Skok ná aanvallers student verkrag, vir dood agterlaat

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het Dinsdag sy skok uitgespreek nadat een van sy vroulike tweedejaar studente die afgelope naweek wreed aangeval, verkrag en naby Schoenmakerskop in Port Elizabeth vir die dood agtergelaat is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die student het by ʼn kuierplek in Parlementstraat in die middestad van Port Elizabeth gekuier en het laat die aand na buite gestap om na haar vriende te soek.

“Daar het sy ʼn man raakgeloop wat sy geken het en hy het haar glo gedwing om saam met hom in die motor te klim. Hy het haar na ʼn woonstel in Walmer geneem, waar hy probeer het om met haar omgang te hê, maar sy het geweier,” het Janse van Rensburg gesê. “Hy het daarna twee van sy vriende gebel om haar te kom haal en sy was onder die indruk dat hulle haar sou huis toe neem.”

Volgens Janse van Rensburg het die twee vriende haar egter nie huis toe geneem nie, maar met haar na Victoriaweg gery en daar afgedraai na ʼn beboste gebied. “Hulle het haar verkrag en probeer om haar te skiet, maar die vuurwapen het vasgesteek. Daarna het hulle haar erg aangerand en daar in die bosse agtergelaat.”

Sy het gesê die student was ernstig beseer, maar moes noodgedwonge deur die bosse terug strompel na Victoriaweg waar ʼn lid van die publiek haar gevind het.

Die NMMU het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die universiteit veroordeel die voorval ten sterkste en sal voortgaan met veldtogte om geweld teenoor weerlose groepe stop te sit.

Die aanval op die student kom enkele maande nadat Thambani Ngwekazi (28) en sy 21-jarige vriendin, albei NMMU-studente, op 13 Augustus in Noordeinde deur gewapende mans oorval is. Die aanvallers het die paartjie in die kattebak van die motor gedwing en met hulle na ʼn strand gery, waar hulle die vrou glo verkrag en Ngwekazi ʼn paar meter van die motor doodgeskiet het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henk Brand ·

Ongelooflik! Verkrag en skiet sommer dood so asof dit die natuurlikste dinge is om te doen.

Jaques ·

Dis mos maklik om dan weg te kom me die “plesiertjie”. Ons land se polisie stelsel is in sulke gaos dat hulle weet die kans is grooter dat hulle gaan wegkom met hulle misdryf wanneer jy doodmaak nadat jy klaar is, as wat jy gevang sal word.
Ek wonder, het ons nog ooit ordentlike forensiese personeel in ons liewe SAPS

Susan ·

‘n Student wat ontvoer en verkrag is. Skors diegene wat hul nie kan gedra op die Kampus nie. Kry boewe uit die sisteem uit. Maar nee, die wat NIE WIL leer nie, se alies word blink gelek om die wat WIL, ‘n kans te gee. Die hele kampus-sage is om van naar te word!

LB S ·

Klink net soos die geval van Alison 1996, dieselfde omgewing.
Mag sy gou herstel en die boewe vir baie lank uit die samelewing verwyder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.