Skoen lei polisie na vermoorde kind se liggaam

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 28-jarige man het Maandag in die landdroshof in Praktiseer, Limpopo, verskyn in verband met die moord op ʼn sesjarige meisie.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, het die kind Vrydag saam met haar maats in die straat in Burgersfort, Limpopo, gespeel toe Levy Nongoma haar glo weggelei het.

“Die meisie se ma het die gemeenskap in kennis gestel dat haar kind weg is. Die polisie is ook ontbied,” bevestig Malabi-Dzhangi.

“ʼn Soektog na die kind is van stapel gestuur. Haar skoen is ʼn paar uur later in die buurman (Nongoma) se slaapkamer gevind. Dit het die polisie na sy erf toe gelei waar haar liggaam opgespoor is.”

Nongoma is later in hegtenis geneem.

“Nongoma se borgtogaansoek is teengestaan en hy sal in aanhouding bly. Hy sal na verwagting op 1 Februarie 2022 weer in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

melaney ·

Die waarheid seëvier. Wens die doodstraf kan teruggebring word.

Elinette ·

Regtig? Die doodstraf terugbring in ‘n land waar die regstelsel duidelik “biased” is??? Sal jy nog so sê as iemand na aan jou die doodstraf opgelê word as duidelike mis-regspleging plaasgevind het?

Moedeloos ·

Nee liewer nie. Onskuldige mense sal die doodstraf kry en die boosdoeners sal nogsteds buite los loop asof niks verkeerd gedoen is nie.

Casper ·

Totaal siek verby.Wat kon daai kind hom bied wat hy nie elders by ‘n volwasse vrou kon kry nie en haar toe vermoor.Die ANC het met die afskaffing van die doodstraf nooit besef hoe lekker dit sou gaan in piesangland nie en daar is geen voorkomende maatreëls in plek om dit te stop nie.Wat hy aan daai arme kind gedoen het is in die ou bedeling as halsmisdade geag waarvoor die doodstraf opgelê sou gewees het.

Kokerboom ·

Resultaat van ‘n siek sosio-ekonomiese bestel geskep deur einste ANC

Swerwer ·

My hart gaan uit na die Mamma. Dit is en bly verskriklik dat daar soveel moord in ons land plaasvind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.