Skok en hartseer ná dood van Olimpiese atleet

Mbulaeni Mulaudzi Foto: all-athletics.com

Mbulaeni Mulaudzi Foto: all-athletics.com

President Jacob Zuma is een van talle wat hul medelye betoon het met die Olimpiese silwermedalje-middelafstandatleet Mbulaeni Mulaudzi (34) wat Vrydag in ʼn motorongeluk oorlede is.

Een van die atleet se talle hoogtepunte was toe hy in 2004 Suid-Afrika se vlag gedra het tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Athene. Hy het tydens dié spele ʼn silwer medalje in die 800 m-baanitem gewen.

“Die nasie het ʼn ware held verloor,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Hy was een van ons mees gedissiplineerde en talentvolle atlete wat die Suid-Afrikaanse vlag hoog laat wapper het in die sportwêreld.”

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie Olimpiese Komitee (Sascoc) het gesê hy is hartseer en geskok oor Mulaudzi se onverwagse dood, en dat sy nalatenskap vir altyd sal voortleef.

Die ANC het gesê sy dood beroof SA van ʼn talentvolle atleet, en die ANC-jeugliga het gesê hy sal altyd trots bly op Mulaudzi.

Volgens Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, het die motorongeluk in Johannesburg plaasgevind toe Mulaudzi op pad was na ʼn vergadering van Atletiek Suid-Afrika (ASA). Meer besonderhede oor die ongeluk is nog nie bekend nie.

Khotso Mokoena, mede-atleet en Olimpiese silwermedalje-verspringatleet, het sy medelye op Twitter betoon: “Ek het ʼn broer, ʼn vriend, ʼn kampioen verloor! Hartseer nuus vir my siel! Ek gaan jou mis, broer! RIV…”

Hier volg meer huldeblyke wat op Twitter instroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Medelye vir n atleet deur zuma wat van medelyn aan boere se familie nadat hulle vermoor word. Maar nee dit word nie gedoen te veel gevra

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.