Skok ná dood van driejarige meisie

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Die land is vandeesweek geruk deur die dood van ‘n driejarige dogtertjie van Noordwes, wat na bewering deur haar stiefpa vermoor is.

Kobus Koekemoer is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die moord op sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe.

Kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het Saterdag aan Maroela Media bevestig Koekemoer het Vrydag in die hof verskyn. “Hy is Woensdagaand in sy huis in hegtenis geneem,” het sy gesê. “Hy staan tereg op aanklag van moord op sy stiefdogter.”

Makau het bevestig die gesin woon op ʼn plaas in Mamogaleskraal in Brits, op die Letlhabile-pad.

Koekemoer moet op 3 November weer in die landdroshof in Brits verskyn waar hy na verwagting sal aansoek doen om borgtog. Hy bly in aanhouding.

Makau het verduidelik Poppie is Dinsdagaand na ʼn hospitaal geneem en sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Sy kon nie Poppie se beserings bevestig nie.

Louisa Koekemoer, Poppie se ma, was baie emosioneel toe sy met Maroela Media gepraat het. Sy het gesê daar is talle gerugte op Facebook, maar dit is alles hoorsê. “Die waarheid moet uitkom, maar dit moet op die regte manier uitkom. Mense moet die polisie toelaat om hul ondersoek te doen.” Sy het gesê sy voel emosioneel gebreek. “Ek het al my kinders lief. Ek sal hulle nooit leed aandoen nie. Mense weet nie hoe dit is as jy nie eers in iemand anders se skoene gestaan het nie.”

Sy wou nie verdere inligting bekend maak nie. “Die polisie het gevra ek moet met niemand praat nie, omdat die ondersoek nog voortduur.”

Die gesin het vroeër in Orania in die Noord-Kaap gewoon. Maroela Media verneem ʼn buurman van die Koekemoers het in Augustus 2016 in ʼn polisieverklaring aangevoer daar was gereeld ʼn bakleiery by die huis. Hy was van mening die kinders is onnodig gedissiplineer. “Die hoeveelheid houe vir kinders van daardie ouderdom was onvanpas,” het hy in die verklaring geskryf. Hy beweer ook in die verklaring hy het een dag gesien hoe die verdagte Poppie en haar broer moedswillig met ʼn tuinslang natspuit, en hulle het later sopnat in die koue moes bly sit.

Die buurman het ook ander bewerings van mishandeling gemaak. Hy het die saak glo by die maatskaplike raad aangemeld, maar niemand het na bewering betyds op sy waarskuwing reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

118 Kommentare

Elize ·

Dit maak my siek, die saak is aangemeld en niemand het reageer nie? Iemand wat ek ken, van Rustenburg het haar 2 kinders amper verloor as gevolg van drugs, sy is al 2 en half jaar skoon na baie hel, en word daagliks gehunt deur die welsyn, as die kind n merk op het word sy gedreig, en sy is die beste mamma ooit. Hoekom is daar nie reageer op die kind se klagte nie.

Karin ·

Suid-Afrika het hierdie onskuldige kind in die steek gelaat….burokratiese sisteme wat nie werk nie!!!!!! Aan die ma en pa…..julle dag van afrekening sal kom….God het jou mevrou met n pragtige dogtertjie (en seuntjie) geseen…..jy het haar en God gefaal……

Kitty v Heerden ·

Iemand,,,,,is verantwoordelik vir haar dood,,,
Dit is nie net n geval van sommer nie,,,,
Dit moet stop gesit word,,,,,,so onnodig,,,,,siek wereld,,,,,,,

Bonnie poysden ·

The system failed tgis precious little girl…it was reported yet nothing was done.My heart aches for what she must have gone through ..look at thise eyes they tell a sad story ..oh this is terible ….

annoniem ·

Kan elke dorpie en dorp en stad nie asb. n groep stig wat vir kinderregte veg nie.
Ons is 7 vrouens in ons dorp – wat ook eers gewag het vir n gewelddadige moord op `n kind en toe begin optree het…. ons almal werk voltyds, het mans en kinders maar maak tyd om skole te besoek, kinders bewus te maak van gevare, stille demonstrasies by die hof hou as die beskuldigdes voorkom, pannekoek verkoop om te betaal vir privaat sielkundige dienste vir kinders wat dit nie kan bekostig nie, elke hofsaak by te woon waar die beskuldigdes voorkom, al is dit 200 km heen en weer op eie onkoste en gaan wys ons is daar en volg die sake op….. na 2 jaar werp dit vrugte af…… ons het direkte kontakte by Justisie Departemente en ons het n verskil begin maak……… ons kontak direk met welsynswerkers en le op hulle nekke as hulle nie kinder sake eerste prioriteit gee nie ….. net 7 vrouens in elke dorpie asb !!!!!!

theresa landy ·

Dis aaklig dat so iets aan n kind gedoen kan word dit sal my van my kop af dryf sterkte aan die famielie mag God alleen die besluit neem hier Amen (Rus in vrede prinses jy’s nou veilig by Jesus

Mariana Grobler ·

Eerstens…baie dankie buurman. Jyt jou medemenslike pligte nagekom. Wat beteken die woord/term MA??? Dit beteken veiligheid, voeding, kleding, gesondheid, en beskerming. Die dag wanneer jy n ma word sterf jou sosisle lewe. Jy word n toegewyde moeder. Jou kinders kom eerste. Jy laat nie toe dat hulle geboelie word nie. Jy laat niemand jou kinders dissiplineer nie. Niemand het die reg om aan jou kind te slaan nie. Ek is God se kind en ek mag nie oordeel nie. Dis baie moeilik op die staduim. Maar ons dien n regverdige God en Hy sal die oorderl vel wanneer die bepaalde tyd kom. Ek voel ook die ma moet ondersoek word. Sy het haar pragtige klein dogtertjie gefaal. Maar sy moet met haar gewete saamleef. Die man moet maar vat wat na sy ksnt toe kom. Wat gaan met die mense die laaste tyd. N man het verlede week n 6 weke oue baba se stembande uitgeruk omdat hy gehuil het. Vanoggend was daar weer n artikel oor n 3 jarige kind wat aangerand is deur mense wat haar moes oppas. Sy is vol kneus merke met n gebreekte neus en gekneusde ribbes. Die Bybel praat hiervan. Mensies ons moet ons voorberei. Ons leef in die laaste dae. Gaan lees Openbaring. Geseende dag verder

Estelle ·

Hoekom moet kinders altyd die prys betaal van ouers wat nie naam van ouer werd is nie!! Dit breek my hart, dis die pragtigste dogtertjie !

