Skok ná joernalis se lyk langs pad gekry is

Junior Bonase. Foto: Facebook

Die joernalis van Bloemfontein wie se lyk langs die N1 naby Heuningspruit (ongeveer 30 km van Kroonstad in die Vrystaat) gevind is, se naam is bekend.

Die oorledene is die 41-jarige Thamsanqa Junior Bonase. Hy was ʼn senior joernalis by Dumelang News en is onlangs verkies tot voorsitter van die mediakomitee Free State Media Co-operative.

ʼn Verbyganger het Dinsdag omstreeks 23:00 op Bonase se liggaam afgekom. Hy het beserings aan sy gesig gehad. Die oorsaak van sy dood is in hierdie stadium onbekend en ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.

Free State Media Co-operative het intussen Bonase se dood betreur. Mpho Sekharume, sekretaris van die komitee, het gesê Bonase het aan kollegas gesê dat hy twee belangrike vergaderings in Johannesburg moes bywoon.

“Ons is uiters geskok deur die verskriklike voorval en hoop dat wetstoepassers sal vasstel wat tot die tragedie gelei het sodat sy kollegas en veral sy familie afsluiting sal kry.”

Die provinsiale regering het intussen ook sy skok oor die dood van Bonase uitgespreek. Tiisetso Makhele, woordvoerder van die premier, het gesê Bonase was een van die Vrystaat se beste joernaliste.

“Hy was ʼn hardwerkende jong man en het ʼn passie gehad om media in ons provinsie te ontwikkel. Ek wil namens die provinsiale regering my medelye betuig aan sy kollegas, vriende en familie in dié moeilike tyd,” het Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Charlie ·

Vrystaat en Ace Magashule word elders in een asem genoem.
Ek wonder hoekom?

Griet ·

Die inhoud van die boek Gangster State kom onwillekeurig in my gedagte op.

Wielspore ·

In ons huidige politieke situasie het ons gesoute joernaliste nodig, mense wat bereid is om op die toneel nuus te versamel soos die mense dit ervaar en dit dan aan die publiek oor te dra.
Soos wat vertel word, was hierdie man so ‘n joernalis, sterkte aan die familie en vriende.

piet piet ·

Ek het n probleem met mense wat hulle werk half doen ,soos om die feite half deur te gee, om sekere rasse te beskerm om polities korrek te wees of om wit mense aan die groot klok te hang om sensasie te soek.Die dag as joernaliste regte joernaliste word wat die waarheid en feite gee soos dit is sonder vrees of voorbedagte rade sal ek hulle respekteer en weer begin koerante lees.

Tino ·

Hoekom is Ace nog nie gearresteer inverband met die opdrag gee nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.