Skok ná koelbloedige moord op egpaar

Willy en Glenda Allison. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn geliefde egpaar van Witbank (Emalahleni) in Mpumalanga Sondagaand koelbloedig in hul huis doodgeskiet is nie.

Willy (54) en Glenda (61) Allison se liggame is Sondag ná 19:00 in hul huis in Browningstraat aangetref. Volgens die polisie is Willy agter deur sy skouer geskiet en Glenda in haar sy.

Kapt. Eddie Hall, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn buurvrou van die egpaar het aan die polisie gesê dat sy gesien het hoe vyf mans met klapmusse om 19:10 by die Allison-egpaar se huis inbreek. Kort daarna het sy tussen vier en ses skote gehoor.

Volgens Hall is die polisie en paramedici ontbied en het hulle Glenda se liggaam in die kombuis aangetref en Willy se liggaam in die studeerkamer. “Die huis was omgekeer en die aanvallers het twee selfone en ʼn televisiestel gesteel. Hulle het egter die televisiestel by die hek agtergelaat toe hulle te voet van die toneel gevlug het. So hulle het letterlik twee mense vir twee selfone doodgeskiet,” het Hall gesê.

Die verdagtes het vermoedelik deur ʼn skuifdeur toegang tot die huis verkry.

Hall het gesê die buurvrou het ook aan die polisie vertel dat Willy Sondagoggend ʼn stuk vleis met Temik-gif daarin in ʼn sak in die erf gevind het. Die egpaar se honde het egter nie die vleis geëet nie en Willy het dit weggegooi. “Ons vermoed dat die aanvallers reeds Saterdagaand die vleis in die erf ingegooi het met die hoop dat die honde dit sal eet. Sondag het hulle toe in die huis ingegaan al was die honde steeds daar.”

Hall het gesê twee sake van moord en ʼn saak van huisbraak word ondersoek. Enigiemand met meer inligting word versoek om die ondersoekbeampte, ao. FS Sindane, by 078 701 5919 te bel.

Willy en Glenda Allison. Foto: Facebook

‘Hulle was baie geliefd’

Die Witbank-gemeenskap is geruk deur die moord op die egpaar en talle het hul skok en hartseer op sosiale media uitgespreek. Marolien Bray, ʼn vriendin van die egpaar, het aan Maroela Media gesê Willy en Glenda was bekende gesigte in die gemeenskap en baie geliefd. “Glenda het jare lank vir ʼn prokureursfirma gewerk en oom Willy was altyd daar op die myne. Hy was ʼn regte grapjas, almal was baie lief vir hom,” het Bray gesê.

Sy het gesê die egpaar was ook kranige rolbalspelers en kon gereeld by die Witbank-rolbalklub aangetref word.

Die gemeenskap sal Sondag ʼn staptog ter gedagtenis aan die egpaar hou. “Ons wil graag die staptog reël sodat hulle nie onthou word as twee mense wat vir twee selfone doodgeskiet is nie, maar as twee mense wat ʼn verskil in ons gemeenskap gemaak het. Ons wil ons mooi herinneringe aan hulle laat voortleef.”

Bray het gesê die staptog word nie deur enige organisasies gereël nie en sal nie polities van aard wees nie. “Dit sal ʼn vreedsame staptog wees wat by [die Allison-egpaar] se huis sal eindig. Ons sal daar vir hulle blomme neersit en ietsie oor hulle sê,” het sy gesê.

Mense wat belangstel om aan die staptog deel te neem word genooi om Sondag om 12:00 voor die Pick n Pay in Klipfontein bymekaar te kom. Meer inligting is ook op Facebook beskikbaar.

ʼn Gedenkdiens vir die Allison-egpaar sal Donderdag in die Witbank Metodiste Kerk gehou word. Willy se seun, Jeff, sou vandeesweek van Kanada na Suid-Afrika vlieg, terwyl sy ander seun, Henry, van Lephalale sal kom. Glenda se dogter, Melanie, woon in Johannesburg.

Henry was Woensdag nog te getraumatiseerd om met die media te praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Linda ·

Absoluut skokkend! Al die moorde in SA is skokkend! Ek het nie meer woorde nie. Sterkte!

Ekke ·

Aag hoekom die moeite doen om hulle te gaan soek hulle gaan in elk geval niks oorkom nie

HPV ·

Mense bewapen julle self en dra die wapen aan jou sodat jy jouself kan verdedig want jy mag jouself verdedig. Die land het reeds in anargie verval waar elkeen vir homself verantwoordelik is. Die polisie kan nie almal beskerm want hulle is net eenvoudig te min. Die meerderheid polisielede doen goeie werk maar kan nie oral wees nie. Opleiding in vuurwapenhantering en die verwante wet is egter ‘n moet!

