Skok en afgryse ná nedersetting op grafte

informele-nedersetting-JHB-SA

‘n Argief lugfoto van ‘n informele nedersetting in Johannesburg ter illustrasie. Foto: Falco/Pixabay.com

Die CRL-kommissie (Commission for the Promotion and Protection of the Rights of Cultural, Religious and Linguistic Communities) het Donderdag gesê hulle het ʼn skokkende en ontstellende klag uit die Vaal naby Sharpeville ontvang van ʼn informele nedersetting wat glo bo-op ‘n begraafplaas ontstaan het.

Dié nedersetting word “Hlala kwa bafileyo” – isiZulu vir “om saam met dooies te lewe” – genoem.

Thoko Mkhwanazi Xaluva, voorsitter van die kommissie, het gesê dit is skokkend en totaal onaanvaarbaar vir enigiemand om hulself onwettig tuis te maak op ʼn begraafplaas.

“Nog iets wat ontnugterend is van dié situasie is dat die nedersetting ʼn crèche het waar die kinders rondom die grafte speel asof dit speelgoed is,” het Mkhwanazi Xaluva gesê.

Volgens haar het die kommissie verskeie betrokke munisipaliteite gekontak en hulle gedwing om die nedersetting te verwyder. Sy het glo ook aan hulle gesê om hulle aan ʼn spesifieke tydlyn te verbind waarbinne die kwessie opgelos moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Mara ·

Daai mense is so bygelowig dat dit vreemd is dat hulle enigsins daar begin bly het. Ek wonder maar net wie het hulle eerstens toegelaat om te begin plak

Marius ·

Dan kan sy maar Margate in KZN ook gaan kon in 35 jaar nie na my oupa se graf gaan dieselfde het daar gebeur.

Wagter ·

“Moet binne n sekere tyd opgelos word”. Haha, ja right.. waar na toe moet hulle skuif ? Hulle is daar juis omdat daar grond aan hulle belowe was maar nooit gegee nie, so ons bly maar op grafte

Riaan ·

Hierdie is n sprekende voorbeeld van hoe afwesig die polisie in hierdie plakkerskampe is. Toe die eerste shack opgesit is,moes die polisie dit al gestop het. Hierdie is neste waar onheil broei. Maar nou ja,in die nuwe suid afrika begin wetteloosheid sommer al by chief

Toks ·

In Kimberley het onwettige diamantdelwers “zammas ” ook in begraafplaas ingetrek, sit op grafte en hang wasgoed oor grafstene

John ·

Afrika het vele gesigte en dit word slu aangewend om die gewenste uitwerking te he…

Nico K ·

En as boere enige iets op hul eie grond wil doen, dan moet hulle hoor daar is van hulle voorvadergrafte en die grond mag nie aangeraak word nie. Maar dit lyk vir my of grafte nie regtig so belangrik vir hulle is as wat hulle maak nie.

Theresa ·

Kom kyk gerus in Pretoria-Oos en ander begrafplase. Skandelik is ‘n mooiwoord.

A Mac ·

Hoekom met skok en afgryse reageer? Dis nie of iemand die mense gedwing het om daar hulle pondokkies te gaan opsit nie. Almal wat daar bly het dit uit vrye wil gedoen. Wat ek graag wil weet is waar kom hulle vandaan want iewers mos hulle voorheen gebly het voordat hulle daar gaan bly het.

Karma ·

@A Mac – die feit dat die mense daar woon – of dit nou uit vrye wil is of nie, is nie waaroor dit gaan nie. Die afgryse en skok gaan oor die feit dat die mense klaarblyklik geen respek vir die afgestorwenes en hul families het nie – deur daar te plak en met hul daaglikse lewe aan te gaan asof dit dood normaal is om tussen grafte te plak.

Fredrica Thomson ·

Hoekom is dit so afgryslik? Daar is tombs in ou kerke waarop jy loop and catacombs en vergete grafte onder baie stede . Wat dink julle gebeur met ou begrafplase wat vervalle raak in stede- die mense bou daarop! Die enigste afgryslike dink van hierdie situasie is die feit dat daar nie n beter opsie vir hulle beskikbaar is nie.

G ·

Fredrica, regtig? Daar is nie ‘n beter opsie nie? 1. Moenie vir korrupte partye stem nie. 2. Kry minder kinders en sorg goed vir die een of twee in stede van toelaat dat 5 honger ly. 3. Kry ‘n werk en hou op om als verniet te wil hê terwyl die belastingbetaler sy/haar alie af werk. 4. Hou op skole afbrand, en verbeter eerder jouself. 5. Hou op om vir Jan van Riebeeck te blameer vir als. 6. Ek kan aangaan…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.