Skok ná Ermelo-vrou se moord

OPVOLG: ʼn Man is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem in verband met die moord op Issie Dippenaar. Lees meer hier.

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Issie Dippenaar. Foto: Facebook

Die gemeenskap van Ermelo in Mpumalanga is geruk deur die moord van Issie Dippenaar, ʼn bekende in die dorp, wie se liggaam Maandagaand in die kattebak van haar motor aangetref is.

Kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Dippenaar (58) se bejaarde ma het onraad gemerk toe sy gisteraand nie haar dogter in die hande kon kry nie en het Dippenaar se buurman gebel. Die buurman het by Dippenaar se huis gaan ondersoek instel, maar kon geen beweging binne die huis sien nie. Hy het toe ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy ontbied.

“Die buurman het sleutels vir die [Dippenaar se] huis gehad en hulle het die huis deursoek, maar niks daar gevind nie. Daar was ook geen tekens van ʼn inbraak nie,” het Prinsloo gesê.

“Buite onder die afdak het Dippenaar se private voertuig en werksvoertuig gestaan. Die veiligheidsbeamptes het opgemerk dat die private voertuig se venster oop is en dat daar twee selfone op die sitplek lê. By nadere ondersoek het hulle Dippenaar se liggaam in die motor se kattebak gevind.”

Volgens Prinsloo was daar geen sigbare beserings aan Dippenaar se liggaam nie en word daar vermoed dat sy verwurg is. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bevestig. Prinsloo kon ook nie onmiddellik bevestig of enigiets uit die huis of motor gesteel is nie.

Dippenaar is glo laat gistermiddag die laaste keer lewend gesien.

Prinsloo het gesê bewerings dat ʼn voormalige tuinwerker wat onlangs deur Dippenaar afgedank is moontlik by die moord betrokke was, kan nog nie bevestig word nie. “Die polisie is bewus daarvan dat sy probleme met ʼn tuinwerker gehad het, maar daar is in dié stadium geen aanduiding dat hy by die moord betrokke was nie. Dit is net bespiegeling. Die polisie is tans besig om alle moontlike leidrade op te volg,” het sy gesê.

Dippenaar was bekend vir haar werk as die bestuurder van twee CMR-kinderhuise in die dorp en was nou betrokke by hulpaksies aan minderbevoorregtes. Boodskappe van skok en medelye oor haar dood het Dinsdag op sosiale media ingestroom. Sy is as ʼn “engel vir die gemeenskap” beskryf wat ʼn reuseleemte agterlaat.

Louwrens Jacobs het op sy profiel die skoknuus bevestig en gesê Dippenaar sou in Desember 59 jaar oud geword het. “Sy het haar lewe daaraan gewy om haar medemens te help en by te staan. Ons diepe meegevoel aan die res van haar familie. Rus in vrede my skoonsus!” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

liza ·

Rus sag Issie….. jy sal gemis word ……. dankie vir die goeie werk wat jy daar gedoen het……
ja en so word nog ‘n witte gemoor……maar ons mag mos niks se en doen nie.
Sterkte aan die familie….

treurgrond ·

Rus in vrede Issie. Wat gaan aan met onse land met al die moorde wat gepleeg word. Dit raak baie baie erg. Wanneer gaan daar iets omtrent dit gedoen word. Hoeveel moet nog gemoor word? Hoeveel?

Drikus ·

Mens kan nie beskryf hoe ontstellend dit is dat enigiemand kan dink dat moord sommer maar net gepleeg kan word nie. Dit het tyd geword dat geestelike en politieke leiers opstaan en doelgerig ‘n beroep op Suid-Afrikaners doen om mekaar en lewens te respekteer. Iets soos ‘n landwye optog om saam op elke denkbare verhoog hande te vat vir die boodskap en oproep tot respek en omgee. Dink net as daarmee ‘n nuwe golf van saamstaan kan ontstaan.