Isobel ·

Amen!!!!! En nogmaals AMEN.
Daar is net een oplossing wat vir sulke wreedaards kan werk en dit is dat Die DOODSTRAF TERUGGEBRING MOET WORD!!
Rus sag Klein Poppie “Engelkindtjie” Rus Sag.

Adore ·

Ek is net bekommerd oor di boetie! Waar is hy op di stadium en watter stappe word gevolg om seker te maak dieselfde ding gebeur nie met hom nie???

Stephanie Smith ·

Ek kan net sê die saak van Poppie gaan baie ver terug. Hierdie gesin het in Langebaan in die Weskus ook geplak (beide ouers wou nie regtig werk nie)… Baie besorgde mense het bv vir die vrou en man werkies aangebied (vir akkommodasie en dalk nie so groot salaris nis) maar dit was nie goed genoeg vir hulle nie. Die gemeenskap was ook bekommerd oor die vrou se ouer dogter (waar is die kind en wat het van haar geword en wat se voorbeeld het haar ouers vir haar gestel) sy het net nie skool gegaan nie en almal was bekommerd. Hulle is hier weg en het iewers in die Noord-Kaap ‘n rukkie gaan bly voor hulle Orania toe is, en van daar dink ek Brits toe of Pretoria toe… Die Pa en Ma wou nie sommer enige werk doen om sodoende ‘n stabiele lewe vir hul kinders te verseker nie… Nee in my opinie is daar baie vrae en alles moet maar ondersoek word.

Marinda Hattingh ·

Laat ons almal hierdie buurman se goeie voorbeeld navolg. So dikwels verkies mense om nie betrokke te raak nie, en hulle is dan mede-aandadig. Ten minste het hy ñ skoon gewete.

Cel ·

Ja…
Hopenlik word die ander arme kind ook nou weggeraak. Sal baie hartseer wees vir seuntjie, maar kan verskriklik eindig…?

Cheryl Jacobs ·

Ek wil so graag se wat ek met hierdie mense wil doen, maar ek sal seker toegesluit word….. Ek wil daai seuntjie gaan haal, en vir hom die beste lewe ooit gee. Ek sou jou ook wou gaan haal het Poppie lief. Maar Jesus het my een voorgespring. Ek is seker Hy bederf jou nou so, dat jy nie eers weet watter aaklige lewetjie jy hier gehad het nie….Ek ken jou nie eers nie, maar dit voel of n stuk van my hart uit geruk is. Dit pyn letterlik vir jou. Jy is pragtig. Dankie Jesus dat U haar gered het. xxx

Anna Magrietha Chambeau ·

Ek stem sy is in die arms van Jesus Christus sy het nie meer pyn of verdriet nie sy is nou veilig my seun John het op die oudedom van 5 in koma gegaan hulle het kom 48 uur grgee om by te kom of hy sterf my kind het wakker geword en my vertel ht het op Jesus se skoot gesit en my lans sy bed gesien Jesus het hom gese hy moet eers my sy Ma help vir dit wat vir my voor le my kind se daar was baie kinders in due tuin by Jesus en almal het gespeel en gelag Sy is nou in daardie tuin saam Jesus gaan haal die klein seuntjie gee vir hom ook `n tuin om in te speel en baie liefde hy is stukkend en bang

Carin ·

Ai tog. Selfs op hierdie foto lyk sy siels ongelukkig. Die arme kind.

Christa ·

Die dogtertjie is deur haar Ma,familie,gemeenskap,SAPD en die Maatskaplike dienste in die steek gelaat. Sy het deur die sogenaamde sisteem geval. Dis opvallend dat die Ma sommer so vroeg al die uitlating maak dat niemand in haar skoene staan nie…As mens na die foto van die mensie kyk sien mens die absolute verslaentheid en moedeloosheid aan haar mondhoeke pluk. Van haar ogies wil ek nie eers praat nie. Ek huil sommer in my hande. Ek bly positief dat die gereg sy pad sal loop,stadig maar seker en hoop dat Ma as medepligtig aangekla sal word..maar die “skuldiges” hier is die Maatskaplike dienste wat duidelik nie in die “Poppie” se beste belang opgetree het nie.

MW ·

Mense, julle het nie ‘n idee van hoe oorlaai ons maatskaplike werker is nie….nie ‘n idee nie. Maar as ek kyk na sommige van die starts maatskaplike werker, sê ek liewer niks. Hulle is treurig (meeste) en kry amper dubbel die ander van bv BADISA en ACVV.

oumie ·

Ek sê altyd ek het my kinders gevoel kom en ek het jou gesien kom Ek sal jou verwoes soos n leeuwyfie haar kleintjies beskerm so sal ek jou uitmekaar skeur vat aan my kinders dan vat jy aan my so ook vir my kleinkinders en ja ek veroordeel die sogenaamde MA ook daar is hulp en uitkomkans in sulke omstandighede ek is nou woedend RIP Klein engeltjie

Christa ·

Wou nog byvoeg dat net die Buurman wat die aanmelding gedoen het rustig kan slaap en n’ klop op die skouer verdien. Dankie Mnr dat jy die stem was vir n’ dogtertjie wat haarself nie kon beskerm nie. U het gedoen wat u moes…net jammer die res het jammerlik gefaal.

