‘Skisofreniese’ ANC reël optog teen homself

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter. Foto: Verskaf

Die ANC se besluit om ’n optog teen homself te hou, teen onder meer e-tol, deur op te ruk na die Uniegebou in Pretoria is tekenend “van ’n party wat verval het in ’n ernstige toestand van skisofrenie en ’n ongesonde onderskatting van die intelligensie van kiesers”.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, meen ook: “Die optog teen homself sal die kiesers nie oortuig dat dit [nie] wel die ANC was wat e-tol ingestel het teen die wense van Gautengers nie en nog minder dat die ANC uiteindelik vrywillig die e-tolstelsel sal afskaf.”

Alberts sê Tito Mboweni, minister van finansies, het dit duidelik gemaak tydens sy aanvullende begrotingstoespraak dat die e-tolstelsel hier is om te bly. “Die ANC het dus sy vlag in die grond geplant oor die kwessie en die Gautengse ANC se optog sal geensins opvattings wysig dat die ANC die vark in die verhaal is nie.”

Hy meen die kans is goed dat Mboweni die ANC Gauteng in volgende jaar se provinsiale verkiesing kan kos. “ʼn Verkiesingsuitslag van onder 50% [sal die ANC] noop om koalisievennote te neem om te oorleef indien hy gewilliges kan vind.”

Andersyds skep dit die geleentheid vir die opposisie om self ʼn koalisie te skep en die provinsie se bestuur oor te neem.

“Die VF Plus bly gekant teen die e-tolstelsel en is gereed as die vierde grootste party in Gauteng om as deel van ’n toekomstige opposisie-koalisie die provinsiale regering oor te neem en formeel ’n dispuut met die nasionale regering oor die e-tol te verklaar,” sê Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Vuisvoos ·

Die ANC het vir homself ‘n krieketbal onderarm grondlangs geboul wat hom sy paaltjie gaan kos … ‘n kruiper, of in Engels a ceeper.

Vuisvoos ·

Ek hou nie daarvan om myself te korrigeer nie, as ek fout gemaak het moet ek maar die pyn vat, maar nouwel ‘n kruiper is ‘n creeper. in Engels.

Cherokee ·

Dit is een van daai mistikke wat ek net agtergekom het omdat jy jouself gekorrigeer het. Ons doen dit almal – tik ‘n letter mis of nie. En.. die leser, soos ek in hierdie geval, lees dit reg sonder om die fout agter te kom. Maar soos jy sê, dit pla jouself genoeg om aan te dring op korrigering:-)))

Elizabeth Teir ·

Asseblief weerhou julle om ń vergelyking tussen Geestesgesondheid en ń politieke gemors te trek.

Miskien kan nou ń goeie artikel oor Skisofrensie geplaas word.

Rita ·

Skisofrenie is volgens my n gesplete persoonlikheid. Ek glo Adv Alberts wou dit net onderstreep dat die Anc aan soortgelyke eienskappe lei en het geensins die geestestoestand met die Anc gelyk gestel nie. Dit was waarskynlik net n poging om te beskryf hoe hulle twee-gesig optree. Sê een ding en dien n ander. Ek hoop ek maak sin.

Willem ·

Dis ’n geestesteuring wat dikwels gekenmerk word deur abnormale sosiale gedrag en die onvermoë om te besef wat die werklikheid is.

Cherokee ·

Tog was die vergelyking heel van pas. Soos in dr Jekyll and Mr. Hyde.

Veronique ·

Elizabeth ek stem 100% saam met jou. Hou niks van die vergelyking wat getrek word nie. Onkunde wat maak dat mense sulke belaglike dinge kwyt raak. Educate yourself people – asb Rita! Mense wat gediagnoseer is met skisofrenie word gereeld verkeerd “gelabel”.

B-man ·

Veronique, ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig. Ons almal weet wat die skrywer bedoel met die artikel en titel. Hoekom word die fokus nou verloor en verplaas na iets wat eintlik slegs net ter sprake is as ‘n lineêre metafoor?

humor ·

Ag man, dis van pure onnoselheid dat hulle hulself telkens in hul slu streke vasdraai. Dis ook duidelik die anc wil nog baaaaaie geld maak uit die swaargelaaide belastingbetaler.

jaco ·

Dis maar dieselfde as ANC-beheerde munisipaliteite wat die ANC-beheerde Eskom biljoene Rande skuld. So eintlik skuld die ANC vir die ANC geld. Dis ‘n probleem wat deur 1 maklike administratiewe proses van omtrent 1 dag afgeskryf kan word.

Karolis ·

Tyd dat ons ook ‘n optog hou, genoem die “lekkerkry optog”

DeVill ·

Suid-Afrika is in sy maai.

Dit is net ‘n kwessie van tyd voor alles in mekaar stort.

We are past the point of no return!

Hedwig ·

Wees versigtig om die woord ‘skisofrenie’ buite vakgebied te gebruik! Daar’s families wat geweldig ly met skisofreen geliefdes. Erge gevalle maak die lewe hel!

Annoniem ·

Goed gestel Hedwig. Mense het heeltemal ‘n wanpersepsie van skitsofrenie. 19jaar in huwelik met my man wat voor ons huwelik gediagnoseer was. Ons lewe 99% normale huwelik. Dink daar is meer mense wat erger funsioneer agv stres as die met skitsofrenie.

Sarel ·

Onderskat die massa wat nie eers weet van etol nie. Sal uit gewoonte ANC stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.