “Binne drie dae het meer as 21 000 Suid-Afrikaners die organisasie ondersteun om druk op die regering en beamptes by die hawe te plaas om die skip toegang te weier. Greenpeace versoek ook die regering om druk op ander hawes in Afrika te plaas sodat die Alma by hulle ook geweier word.”

Onyeka het gesê die handeldryf van bedreigde spesies word wêreldwyd moreel verwerp.

“Walvisvleis, net soos renosterhorings, is onwettig in die land. Die skeepsmaatskappy het Suid-Afrika en sy inwoners onderskat met hul poging om die handel van onwettige en bedreigde spesies hok te slaan. Die vaartuig het Suid-Afrika se water verlaat sonder die moontlikheid om brandstof in te gooi. Ons hoop dat ander hawes op sy roete dit ook toegang sal weier.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.