Carolina ·

So pragtig, Klein en onskuldig. My skat ek bid dat geregtigheid sal geskied. Jy het dit nie verdien nie.

Aster ·

Ek voel skoon siek! Dis die pragtigste dogtertjie. Weet net God slaap nie en sal met hom afreken!

Malitza ·

Mooie Kind.. Onthou liewe kind, jou siel het n regte pa en daardie pa sal nou sorg… Ongeag die “waarheid, ongeag wie jou dood veroorsaak het en wie nou onskuldig pleit”, die Lewe slaap nie, en die wiel draai altyd. Ek hoop nou jou gehuil en gesmeek in die aande en in die dag, word nou ondersoek en dat jy kon help dat jou boetie en die ander kinders gered kan word.. Rus sag

Ronnie ·

Maar Meraai, as jy dink die kinders is onseker en bang by die huis, weerspreek jy mos nou jouself?

Goggaq ·

Lyk my dis n manier om in die nuus te kom en ons ander se bloeddruk te laat styg !!! N saak waar ons niks aan kan doen maar God slaap nie

Ronnie ·

Daar is so baie paartjies wat baie graag kinders wil hê. Aan die ander kant is daar so baie ouers wat graag baie kinders het, maar na wie hulle nie kan omsien nie. Hoe kan jy ‘n kind wat weerloos, afhanklik en jou totaal vertrou, doodmaak? Komaan, jy is nie ‘n hero as jy dit kan doen nie! Dalene Matthee het in “Fiela se Kind” gesê dat die Here jou baie dinge vergewe, maar nie maklik die onreg wat daar aan kinders gedoen word nie.

McK ·

Mooiste meisiekind. Kyk hie rooi gehuil is dastdie ogies – ‘n toonbeeld van n baie ongelukkige kindjie. Jammer kleine skattebol dat jy nie die ouerliefde ontvang het wat jou toegekom het nie. ;-(

Drieka ·

Die waarheid sal uitkom? Hoekom het jy oornag uit Orania verdwyn toe die Orania Maatskaplike Raad op die punt was om die kinders weg te neem?

Annemie ·

Die ma moet in hegtenis geneem word vir nalatigheid en die stiefpa moet lewenslange tronkstraf kry vir moord. Dis uiters siek. Laat elke ma dit nou hoor, as jy by ‘n man bly wat jou kinders mishandel is jy net so skuldig!

Enid ·

My hart is stukkend , my trane kan ek nie keer. Ek is self ‘n ma en wanneer my kind val of seerkry voel ek dit saam met haar. Poppie se ogies ogies wys dan hartseer, as ‘n moeder moet jy dan jou kinders beskerm. Sy het deur gemaak wat sy nie onderstel was om deur te maak , maar God het haar kom haal want Hy kon nie langer toelaat dat dit met sy engel gebeur nie.

Gerda ·

Is nes die geval soos met die liewe seuntjie Anthony Erasmus. Sy ma 15 jaar gekry en ha bf ek dink 8 jaar!!!!!! Ons feil ons liewe kinders.

Alma Kruger ·

Ek stem saam met jou sy lyk siels ongelukkig arme klein mensie dat,’n mamma wat veronderstel om vir jou lief te wees sal toe laat dat ‘n monster wat groot en sterk is jou mis handel……hoe kry jy dit oor jou moeder hart he mamma?????????

gerhard ·

My hart bloei ook vir die pragtige kind,waar was die kind se eie pa of was hy maar te bly n ander man maak sy kind groot. G)

Adele ·

Daar is’n gesegdewat wat lui:for evil to prosper you need good men to do nothing
Poppie van der Merwe sé wrede dood het die land aan die praat (ek self sal hierdie stiefpa met bitter baie pyn die ewigheid in wil help) en almal spreek opinies uit, maar hoeveel van ons is bereid om daadwerklik betrokke te wees? Hoeveel gaan veel meer doen as praat? Dit is so maklik om ons gewetes te sus en te sê ek gee my tiende vir die kerk en die karwag of beddelaar by die verkeersligte kry ‘n geldjie Mense raak betrokke in jou gemeenskap, jy maak ‘n daadwerklik verskil in so ‘n kind se lewe Glo my dis harde werk en baie moeilike omstandighede, maar aan die einde van die dag maak jy ‘n verskil in ‘n kind se lewe en belê elkeen van ons in ons jeug Dis geen maklike pad om te stap nie, daar is emosionele en finansiële uitdagings op hierdie onbekende reis, maar aan die einde van die dag is dit met baie liefde en tonne begrip wat jy ‘n stukkende klein mensie weer aan mekaar sit.

Elna ·

Sulke mense hoort nie in die samelewing nie..
Daar is baie “Godvresende” mense, mense wat met die Bybel onder die arm loop, wat hul skuldig maak aan vroue en kindermishandeling, fisies en emosioneel. Dit maak my siek!

elsa vorster ·

Dit is onaanvaarbaar dat so kleine mensie die tol moet betaal agv slegte ouers ek hoop hulle word swaar gestraf

Cherokee ·

Ek is nie so seker daarvan dat die buurman nie meer kon doen nie. Ek sê nie hy kon meer doen nie maar wonder wel. Was dit ‘n geval van ‘n oproep of twee maak en dan agteroor sit en hoop daar word reageer? Ek beskuldig hom nie maar vra myself af waarom hy nie byvoorbeeld nat kinders uit koue kon gaan haal nie. Waarom hy op maatskaplike werkers vertrou het terwyl hy polisiestasie toe kon ry en kon aandring dat ‘n polisieman daardie huis besoek. Of was dit ‘n geval van “maar moet asseblief nie sê dat ek so gesê het nie’? Of dalk ‘n anonieme oproep? Terwille van vrede met die bure?

