Skok en meegevoel met sterftes by Sibanye-Stillwater

Sibanye-Stillwater se Kloof-myn aan die verre Wes-Rand. (Foto: Sibanye-Stillwater)

Solidariteit het Dinsdag sy meegevoel betuig met die familie en naasbestaandes van die werknemers van Sibanye-Stillwater wat Vrydag in twee afsonderlike voorvalle oorlede is. Drie mense is by die Beatrix-myn in Welkom oorlede, en ʼn vierde by die Khuseleka-skag in Rustenburg.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê Solidariteit het met skok en ontsteltenis kennis geneem van die gevare waaraan mynwerkers by Sibanye-Stillwater se myne blootgestel word.

Die dodetal by Sibanye-Stillwater se myne staan tans op 15 vir die jaar.

“Dit lyk asof die veiligheid van die personeel en die voorkoming van moontlike lewensverlies nie werklik ʼn prioriteit is nie. Die houding van die maatskappy, wat ook skerp na vore kom in salarisonderhandelinge, dui daarop dat die maatskappy nie sy werknemers na waarde ag nie,” het Du Plessis gesê.

Uit die aard van die ongeluk by Welkom lyk dit asof ʼn vragmotor buite beheer geraak het en drie mense in die proses vergruis is. Dit volg op die sterfte van die ander werknemer by die Khuseleka-skag in Rustenburg, wat ook Vrydag gesterf het.

ʼn Ondersoek na die sterftes is deur David Msiza, hoofmyninspekteur van die departement van minerale hulpbronne en energie, van stapel gestuur.

Du Plessis sê Solidariteit doen ʼn beroep op Msiza om streng op te tree indien enige oortreding van die voorgeskrewe veiligheids- en gesondheidswetgewing bewys sou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Die ou storie Neil. Te veel kaders in die bestuur. They devoured you.

casper ·

Ja ne ???
Die bestuur van Sibanje het natuurlik self die trok verplig om buite beheer te raak en die manse te vergruis ne Solidariteit !!!
Ek dink julle kritiek is misplaasd en suiwer sensasioneel !!!!

B-Man ·

Stem saam. Baie keer handel die werknemer nalatig, maar die bestuur word uitgekryt as gevoelloos en onbevoeg.

Harley Davidson ·

Volgens die statistieke blyk dit dan gevaarliker om ‘n boerdery te behartig as om in ‘n myn te werk ?

Kokerboom ·

Myne en mynomgewings is inherent hoë risiko areas . Dis ‘n gegewe! Alle voorsorgmaatreels menslik moontlik moet getref word vir beveiliging. Wat nie uit oog verloor moet word is die menslike element! Met huidige arbeidsamemestelling bied dit ‘n groot uitdaging!Om eerlik te wees die grootste!. So Vakunies wees versigtig met algemene uitlatings vir populariteit..help met oplossing asb!!! SA myne van veiligste in wereld in aggenome aard van bestuur

Nico ·

Wanneer jy nie kennis het van die gevare in die mynbedryf, kry dan mense wat kennis het van die gevare. Die ondergrondse myn werker is ook baiekeer skuldig deurdat daar kanse gevat word.
Daar moet opgeleide landmeters wees om die veiligheid te bepaal en wat is die grondformasie asook myningenieurs.

Nicolaas Hendrik ·

Dit is die geoloog se werk, nie die ondergrondse surveyor (landmeter soos jy dit noem) nie ek was vir 40 jaar in die survey

Jr ·

Gun manager of engineer kan ‘n seismic bump predict of grond verhoed om te val 3000m onder grond. Doen die wiskunde van die gewig van die rots3000m bo jou kop en u wil hê hout pale en staal jacks wat maximum 30ton druk kan vat moet die hangwal moet ophou. Al wat u kan doen is soveel stutte kan insit en alles in jou vermoë doen om regte sequence te myn. n’ bump is so goed jy try om ‘n tsunami te stop met sandsakke

Jr ·

‘n Myn is van self’ n gevaarlike onnatuurlike plek om te werk. Ek as ondergrond supervisor werker vir veertig jaar was baie bewus van veiligheid. Dit elke dag konstandt gepreek. Maar dan kry jy die werkers (baie) as jy vir hom ‘n safety instruksie gee kyk hy vir jou asof jy gemors is. Dan sê hy dat hy doen die werk al jare. Maar hy vat’ n shortcut. Safety is an INDIVIDUAL STATE OF MIND. NOT A SAFETY CAMPAIGN OR POSTER OR DISCIPLINARY ACTION

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.