Lourenza ·

Tweede moord of n vrou in Ermelo 3 jaar terug my niggie Corrie Meyer geen antwoorde alles loop net dood. Sterkte aan Familie.

REINETTE ·

EK DINK ANNEMARIE BIRK SE MOORD IN ERMELO IS OOK NOG NOOIT OPGELOS NIE?

Elza ·

In die tyd van smart sal ons gebedes die familie omvou, Hy is ons inhardloop plek al voel dit so onwerklik….ons harte pyn saam julle

marie visser ·

Ons innige simpatie aan Issie se familie. Die straf vir moord is te lig, dit skrik mense dus nie af om iemand vir wie jy kwaad is sommer te vermoor nie

Theuns ·

Ek hoop hulle vang die moordenaar(s) en dat ons ook al die Politieke Partye by die hof sal sien waanneer die saak voorkom! Hoe is dit moontlik dat ‘n lewe geneem kan word deur iemand wat nie daardie lewe geskep het nie? Bring die doodstaf terug!

E.K. ·

Kan seker nie diefstal wees as twee selfone op agtesitplek gelê het met oop venster. Wreed en onnodig… Jammer vir familie en vriende wat agterbly en moet probeer sin maak.

francis steenkamp ·

Hierdie pragtige mens was ons pastoorsvrou vir n paar jaar. Net liefde en respek vir haar en haar familie gehad. Sy is een van daai mense was n verskil gemaak het. So so sad. Kry asb die een wat haar lewe gesteel het !!!

Asjas ·

Nog iemand wat ‘n verskil probeer maak het en nou vermoor is? Wat gaan aan in hierdie land van ons?

Rower ·

Innige meegevoel vir die familie en vriende en werkskolegas.

Jammer die polisie skep so n prentjie en die waarheid sal seevier, dit kon verhoed gewees het as die polisie se optrede 2 weke vantevore reg was en hul die aanklagte aangehoor en iets daar omtrent gedoen het en die man arresteer het, die polisie is besig om hul eie gat te probeer red.
Ons almal vra altyd , HOEVEEL NOG ? ONS IS AAN DIE VERKEERDE KANT !
ONS VEL KLEUR IS VERKEERD !
Raak betrokke , hul aanvalle kom uit haat , aangeblaas deur 2 partye wat weet hoe om hul te manipuleer !

Theresa ·

Vreeslik. Mag die familie baie krag ontvang om hierdie gebeurtenis te verwerk. Wie se fone was dit op die sitplek? Is die afgedankte persoon al gespreek???

Asseblief luister ·

Mense ek wil vandag sê as daar werklik nie iets drasties gedoen gaan word om hierdie onsinnige moorde stop te sit nie —- is ek jammer om te sê, ons sal saam moet staan en drasties optree, want ons Regstelsel is korrup !!! Dit kan nie geduld word dat Ermelo se polisie so onbetrokke was, twee weke gelede om ‘n verklaring te vat, van mev. Dippenaar nie, en dié saak opgevolg het, – toe REEDS bietjie moeite ingesit het om die MOORDENAAR te kry en te ondervra nie. Julle was bewus van mevrou Dippenaar se saak t.o.v. die moordenaar. Die persoon of persone wat aan diens was daardie spesifieke dag by Erm. polisiestasie, toe mev. Dippenaar ‘n saak wou open a.g.v. ‘n gebeurtenis by haar huis —- wat die betrokke moordenaar by betrokke was —— as julle ‘n gewete het, …….. Mag julle vir die res van julle lewe besef, hierdie moord kan voor julle deur gelê word. Hierdie kosbare vrou het Ermelo gemeenskap gedien, sy het ‘n hart van goud gehad – sy was alles vir almal. Ons sal haar nagedagtenis eer ! ……….. Maar julle wat nie julle werk gedoen het twee weke gelede nie —- was haar vel te wit dat julle nie geluister het nie ! Ons blaas nie rassisme aan nie !!!!, ondersoek julle self !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.