Askies dat ek vrae het buurman, maar ek is geskok soos die ander en as jy werklik jou bes probeer het, dankie daarvoor. Diè tipe vrae ontstaan wanneer mens wonder wat gedoen kon word om dit te voorkom. En of almal gedoen het wat hulle kòn doen. En of dit net ‘n oproep na ‘n maatskaplike werker was en toe daar nie opgevolg is nie, maak dit ook nie saak nie.

Vrouens, doen asseblief jul eie ding. Wees onafhanklik. Moet nooit ooit so afhanklik wees van ‘n mansmens dat jy moet verdra terwille van verblyf.

Nelina ·

Die land se siek stelsel redeneer, “ouerleiding” is die oplossing, en intussen bly die kind by die varke!!!!! Hoeveel kinders moet NOG so wreed sterf?????

Phia ·

Ek verstaan nie sulke dinge nie! Dit terwyl ek en my man na n kibd van ons eie smag!

TM ·

Ja stiefpa, terwyl jy daardie klein mensie seermaak voel jy seker verskriklik groot en sterk of hoe? Hoekom as jy woede het gaan soek jy nie iemand van jou eie grote en ouderdom nie? Ek sal jou sê hoekom, want jy is swak en pateties. ‘n Ware man beheer sy woede en sal soos ‘n man sy swakheid erken en dit uitpraat. ‘n Ware man sal sy familie beskerm maak nie saak wat nie. ‘n Ware man vee trane af, hy veroorsaak dit nie. ‘n Ware man maak nie seer nie, hy maak heel. Ek as ‘n man is geskok oor jou optrede.

morgan ·

TM, ek wens daar was meer mans wat dink soos jy Dan sou die lewe baie beter wees !!

Peter ·

Ai so sad ek lees sy is nou veilig in Jesus se hande, hoekom laat Hy dan toe dat hierdie onskuldige klein mensie so mishandle geword het todat sy DOOD is vra maar net

isabell ·

Poppie se MA … WAAR WAS JY ….. toe jy Poppie moes beskerm het …. sekerlik baienader as die buurman … wat die opoffering gemaak het terwille van Poppie. WAAR WAS JY??????

Liezl ·

Ek wonder ook maar waar was die ma, maar ek kom uit iets soortgelyks uit. En dikwels sal die man die vrou slaan en vir haar dreig met die dood. Toe my ma die man wil skei, toe sal hy sê jy sorg dat jy by my kom voor jy ‘n bloedbad voor die skool sien. Gelukkig is ons veilig anderkant uit. Geen kind verdien dit nie en ek het die man vergewe, maar hy verdien nie om kinders te hê nie….hy het drie! Ek verstaan regtig nie dat kinders onder geweld moet buig nie. Ek is sooo jammer vir jou, Poppie. Mag iets goed hieruit kom, mag meer kinders hul mond oopmaak en praat en mag meer mense se oë oopgaan en noodkrete hoor en iets doen.

Esme ·

Ek was ook in so situasie en het self die Kinderbeskermingseenheid geskakel en so ook die laerskool waar my kinders meer as 21jaar gelede skoolgegaan het om die die saak aan te meld teen my eks-man aangesien sy manier van kinders dissiplineer glad nie ooreengestem het met myne of die Wet nie….ek moes ingryp want my kinders was maar 8 en 10jaar oud en ek wou nie as medepligtige aangekla word omdat ek niks doen aangaande die aangeleentheid nie

Heidi Muller ·

Elke land is verplig om sy burgers te beskerm. Om dit te kan doen moet die landswette van so ‘n aard wees dat dadelik opegtree kan word. Ek ken nie die wette en regulasies tov kinders, vrouens en selfs ook mans wat “abuse” word nie. Daar is ‘n te kort aan welsynwerkers en goeie opgeleide polisie. Hierdie geval is ongelooflik hartseer. Ongelukkig is daar seer sekerlik menigte ander kinders en selfs volwassenes op die oomblik wat ook hulp nodig het. Ons moet die maatskaplike werkers en polisie meer betaal om kwaliteit mense asook meer mense in hierdie beroepe te kry. Meeste mense het nie vertroue in ons regstelsel nie – kom ons bid dat daar in hierdie geval vir die pragtige dogtertjie geregtigheid sal geskied en dat haar boetie ‘n veilige hawe sal kry.

Charmaine ·

Ek hull oor jou klein Poppie,rus sag in Jesus se arms.Hoop jou stiefpa kry sy verdiende loon.

GES ·

Dit is baie baie tragies. Ek hoop maar net geregtigheid sal geskied.

Violet ·

Kleine Poppie ek ken jou nie, maar voel jy is so deel van my, soos die trane loop mag jy nou veilig langs jou Pappa se voete sit en weet Hy los jou nooit en by Hom is jy veilig, rus sag kleine liefling Poppie

Jonell ·

Ons innige simpatie met die biologiese pa en sy familie. Mag geregtigheid geskied met die mense wat die kindertjies so vernietig het

Hendrik ·

Die biologiese pa moet ook aangekla word vir kindervwaarlosing. As hy gereeld gaan kyk het hoe dit met sy kinders gaan sou dit nie gebeur het nie!

valdy ·

Hy kon nie, hulle het so rond getrek dat hy later nie meer geweet het waar hulle is nie.maar hy moes onderhoud betaal..

