Skok, hartseer oor seun (10) se skielike dood

ʼn Versoek vir gebede wat deur Laerskool Kenmare op sosiale media geplaas is voor Connor Willson in die hospitaal gesterf het. (Foto: Facebook)

Die tienjarige leerder van Laerskool Kenmare in Krugersdorp wat Sondag skielik oorlede is, sal môre finaal gegroet word.

Connor Willson, ʼn gr. 4‑leerder aan die skool, is Sondag dood nadat hy met griepsimptome in die hospitaal opgeneem is. Sy dood het skokgolwe deur die Krugersdorp-gemeenskap gestuur, aangesien Connor nog enkele dae voor sy dood gesond genoeg was om landloop by die skool te oefen.

Die seun se skielike dood het vrese by ouers laat ontstaan dat hy moontlik aan die H1N1-virus, meer bekende as varkgriep, gesterf het. Die Krugersdorp News berig egter die familie het intussen die skool in kennis gestel dat Connor aan longontsteking dood is en nié aan varkgriep nie.

Die Gautengse departement van onderwys het ook gister bevestig dat geen bevestigde gevalle van varkgriep in die provinsie aangemeld is nie.

Wouter Immelman, skoolhoof van Laerskool Kenmare, het in ʼn inskrywing op sosiale media gesê Connor se dood is ʼn groot skok vir leerders en personeel by die skool. “Dit het ons as personeel in ons wese, baie diep geskok en weer laat besef dat ons mekaar moet waardeer en vertroetel terwyl ons die geleentheid het. Die kinders in ons klasse is vir ons soos ons eie, en daarom was dit vir ons so ’n groot skok om te besef dat Connor nog Donderdag landloop geoefen het, en [Sondag] oorlede is,” lui die inskrywing.

“Ons is baie hartseer saam met die familie en spreek die hoop uit dat die Here se groot liefde en genade hulle sal dra in hierdie baie hartseer tyd.”

Berading is vir Connor se klasmaats beskikbaar gestel.

Op Facebook het talle ouers en personeel boodskappe van hartseer en medelye gedeel. “Juffrou sal nooit vergeet hoe welkom jy my laat voel het in my eerste jaar as assistent by juffrou Rina nie. Jou handskrif was altyd so mooi ek onthou altyd hoe jy my gevra het ‘juffrou het ek mooi gewerk vir jou?’. Rus sag mooiste kind. My hart is sommer vandag baie, baie seer,” lui een van die inskrywings.

“Ai klein Connor ons harte is seer. Jy was altyd ʼn vriendelike seun. Jy het my altyd laat dink aan Robbie Wessels. Jou glimlag sal altyd onthou word. Rus sag by onse Vader.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Stephany ·

My hart gaan uit na hierdie pragtige seun se geliefdes.
Rus sag by Jesus seun…lekker speel in Sy tuin van liefde, vrede en goedheid!!

Aan al die ouers – Influenza virus is dieselfde as varkgriep maar versprei na longe.
Hou grooooot asseblief julle mooiste kids fyn dop.

A common viral infection that can be deadly, especially in high-risk groups. (Young children, older adults) The flu attacks the lungs, nose and throat.

Anoniem ·

Ons innige meegevoel aan klein Connor se familie, onderwysers en maats. Ons woon self in Krugersdorp en hierdie is so “close to home”, my hart krimp ineen! Inderdaad herinner dit ons om mekaar te koester en waardeer terwyl ons nog die tyd het. Aan Connor se ouers: ek weet geen menslike woorde kan troos bring nie, dat dit rou en ondraaglik seer is. Hou vas aan God en laat hom toe om jul te dra. Ek weet die hele gemeenskap hou jul in hul harte en gebede.

Minette ·

Dit is soooo verskriklik hartseer…my hart gan uit na daardie ouers…mag Jesus hulle toevou in SY liefde en genade…R.IV Klein Connor

Varkgriep bevestig ·

My innige medelye aan Connor se familie en gemeenskap.
Oneag die vermelde bevestging vanaf die onderwysdepartement, is ek bewus van verskeie bevestigde varkgriep gevalle in Centurion en Pretoria onder kleuters en laerskool kinders, my eie ingesluit.

Ra Amon Khan ·

Die firma in Vanderbijlpark waar my neef werk het totaal 14 administratiewe werkers in hul kantore…waarvan 5 afgeboek is weens varkgriep..twee is in MediVaal Hospitaal opgeneem…hoekom ontken die staat dit…val Vanderbijlpark nie meer onder Gauteng nie ?…

Danien ·

Dit is so hartseer wanneer ek hoor van n kind se afsterwe. My innige simpatie met die familie. Dit bring my weer terug by hoe ons vir mekaar moet lief wees want ons weet nie wanneer is dit ons tyd nie.

Diefie ·

Mag die Vader julle saggies en teer in Sy hand van vertroosting hou.

Connor ·

Ai boeta, al het hierdie ouma jou nie geken nie, is my hart baie seer. Ek het gisteraand gelees jy was mamma se enigste seuntjie. Wat ‘n groot eina gaan dit nie vir haar wees nie. Ons sal vir haar bid. Net Jesus kan haar seer beter maak en geen woorde van mense kan haar pyn wegvat nie. :(

Evan ·

Dit is waar, ek is van Centurion en ‘n paar kinders in my seun se skool het ook die virus. Hulle is sterk en veg dit maar agv dit kan hulle longontsteking kry.