Eish ·

Tot my spyt al my wapens laat vernietig. Winkelroof en huisroof oorleef sonder beserings, Genade op genade.

Genieve ·

Ai man dis hartseer…baie hartseer,ek stem dat die plaasboere maar gewapen moet wees elkedag van hulle lewe.

Mielie ·

Dis afskuwelik! Skokwekkend dat daar so min ag geplaas word op plaadmoorde. Fis hoe die nar operate. Ek glo vas plaasmoordeis niks anders s politieke moorde nie. Nes hulle hulle oposisie uitroei maak hulle met die boere. Die huurmoordenaars word geheadhunt om sulke moorde na inbrakete laat lyk……Ek sien rooi. Die hoofnar lag vir ons almal. Hulle bepaal wie en wat ondersoek word. Hulle was in elk geval nie van plan om Grace Mugabe te vervolg nie. Die mar maak net die regte geluide. Wens ons kon iets doen om die boere te beskerm…..

Piet ·

Klink weer soos trugkry moord. Raas gekry en nou is hulle trug gekry . Sad but true

CS ·

Hierdie was nie ‘n plaasmoord nie, dit het in ‘n woongebied in Witbank gebeur. Baie sterkte aan die kinders

OumaLien ·

Dis so tragies. Sterkte aan hulle kinders. Wonder net wat van hulle honde gaan word?

Bert ·

Swartmense is ook misdaadslagoffers. Ek ken net te veel swart kollegas wat ook keelvol is vir misdaad. Plaasmoorde vermoed ek is o.a rassisties-gedrewe. Ek is kwaad vir myself omdat ek ja gestem het in die 92 referendum. Kyk nou die gemors. Selfs as kind van die 80’s kan ek Andries Treurnicht onthou wat oor en oor gewaarsku het teen magsoorgawe. Ek is eerder moreel aandadig aan die vorige bestel se beleide en lewendig as moreel vlekkeloos maar ses voet onder die grond. Ons leiers het ons gefaal en ons nuwe leiers is net so planloos.

Marisa ·

EN. HOE. LANK. GAAN. HIERDIE. MOORDE. OP. WIT. AFRIKANERS. VOORT. DUUR.

NICKEY / GAUTENG ·

Klink na ‘n “inside Joppie” hoe anders het hulle geweet die skuif deur is nie beveilig met ‘n ekstra slot, sodat hy nie oop geskuif kan word nie?
Hoop iemand kry hulle, VOOR die polisie. Simpatie met die familie, hoop diere word versorg.

Deon ·

Op die trant wat dit toeneem kan mens maar wonder of dit nie polities gedrewe is nie, ek was in die polisie in die ou bedeling en my heerlikheid as daar n moord was was dit voorblad nuus so min het n mens dit gesien. Soos wat dit nou daarna uitsien lyk dit soos Suid Afrika se nuwe nasionale sport.

realis ·

Glenda, my vrou se vriendin is dood. Sy huil nou.
Hoe moet ek haar troos??????

wonder maar net ·

hoekom het die buurvrou nie dadelik die polisie gebel toe sy die mans met klapmusse sien nie, hoekom eers gewag vir skote?

Theresa ·

Baie, baie sterkte aan die familie en vriende. Ek hoop van harte dat elkeen van die groep moordenaars gevang word – spoedig. Vir geregtigheid om te seëvier. Dis hartverskeurend hoeveel mense vermoor word in ons land en die regering gooi ‘n blinde oog en dowe oor.

Ina ·

Ek dink die mense wat hierdie soort moorde pleeg is mense met ‘n baie lae IQ. Hulle is miskien straatkinders wat nou groot geword het, nie skoolgegaan nie, geen werk, geen gevoel vir niks nie. Vir iemand met niks en geen hoop is ‘n selfoon al baie. Ek weet nie hoe dinge ooit kan verander as daar so ‘n groot massa ongeleerde onopgevoede brandarme hopelose gevalle rondloop nie. Dan is daar nog die wat net moor en martel vir die lekker. Ek praat dit nie goed nie, het net geen oplossing nie. Simpatie aan die arme slagoffers se familie.

Rhona ·

Dink daar is net een persoon wat ons kan help .Ons moet maar weer almal gaan op ons kniee voor die Here .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.