Sara ·

Ek sê dankie aan die buurman. As hy nie die verklaring gaan aflê het en gepraat het daaroor nie sou die goed nie nou uitgekom het nie. So dankie Mnr. Rus sag Poppie jy is in ‘n beter wereld. Net erg bekommerd oor jou Boetie

Justice ·

Nou is daar sekere regslui wat hul siel sal verkoop om hierdie vark te verdedig om sy kant van die saak te stel as die verontregte met al die tegniese skuiwergate moontlik.

Gideon ·

Jy is reg. Die wereld het ‘n ‘Criminal Justice System’. Daar is dus ‘geregtigheid’ vir die krimineel, maar nie vir die slagoffer nie. Feitlik al die fokus in enige hofsaak is op die aangeklaagde, en amper geen op die slagoffer nie!

peanut ·

Net ons Vader ken die mamma se ware omstandighede.
Toe ek kind was het my pa my ma vuis voos getimmer, dat sy alle lewensvreugde verloor het, selfs die krag om hom te los. Eers toe ek matriek agter die rug het, het ons oudste kinders haar gedreig dat sy ons nooit weer sou sien as sy hom nie skei.
Goddank is nie een van ons voortydig sood, maar dit was gereeld baie amper.
Si n wag voor jou mond, en moenie klippe gooi. Ek het begrip vir die mama se dilemma, was self daar.
My hart gaan uit na al die partye wat geraak word, ook die boeties en sussies wat nog daar is. Mag Abba Vader julle almal in Sy Vrede en Liefde toevou en beskerm teen al die klippe en klappe van ander, ook van sogenaamde christene.

Mike ·

Ag nee regtig Peanut wat n flou verskoning. Daar is geen rede dat enige ware ma haar kinders aan so iets sal blootstel nie. Maar sulke ma’s doen dit soms om by so man te bly om finansiële redes of uit n kwansuise liefde vir so man ten koste van haar kinders. Patetiese verskoning.

Sproeitjies ·

Ek stem saam jou Mike, dis ‘n baie swak verskoning. Ek was as kind ook in ‘n huis waar my ma deur hel gegaan het met my pa, sy het alles in haar vermoë gedoen om ons te beskerm, al beteken dit dat ons almal op straat sou sit, sou sy dit steeds doen. Die polisie het bevestig dat as my ma nie met ons gaan weg kom nie, gaan hulle ons in body bags weg dra! Dis om van siek te word. Vandag is ek getroud met die wonderlikste man in die wereld. As dit nie vir my ma was nie, sou ek nie eers vandag kon sien nie! Ons gooi nie klippe of klappe rond nie en dit maak nie van ons “sogenaamde” Christene nie, ons IS christene, kinders van God, en ja net Hy alleen weet wat waarlik gebeur het, maar dit maak nie van ons minder christen kinders nie. Daardie ma moes haar dogtertjie beskerm, PUNT!!!!!

Andri ·

As ek oo iemand afkom wat n kind aanrand gaan hy verseker tweede kom en geeneen sou my keer om daai kind te gaan haal uit die koue of selfs die vark te gaan stop. Ek is n vrou maar hel ek sal hom verskeur!!!!

Gerda ·

Ai, kinders is n wonderlike geskenk van bo! As jy die titel “ma” wil dra, dan beteken dit dat jy jou kinders onder alle omstandighede moet beskerm!!! Jy het so n pragtige dogtertjie in die lewe gebring, maar jy het haar bitterlik lelik gefaal, jy en die res wat kon gekeer het dat so n tragedie gebeur het!!! Ek glo die ma moet ook aan gekla word, daar is geen verskoning vir haar wat dit sien gebeur het nie, want daar is hulp daar buite wat kon help, en ek praat nou nie net van welsynwerkers nie. RIV, klein dogtertjie, jy vlieg nou saam met die engeltjies en het geen pyn en vrees meer nie! Liewe Jesus het jou gered.

M ·

Daar is SOVEEL mense met die grootste hartsbegeerte om hulle eie kindertjies te he maar wat nie kan kinders kry nie.. Die verkeerde mense sukkel nooit om kinders te he nie maar is nie werd om ouers genoem te word nie. ?

Magdalena ·

Ek sal ook graag dieselfde inligting as Melissa wil he, rakende die wet op kindermishandeling, veral as die welsyn bewus was van die mishandelings.

Alida ·

Ek wil net weet wat moet ‘n driejarige poplap so verkeerd doen dat sy die doodstraf daarvoor verdien? Mag almal wat haar gefaal het gestraf word.

Oom Walker ·

Ek vind dit nogal vreemd dat so baie mense skynbaar baie meer weet van die saak as wat ons in die berig lees. Of is dit meeste maar net blote bespiegelings?

TM ·

‘n Kind is dood en nie aan natuurlike oorsake nie. Dis genoeg om te weet.

Alma Kruger ·

Word wakker oom die verklaring wat aan die Sap gemaak was is op faceboook

Johan ·

Ek wil net Maroela bedank dat julle soveel meer moeite gedoen het om meer korekte name en so te gebruik in die berig. Net vrek jammer dat belangrike kommertaar nie geplaas word nie, of verwyder word., al is dit in lyn met jul “bepalings en voorwaardes”. Nogmaals dank aan julle.

abel ·

Mooiste poppie. Rus in Vrede by liewe Jesus sussie, NIEMAND gaan jou meer seermaak nie….. Dis sooo hartseer, bid dat geregtigheid sal geskied.

Harry ·

Lafaard. Dis so hartseer dat party vroue nie besef wat die stiefpa aan hulle kinders doen nie. Veral in so n geval. Regtigwaar n lafaard, wil iemand seer maak maar het nie die “guts” on sy eie kaliber te veg nie so moet iemand seermaak wat nie die krag het om terug te baklei nie..