Kwaaitjie ·

My kinders is in Krugersdorp in die skool. Ander skool en daar is heelwat gevalle van Varkgriep in hul onderskeie skole. (drie kinders in drie verskillende skole).

Rus sag Connor.

Yollie ·

Ek kan dit ook bevestig. Drie van my kollegas se kinders het varkgriep. Die Gautengse departement is simpel!

Tersia ·

Ek weet van 2 gevalle van varkgriep in Gauteng. Een in Primrose (Germiston) en een in Van dyk Park (Boksburg) altwee is bevestig met bloed toetse. So hoe se hulle daar is nie bevestigde gevalle nie?

Frm ·

Asb onthou om nie u kinders enige fisiese aktiwiteite te laat doen met griep simptome nie. Dit is nie hier die geval nie maar let asb daarop. Sterkte aan die familie en skool.

Tina du Toit ·

Dis verskriklik hartseer. My hart is in stukke oor sy geliefdes se pyn. Die Willson familie, ek bid vir julle vir krag om deur hierdie hartseer tyd te gaan en wat nog voorlê. Rus sag mooie kind.xxx

rubberbal ·

op hierdie ouderdom is die seuns op hulle oulikste, as dit my seun was sou hulle my saam hom begrawe het, jys die mooiste seuntjie en mag God jou aan sy voete sit .. sterkte mamma en pappa xx

Se maar net ·

Rus sag Connor. Sterkte aan die familie en vriende in hierdie baie hartseer tyd. Ek is self nou al 2 dae in isolasie in die hospitaal as gevolg van erge griep. Dokter se met die griep wat die rondte doen is jy aansteeklik nog voor jy simptomes toon. Moenie huiwer nie, gaan dokter toe as jy begin sleg voel en koors kry.

nannie ·

Rus sagte mooiste seun. Sterkte aan die ouers en familie.
Almal hier by ons is siek met bogenoemde simptome.

Veer ·

Ai Boeta, tannie gee ‘n stywe druk vir jou Pappa en Mamma en bid vertroosting toe vir hulle, in hierdie verskriklike tyd. Rus sag Connor:-(

Petro ·

My hartjie was seer toe ek Maandag hoor van die klein seun, sterkte aan die familie!!
Ek kan net nie verstaan hoekom hul die hele varkgriep ding wil toe smeer nie? Ons is in Krugersdorp, en het nou al omtrent van 18 gevalle gehoor waar varkgriep bevestig is. Dis mos nou beter dat mense eerder vroegtydig getoets word as hul simptome het? Rather be safe than sorry?

Summie ·

Yip, better safe than sorry- neem dus die Griepinspuiting wanneer dit die land binnekom einde Februarie/Maart van elke jaar. Dit beskerm jou ook teen Varkgriep. So maklik en goedkoop soos dit !

VG ·

Innige medelye :(

NS : wat is die spes relevansie van varkgriep hier? As jy ‘n virus / griep / koors ens onderlede het is dit ‘n risiko om te oefen en dit kan lei na hartkleplekke, ens ens, en selfs die dood.

Yankee ·

Vra net. Almal in n hoapitaal daar by julle het geen kans om weer lewend daar uit te kom. Waarom??

B ·

My innige simpatie aan die ouers, dit moet ongelooflik seer wees om ‘n kind aan die dood af te staan. My dogtertjie is net so oud soos Connor, so my hart breek in stukke.
Ons is van Randfontein, ‘n klip gooi van krugersdorp af en ek weet van kinders wat in die hospitaal opgeneem is met vark griep, dit opsig self is mos ‘n bevestigde geval. Ai die onkunde en ‘no care’ houding van die departement is skokkend.

Summie ·

Baie jammer om te hoor, dit is tragies. Net NOG ‘n rede waarom elke liewe kind en volwassene vir die Griep inspuiting behoort te gaan, want dit is die ENIGSTE vorm van beskerming teen Griep ! Wanneer gaan die mense in SA dit tog begin besef ?

Ekke ·

Ai hoe hartseer. Ons Mammas moet asseblief nie ons kinders laat oefen of aan sport deelneem terwyl hulle die geringste teken het van ‘n verkoue of iets dergliks nie. Sterkte aan almal wat deur die prag Seun se heengaan geraak word.

toy ·

Ai dit is bitter baie hartseer. My innige meegevoel aan die familie.

Ai. ·

Ag liewe Here hoekom die jonges…Mag die Here julle dra deur die swaar tyd..????

Ellen stander ·

Ek het my man en my sister binne 13 dae verloor.ook suurstof en long probleme (flu) gehad.hospitaal gese natuurlike dood.my man49 en my sister43 gewees maar.glo ni di dokters ni????

Ellen stander ·

Ek het my man en my sister binne 13 dae verloor.ook suurstof en long probleme (flu) gehad.hospitaal gese natuurlike dood.my man49 en my sister43 gewees maar.glo ni di dokters ni????

PEET AUCAMP ·

Rus sag by Jesus grootseun. Geen varkgriep in Gauteng. My dogter se seuntjie van 4 is gister positief getoets vir varkgriep. Hul woon in Krugersdorp. Waarom moet die departement dit ontken.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.