‘Skok’ ná hof kindermishandelingsaak wéér uitstel

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Maandag sy skok uitgespreek nadat die Brits-streekhof in Noordwes ’n kindermishandelingsaak teen twee mans en die ma van ’n jong dogtertjie vir die soveelste keer uitgestel het. Dit sal nou eers oor twee maande weer voorkom.

Dít omdat die streeklanddros siek is en niemand skynbaar in haar plek kan waarneem totdat sy herstel het nie.

Die saak kon ook nie tot Februarie uitgestel word nie omdat die streeklanddros waarskynlik oorgeplaas gaan word en geen nuwe aanstelling al gedoen is nie. Die voorsittende landdros kon boonop nie met die streekhofpresident in verbinding tree om vas te stel wanneer daar weer ’n landdros beskikbaar sou wees nie.

’n Voorlopige voorverhoordatum is nou vir 23 Maart vasgestel.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê dit blyk dat die staat se sogenaamde verbintenis tot die bevegting van geweld teen vroue en kinders nou finaal lippediens geword het.

Hoe kan die departement van justisie en die howe toelaat dat hierdie saak van gruwelike kindermishandeling, wat as gevolg van die onbeholpenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) reeds so lank sloer, nie voortgaan nie bloot omdat daar nie ’n hof beskikbaar is nie en geen verdere reëlings getref is nie?” wil Nel nou weet.

Die beskuldigdes staan tereg op verskeie aanklagtes van verkragting nadat die dogtertjie in 2018 na bewering verkrag was. Sy was toe vier jaar oud.

Nel sê die saak is tekenend van die verval van die land se strafregstelsel.

“Ons het te doen met ’n slagoffer wat vier jaar oud was tydens die beweerde voorvalle en nou, ná drie jaar, steeds nie daaroor kon getuig nie. Dit plaas onnodige druk op kinders om ná so ’n lang tydsverloop getuienis te moet gee oor iets wat so traumaties was.”

Die eenheid sê die teleurstellende verwikkeling in die saak volg kort ná ʼn reeks ander vertragings.

Nadat adv. Sibongile Mzinyathi, die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Pretoria, in November bevestig het dat die saak aan senior aanklaers by die Pretoria-Noord‑landdroshof oorhandig is, het die aanklaer aangedui dat sy nie bewus was van die DOV se opdrag nie. Die beskuldigdes se prokureur was ook nie by die hof nie omdat hy na bewering Covid-19 onder lede gehad het en die saak is toe tot vandag uitgestel om ’n verhoordatum te bepaal.

“Op ’n onverklaarbare wyse het die opdrag van die DOV klaarblyklik verander en sal ’n advokaat van die kantoor van die DOV die saak in Brits vervolg. Soos voorspel in Desember het die onbeholpenheid van die vervolgingsgesag nou ’n verdere vertraging tot gevolg gehad.”

Nel sê die privaatvervolgingseenheid verwelkom wel die feit dat ’n staatsadvokaat aangewys is om die saak te vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

gatgogga ·

Wie is daar wat geskok is wanneer howe sake uitstel?
Ek sal geskok, en agterdogtig wees as enige hof NIE sy sake uitstel nie.

Owlie ·

Hoe is dit moontlik dat daar nêrens n regter is wat kan waarneem nie, dis menslik onmoontlik dat net een persoon verantwoordelik is vir al die sake As daar dan nie in ons land n regter beskikbaar is nievgee die bedkukdigdes vir die gemeenskap om tete vonnis en uit te sorteer

Mariana ·

Nee dit sal nooit gebeur nie, kriminele word mos beskerm.

Mariana ·

Regstelsel is pateties en ek dink almal sal saamstem. Daai vuilgoed hoort nooit weer lig te sien nie. Kind is geskend vir res van haar lewe. Maar met al die uitstel en gesloer gaan geregtigheid nooit kom nie.

Shakespeare ·

Ons howe is ‘n siek grap. Die useless kaders stel alles uit tot die saak “gedrop” word.

Erika ·

Intussen word daardie arme kind van voor af onderwerp Terwyl die Onbevoegde Regstelsel en amptenare voortploeter..op hulle mishoop

Magda G ·

Die arme kind is vir die res van aar lewe geknak. Wat gaan met di mensdom aan. Het die ma nie n gewete nie . Slegte vrekselse ma.

Nie Verbaas ·

Na drie jaar nog steeds nie afgehandel nie? Ons moet egter onthou dat ons met die hopeloses te doen het wat deur die ANC aangestel is.

Benn ·

Ek sal my kop in skaamte laat sak!!! Weereens wat ‘n skande dat geen geregtigheid vir ‘n kind kan geskied nie!!!!

Swerwer ·

Die howe en regstelsel is ‘n grap. Hul hou dit aan uitstel want dan kan dit uitgegooi word en die misdadigers hul weer toespits op hul volgende slagoffer. Dit is mos die Nuwe Suid Afrika, Reënboog nasie se reg om alle waardes/wetsontwerpe te verbreek en die wêreld te wys dat hul onaantasbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.