Kriek ·

Ek het die buurman se geskrewe brief op fb gelees en daar is GEEN manier dat die ma onbewus van die mishandeling was nie. Die woorde wat sy volgens die buurman, die kinders toegevoeg het na die natspuit-episode, het my geskok en gewalg. Die geweld wat hy beskryf het, is hartverskeurend. Sy is skuldig! Nog meer as die stiefpa, want sy moes haar kinders beskerm het, maak nie saak watter skoene sy in loop nie! Rip engel-Poppie, soooo hartseer!

Thea Gerber ·

Alle kindertjies verdien om ouers te he, maar alle ouers verdien nie om kinders te he nie.

Aloma Pretorius ·

Ai hoe verskriklik tragies, so ‘n klein mensie wat haarself nie eens kon verdedig het nie, en dit teen die mense wat haar eintlik moes beskerm het, drie van my dogters en skoondogter, weet ek, sou wat wou gee om so ‘n klein engeltjie te kon he!

Annemarie ·

Kan ek voorstel dat 9ns op 3 November wanneer die pa in die hof moet verskyn, PIENK dra om ons ondersteuning en hartseer aan klein POPPIE te wys! Sy weet dit nie en dit gaan haar nie terug bring! Maar bogenoemde kommentare wys tog ons mense gee nog om!

Driekie ·

Ek stem saam kom ons dra pienk op daardie dag sy was n pragtige kind maar sys nou by ha Hemelse Pappa wat haar beskerm en lief het die Here slaap nie geregtigheid sal geskied

Lize ·

Ek is geskok en teleurgesteld. Soveel van die komentaar stem ek mee saam. Die begin punt van n familie se beskerming beging by die MA. Sou se toe heel aan die begin se “Niemand staan in haar skoene nie” wel as n ma haar sout werd is hoef dit nie so te wees nie. Daardie pragtige klein dogtertjie vermoor deur stiefpa, sy was weerloos teen n man wat haar moes beskerm. Hulle is natgespuit en gelos dat hulle in die koue sit. Waar was die ma in daardie tye gewees. Binne die warm huis besig om toe te kyk wat gebeur.
Ek self was in n situasie waar iets verkeerd geloop het en ek was onmiddelik polisie toe en hy is toegesluit. Ek het nie omgegee oor n huis en n kar en kos nie. Hy is onmidelik met sy gat in die tronk.

Ek hoop jy slaap nou meer rustig MA. Jy is nie die woord MA werd nie. Stiefpa jy is nie woord man werd nie. Ek glo dat jy net so verniel gaan word in die tronk deur mane groter en sterker as jy dat jy sal voel hoe daar weerlose prinses gevoel het.

Daar is gladnie neer woorde nie. Die regstelsel van ons lank het haar ook gefaal. Ek is sekker daar kon meer gedoen geword nie.

Rus sag in Jesus se arms, sonder pyn en leiding.

Johan ·

“Poppie” se begrafnis is eerskomende Donderdag 11uur by die APK kerk op Brits.

Dawie ·

Die ma is net so skuldig. Hoop hulle neem haar ook inhegtenis. Sies aan sulke mense wat klein kindertjies mishandel en vermoor

Trudie Nel ·

Ek word oumagrootjie van ‘n seuntjie November. Die grootste geskenk van God af. My hart sooooo seer oor die engelkindjie. Wens ek kon jou beskerm en lief hê. Rus sag Poppie lief

Michelle van der Meree ·

The South African law system let her down the first, second and third time. Will they do what’s right this time, bearing in mind that the accomplice, her own mother, is still free ?

Rln ·

Gooi daardie ma ook in die tronk. my seun is ‘verbally abused’ deur n stiefpa. Mooi woordjies voor die troue en daarna het die ware kleure na vore gekom. Ons is na 6 maande geskei en ek het my seun beloof dat ek hom nooit weer aan n stiefpa sal oorlaat nie. Ek het hom grootgemaak alleen en na 18 jaar toe hy uit die skool is en sy eie lewe begin eers weer na n moontlike ernstige verhouding gekyk. Stiefpa’s werk nie…

Dan ·

Net as mens dink die samelewing kan nie nog sieker word nie, lees jy iets soos hierdie. Die mense weet hulle kom niks oor nie, dus is kindermoord ook maar “reg”. Die welsynswerkster wat stappe moes neem in hierdie geval, rus seker nog. Ek hoop hierdie kind se dood ry jou gewete en ook die man van die sogenaamde ma en pa

Ruby ·

Sy lyk soos ‘n engeltjie.

Ai prinses, tannie sien die seer ogies….rus sag poplap en lekker speel in die hemel.

Arizona ·

Sy foto is oral op FB versprei. Ek hoop en Bid ons Vader gee hy daai manne in die tronk reken met hom af. Sy was so n pragtige dogtertjie. Rus in Vrede klein mensie, ek wens so jy was myne.

Mara ·

Klink vir my ook asof die ma ‘iets’ wil wegsteek? sy moes tog geweet het dat die stiefpa die kinders mishandel want dis niks anders nie, veral as mens hoor wat die buurman se. Ek sou lankal opgetree het as ek die bure was. Ja Poppie, jy is nou veilig – weg en by Jesus en NIEMAND sal jou OOIT weer kan seermaak nie.

Ludwig ·

Liewe klein dogtertjie, wat het fout gegaan?
Ek kan nie glo dat so iets kon gebeur het nie, die maatskaplike raad het gedoen wat hulle kon.
U is genadig neem die pragtige engeltjie aan.
Een van die dae sal die skuldige vir sy dade moet betaal of is ons almal dalk skuldig?
Nooit moet so iets weer gebeur nie, is die ouers nie ten eerste verantwoordelik nie?
ARTIKELS soos die ruk ‘n mens.

