Skok, medelye ná plaasmoord in Noord-Kaap

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Kent Williamson)

Die moord op ʼn bejaarde vrou en die ernstige aanranding van haar man op ‘n plaas naby Olifantshoek in die Noord-Kaap, stuur opnuut skokgolwe deur dié rustige provinsie.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is op die spoor van twee mans nadat ʼn vrou vermoor en haar man ernstig beseer is tydens ʼn plaasaanval naby Olifantshoek in die Noord-Kaap. Die plaas is sowat 15 km buite Olifantshoek langs die N14-snelweg geleë.

“Die VF Plus spreek sy medelye uit met die oorlewende van die aanval, asook met die egpaar se naasbestaandes en vriende,” sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en provinsiale leier. “Hierdie moord laat opnuut die kalklig op die verslegtende veiligheid in plattelandse gebiede val.”

Boshoff sê volgens aanduidings was die aanvallers werknemers van die egpaar en bes moontlik buitelandse burgers.

“Die aanval vestig die aandag op verskillende sake wat in werklikheid reeds bekend is: Kwesbare mense word in aanvalle geteiken, ‘n maklik bereikbare ontsnaproete help misdadigers om weg te kom en die oënskynlike rustigheid van ‘n omgewing kan misleidend wees.”

Die VF Plus weerhou hom van verdere kommentaar totdat meer besonderhede bekend is. “Verklarings wat op valse inligting gegrond is, kan soms meer doen om gemoedere op te jaag as wat dit help om toekomstige aanvalle te voorkom.”

Reinette Liebenberg, die DA se provinsiale woordvoerder oor landbou, sê die DA veroordeel ook die gewelddadige aanval ten sterkste.

“Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer. Moord en gewelddadige misdade neem toe en hierdie skokkende aanval is ʼn verdere simptoom van ʼn Suid-Afrikaanse Polisiediens wat steier onder polisieminister Bheki Cele.”

Liebenberg sê ons plaasgemeenskappe bly uiters kwesbaar. “Omdat die SAPD ʼn absolute gebrek aan kapasiteit het en dus nie hierdie gemeenskappe kan beskerm nie, is dit noodsaaklik dat landelike veiligheidseenhede baie dringend weer aangestel moet word.”

Die DA betuig sy innige meegevoel met die familie en sal die man so vinnig as moontlik in die hospitaal besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

007 ·

Wonder of Hoed en sy trawante daar gaan opdaag en beloftes maak? Jammer vir die Oom, Tannie nou kan u rus en vrede hê by Ons Hemelse Vader. Sterkte aan al die familie en vriende. My hart bloei vir julle.

annie ·

Hierdie is weereens ‘n bewys dat Afrikaner-boere goeie verhoudinge met hul werkers probeer handhaaf en vertrou met hul lewens. Miskien het ons ‘n oordrewe gevoel van medemenslikheid ontwikkel. Dieselfde gevoel van veiligheid moet heers so asof jy alleen deur Hillbrow teen middernag móét stap; vriendelik en ontspanne dog dodelik paraat. Jou eie naaste verander soms skielik in ‘n Judas, wat nog blote werkers.

Harley Davidson ·

Almal veroordeel dit maar ek sien nie dat hulle daadwerkliks iets daaraan doen nie ,Afriforum het steun gaan werf oorsee en die ANC verklaar by die wêreld hof maar Afriforum is nie ‘n politieke party wat my stem soek nie.

Christine ·

Afriforum is nie ‘n politieke party nie. Slegs ‘n burgerregte organisasie wat veg vir reg en geregtigheid.

Yvonne ·

My hart gaan uit na elkeen wat n slagoffer van geweld is…..so bitter tragies

Johan ·

Ons kon niks meer verwag nie. Dit kan ook nie beter gaan nie.

Kokerboom ·

‘n Nasionale geintergreerde veiligheids/arbeidsplan dringend nodig vir ALLE plase landswyd. Ek ry gereeld die N14 van Pta na Namibië en opmerklik is groot hoeveelheid plase teen hoofweë sonder visuele beskerming aangesien die paaie maklike wegkomskans bied. Dit bied groot rede tot bekommernis

Maan&Sterrekind ·

Kommer wekkend hoeveel boere nou nog moet sterf oor hande wat juk om ander skade te berokken.
Die jeug van vandag wil nie meer boere word nie, want hulle is bang vir die onbekende en ook oor hulle gesinne wat in die toekoms mag deel word van die plaas. Ons as mens se lewe is nie meer n pennie werd nie. Word onnodig dood gemaak.

Ongelukkig ken ek die familie wat deur die trauma moet gaan. Alle sterkte aan die Tannie en Oom se Kinders en Kleinkinders. Ons kan net vir julle bid.

MAG GEREGTIGHEID GESKIET

Nico ·

Ja, hoeveel boere nog, net jammer die tannie en die oom het nie daarvoor gevra nie.

Veronika ·

Ag genade tog tot nou toe was ons plase nog veilig! Nou dit , nou worry mens jou weer vrek !!

Swerwer ·

En so skitter Lord omgedraai in sy afwesigheid met geen kommentaar op die moord nie. Met elke aanval en moord op ons boere voel dit of daar ‘n dolk deur my hart gedruk word. Dit is ons mense en absoluut niks gebeur nie. Kan ons nie maar ons eie “Sekuriteits Firma” vorm en saam met Soldariteit ‘n eenheid vorm en optrede begin nie. Die feit dat 1000de SAP Lede nie hul bevoegdheid om ‘n wapen te hanteer geslaag het nie verduidelik waarom dit so in ons land gaan. Ons wat in die Weermag was en opleiding voltooi het, kan ‘n gedugte span maak saam met Solidariteit en Agriforum om ons boere te beskerm teen Lord omgedraai se kader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.