Liza ·

Hier waar ek sit vandag is ek so maar so kwaad….. Kindertjies is geskenke van God af, hoe doen mens so iets aan ‘n kleine ou kindjie, daar is soveel mammas wat graag wil kindertjies he en dit ontsien hulle totaal, dan kry jy so ‘n ma wat nie eers omgee nie, hulle moet haar en hom toesluit en die sleutel vir ewig weggooi, en weer is dit ‘n stief geval, ek hoop hulle gewete ry hulle so dat hulle nie eers kan asem haal nie………
RUS SAGGIES PRAGTIGE POPPIE, NIEMAND KAN JOU NOU MEER SEER MAAK NIE……

Ouma ·

Nog een wat wat gered kon word! Die ma kon hul eerder by die weeshuis gaan aflaai het. In vergelyking met die verskriklike behandeling wat hul van die “pa” ontvang het, sou dit daar hemel op aarde daar vir hulle wees. Ek voel so hartseer, omdat ek wéét daar is nog baie kinders wat erg mishandel word; Totdat so iets verskrikliks gebeur “sien” niemand nie. Sy lyk baie soos my kleindogter. My hart wil breek!

Theresa ·

Ek en my oudste seun het nie die wonderlikste begin in die lewe gehad nie. Sy eie pappa was baie wreed met ons. Ons was (genadiglik?) meer sielkundig as fisiek ernstig geboelie.

MAAR… dit het my as mamma van my kind nooit gekeer om my kind te beskerm en vir hom op te staan nie. Mens beskerm jou kind met jou lewe en te alle koste. Geen verskoning tot die teendeel sal OOIT as regverdig beskou word nie.

‘n Ma wat haar sout werd is, WEET wanneer daar fout is met haar kinders en wanneer hulle in gevaar verkeer.

Miskien was Poppie se ma se intensies dieselfde as die van die ma van ‘n vrou wie se kommentaar ek hierbo gelees het. Miskien wou sy ook maar rondhang tot die kinders die huis verlaat voor sy ‘n kraak maak. Dit is die domste redenasie wat ek in my lewe gehoor het. So sy sou eerderhaar kinders vir jare aaneen aan geweld blootstel om vir hulle “sekuriteit” te lewer as wat sy onmiddellik ‘n plan maak en vir haar kinders eerder ‘n veilige hawe skep met die regte invloed tot hul beskikking?

Nou is ‘n pragtige meisietjie dood, as gevolg van selfsug.

Mishandelde vrou en mamma’s, moenie opgee of toelaat dat die vrees jou verteer nie. Jy KAN en SAL slaag maar asseblief neem die besluit om iets te DOEN. Die beloning is groot.

Ek hoop Poppie se ma en haar stiefpa kry baie erge straf vir hul misdaad.

Danielle ·

Hoeveel stiefouers gaan daar nog in hegtenis geneem word vir die mishandeling en moord op kinders? Ek was as kind mishandel, en ek het gaan hulp soek by maatskaplike werksters, ek weet dat die bure rondom ons bewus was van wat aangegaan het, maar NIEMAND het ingegryp nie. Ek was hel toe en terug, en daar was mense wat gesien het wat gebeur het, wat gehoor het wat gebeur het, wat niks gedoen het nie… Ek sal nooit vergeet nie. Vandag gaan ek geskend deur die lewe, want die bure was te lamsakkig om in te gryp… Ek sal dit nooit verstaan nie. Jy sien en hoor hoe kinders geslaan en misbruik word. Jy staan en toekyk. Ek is jammer, maar jy is net so skuldig aan daardie kind se dood. Ek kon dit as kind nie verstaan nie. Ek kan dit vandag nie verstaan nie. Die ma is net so skuldig soos die pa. As jy weet n kind word misbruik en jy bly stil of doen niks nie, dan is jy net so skuldig. En nee. Die kind was nie stout nie. Sy was 3 jaar oud. Vandag wens ek die doodstraf wil ingebring word teen ouers en stiefouers wat kinders mishandel en misbruik. Dankie buurman, dat jy opgetree het. Dis baie min wat iemand opstaan vir ongeregtigheid. In my geval, was dit jare voordat een persoon die guts gehad het om in te tree en my van n gewisse dood gered het het… Dankie ook vir jou.

ANNE-MARIE ·

LIEFSTE KLEIN HARTSEER EN SO ‘N PRAGTIGE ENGELKINDJIE….JOU OGIES SPREEK ALLES
MAG GOD JOU TOEVOU IN SY VADERARMS WAAR JY EWIG GELUKKIG SAL WEES EN LAG EN SPEEL…JY HET DIT NIE VERDIEN NIE EN STIEFPA EN MA IS EWE SKULDIG
EK HET ALTYD SOOS ‘N TIERWYFIE VIR MY KIND BAKLEI…KYK NA DIE NATUUR MAAR DIE MENS IS WREED EN ONGENAAKBAAR

Reinette ·

Ek wonder nou of die stiefpa dalk familie kan wees van die Koekemoer vrou wat haar dogter vermoor het in Vanderbijlpark vroeer die jaar?

Yolanda ·

Dit is tragies om die minste daarvan te se. Die kind is in die steek gelaat deur die owerhede en haar ma. Daar is geen verskoning om dit te regverdig nie. Poppie was n onskuldige kind wat nie gevra het om daar te wees nie. Daar was en us ALTYD n keuse! Die prioriteite was net verkeerd. Mag jy in vrede in Jesus se arms rus. Jammer dat jy nie beskerm was soos dit veronderstel was om te wees nie. Mag reg en geregtigheid vir jou en ander in die toekoms geskied.

Tas ·

Ek is tot in my siel in siek oor die prinsessie haar ogies wat se trane vlak le op die fototjie .En dan is ek soos n diet lyfie wat se naels Wil uit trek en veg .Ek is siek maar siels seer oor so Mooi mondtjie wat net moes vry speel liefde en aandag moes kry .Hoeveel keur het dit nie werklik gebeur nie .As ek net die buur man se getuie lees raak ek quite my self ek sou haar in my moeder arms laat le het en vertroedel het en nie toe gedoen het dat sy do verniel word nie.Want net een keer is teveel en die ma sy is nie n ma werd nie lees maar oraal sy is onstalbiel .Sy kon haar kinders beskerm het sy het nie selfde met die springs huis saak wonder nog tot nou wat het nou werklik van daai saak geword

Gerrie Botes ·

Hulle moet daai genadelose buffel vat en hom in ‘n sel gooi met oorfone op sy kop wat hy nie kan afhaal nie en daai lieflingskind se ou stemmetjie wat smeek moet oorverdowend in sy ore speel met fotos van hoor voor hom. Dit moet hom mal maak en daarna moet hul hom op ‘n eiland gaan aflaai waar niks en niemand is nie want sulke mense behoort nie in die beskawing nie.

Nel ·

Sulke hartseer ogies. Wat ‘n onmenslike ding om te doen aan hierdie pragtige mensie.

Elisabeth Kruger ·

Vertrou Geregtigheid sal geskied. Wat is dit dat vrouens sulke keuses maak om uit n skeisaak te gaan en hulself tesame met haar kinder is gevaar te stel? Ons Vadet het Poppie verlos van n toekoms wat donker was, Hy sal Sy hand oor Boeta hou.

Christa 2 ·

Ek is diep hartseer oor die wreedheid wat hierdie jong kindjie en haar boetie moes beleef, Ek weet ook dat daar nog talle sulkes is. Die kommentare laat my verslae… As dit nie die buurman is wat beskuldig word nie, dan blameer ons God. God was so betrokke dat Hy haar eerder uit hierdie wrede wêreld gelei het na waters waar rus is…
Die vraag is, wat doen ek en jy om ‘n verskil te maak? Ken jy jou buurman of buurvrou se storie? Is jy bereid om in te meng of kyk jy eerder weg en maak of jy niks hoor of sien nie? Wanneer laas het jy op jou knieë gegaan en ons land se kinders aan God opgedra? Ek haal my hoed af vir die sewe vrouens wat wel ‘n verskil in hulle omgewing maak… Emosie belaaide woorde, maak geen verskil wannneer dit te laat is nie. Ek weet ongeag hoe ons oor die ouers voel, God hulle liefhet. Elke siel is kosbaar.. moontlik het die sisteem die ouers as kinders ook gefaal! Twee situasies kan baie in gemeen hê, maar dit is NOOIT dieselfde nie. Kom ons begin saam die bloed van Jesus pleit oor kindertjies wat hierdeur gaan.
Ek kan my nie vir ‘n oomblik indink hoe enige iemand instaat tot so daad kan wees nie, maar ek besef dit is genade wat my gered het. Ek weet ook dat Jesus die sonde haat, maar dat Hy die mens steeds liefhet.

Liezl ·

Ek stem saam…ons moet elke dag die bloed van Jesus oor onsself en oor almal bid. Dat ons in hierdie wêreld tog net kan oorleef. Want hierdie is net die tydelike. En al hierdie dinge het Hy lankal geweet gaan gebeur. Mense, asseblief, dis nou die tyd om ons tot Hom te wend. Ons is besig om onsself te vernietig. Onthou, Hy gee ons Vrye wil, ons KIES om te doen wat ons doen. Hy is liefdevol en wag net dat ons na Hom toe kom. Laat die kindertjies (ALMAL VAN ONS) na My toe kom!!!!

Ruan ·

Dit is hartseer geen kind verdien dit nie. Al wat ek kan se vir daai ou is bly liewer in die tronk want jy gaan nie veilig wees buite die tronk nie want wat jy saai sal jy. Maai en jy het n dogtertjie dood gemaak. Ek sit met 2 seuns een 4 en ander 2 wat kan daai kindertjies doen wat n mense so kwaad kan maak want ek weet my seun laat my net smile van oor tot oor. Jy is nie n man of pa se gat werd nie. Dankie Here dat u haar kom haal het en ha nou die pa vir ha is wat sy van dag 1 af moes gehad het. Rus in vrede poppie jy is op n baie baie beter plek in in ons pappa se arms wa niemand jou ooit we sal seer maak nie.

ronel ·

“Die buurman het ook ander bewerings van mishandeling gemaak. Hy het die saak glo by die maatskaplike raad aangemeld, maar niemand het na bewering betyds op sy waarskuwing reageer nie.”
Dit is genoeg om my hare te rys, so n paar weke gelede moes ek en my dogter en ons bure toeskou hoe n man in die straat stop voor ons huis, sy drie stiefseuns tussen die ouderdom van 3 en 11 geweldadig aanrand en toe die kinders en hul besope ma in die pad los, oproepe polisie toe het niks gehelp, aangesien hulle ” te besig was” en die buurt sektor forum was binne minute daar, het veilige bewaring gereel vir die vrou en kinders maar ons het absoluut geen manier gehad om die kinders te probeer beskerm of om hulp vir hulle te kry, want die besope ma was nie bereid om die dronk stief pa aan te kla en so is daai drie seuns nogsteeds elke dag onder die hande van daai man, en ek le nagte en wonder waar is daai seuns vanaand, honger, koud en aangerand .. daar is n reuse probleem met ons stelsel dat sulke goed kan gebeur en daar eers op getree word as n kind dood is

Chane Strydom ·

Sy was silke pragtige meisie gewees hoe dirf die pa as ek hom in my hande kry en waar was die ma om haar te beskerm en dit is nie die eerste keer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.