Skok ná moord in Tokai-woud

Die Tokai-woud. Foto: Skermskoot van Google Maps

Die Tokai-woud. Foto: Skermskoot van Google Maps

ʼn 15-jarige meisie is in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor, glo toe sy saam met haar ma en jonger suster gaan stap het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie se lyk is Maandag omstreeks 18:15 in Dennedalweg gevind. “Ons vermoed sy is verwurg. Sy is vroeër dieselfde dag as vermis aangegee nadat sy gaan draf het en nie teruggekeer het nie.”

Intussen word daar berig dat die meisie saam met haar ma, jonger suster en die gesin se hond in die woud gaan stap het. Die meisie het glo in ʼn ander rigting gedraf en sou haar gesinslede weer verder in die woud ontmoet het. Nadat sy ná ʼn sekere tyd nie teruggekeer het nie, het die ma bekommerd geraak en hulp ontbied. Dit was glo Maandag omstreeks 16:00.

Maroela Media verneem die gesin woon in Muizenberg en dat die meisie se ouers ʼn gastehuis in Kalkbaai besit en bedryf. Die meisie se naam is aan Maroela Media bekend, maar sal nie nou bekend gemaak word nie aangesien al haar naasbestaandes moontlik nog nie van haar afsterwe in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ronnie ·

Sjoe. Ek weet nie vir wie ek die meeste simpatie moet hê nie: die onskuldige kind of haar ouers of ‘n land en wêreld wat só wreed geword het.

Anniekie ·

Dit slaan my dronk as mense nog alleen in bosse gaan draf – leef hierdie mense in ontkenning of in isolering dat hulle nie bewus is van wat in die land aan die gang is nie?

Karma ·

Anniekie, op ‘n stadium kon mens in dié land met oop deure geslaap het; jy kon jou ‘camper’ gevat het en rus-rus deur die land gereis het (jy het sommer net waar jy kom langs die pad afgetrek en gaan rus). Hoe goed ken jy Tokai? ‘n Gedeelte daarvan is industrieël ontwikkel, daar is ‘n privaat landgoed en die res is nie bebos nie, maar ‘n natuurlike woud wat deel vorm van Tafelberg Nasionale Park. Omdat die verdomde ANC-regering nie daartoe in staat is om grensbeheer toe te pas nie en die veiligheid van SA burgers te verseker nie. Dié ma, twee dogters en hond het sekerlik nie gedink hul lewens sal in gevaar wees as hulle net gaan draf nie – die enigste fout wat hulle gemaak het, is om “op te split” – dít was nou moeilikheid soek!

Bertie ·

Stem 100% saam, dis tragies, maar my genade is hulle net onnosel of leef hulle in ‘n sprokies wereld. Ek as ‘n man sal nie eers so onverantwoordelik optree nie, dis tyd dat mense wakker word en die koffie ruik.

Merrilynn ·

Die Tokai woud se wandelpaaie is baie populêr & daar is gewoonlik baie mense met hul honde, kinders op fietsies, fietsryers selfs perdryers. Dit is nie sommer enige bos nie. Daar is oor naweke ‘n bosmark daar en ons gaan gereeld soontoe. Die mense wat gaan stap het (en die arme kind) moet nie hiervoor blameer word nie. Die gespuis wat hulself nie soos mense kan gedra nie, hulle is die probleem hier. Hulle maak seker dat niemand meer publieke plekke in die natuur kan geniet nie.

Michael ·

Hoekom moet mense beperk word waar hulle mag en nie mag beweeg nie wat as ons onsself bemagtig met selfverdediging en onselfs bewapen en hierdie duiwelskinders die see injaag

Eliza-beth ·

Dis verskriklik – ‘n jong meisie wat ‘n gesonde fikse lewe wil lei. Ek hoop die skuldiges word vinnig vasgetrek. Arme familie – sterkte vir julle in hierdie vreeslike tyd.

charmaine ·

Dis baie erg. Maar stem ook saam met Annekie ons ry 1km kafee toe jy kan net nie meer stap nie. Selfs om te ry is gevaarlik. In die berig praat hulle van die kind se naasbestaandes is haar ouers nie?

Ken ·

Uiters skokkend… Geen van ons Provinsies is meer veilig nie. Misdaad in die Kaap het aansienlik toegeneem en nerens meer veilig nie. Het nie woorde nie, sterkte aan die gesin.

Gesiggie ·

Wat is die rede vir dit? hoekom sal iemand jou net onskuldig wil dood maak…net wurg? dit is n kind van 15 jaar oud… regtig”’ wat kan n kind van 15 aan so n persoon gedoen het, om dit te verdien.. hier moet iets agter als wees… ek voel bitter jammer vir die Ouers” mag jul vrae beantwoord word…en Mag jul leiding ontvang… Sterkte

Sonja ·

Wat gaan aan in ons land?? As ñ mens die goed lees is ñ mens geskok. Weet nie wat om te dink nie.

Herman ·

Ons lewe in n barbaarse land. Wens die mense wil dit verstaan. Maar mense dink mos dis heaven on earth in SA.

andre ·

Ai tog nou is daar nog n pragtige kind van die lewe ontneem . ek wil net vrae hoe kan n mens aleen in n woud gaan draf en hoe kan so n ouer dit toelaat . mense ons lewe in Suid Africa . maak oop julle oe . mens kan dit nie meer in die land doen nie.D aar in niemand wat ons meer kan beskerm nie . hierdie is n land van moord verkragting roof ens . wees op julle hoede al is jy in jou eie huis

Rikku ·

Is dit nie dieselfde woud waar ‘n man hom ‘n tyd terug ontbloot het nie ?

Ken ·

Ek weet net dat in lande soos die VSA sou daar nou ‘n volskaalse “manhunt” aangewees het, berigte oor die radio, televisie etc. en sou die krimineel vark bitter vinning vasgetrek geword het. Wens net ons het dieselfde “urgency” hier gehad. ‘n Vyftien jarige kind…. Skandelik en siek.

Annie ·

Dis uiters barbaars – soos hulle aangaan sal mens nie eers meer by die voordeur kan uitgaan nie – is mens nerens meer veilig in hierdie land nie en wat naasestaandes betref haar ouers en susters moet mos wees. Weereens word die saak ondersoek en nooit ooit hoor jy weer daarvan nie – so die skuldige gaan ook seker weereens los wees net nadat hulle hom arresteer – gee hom vir die publiek ons sal julle wys wat om met hom te doen. Sterkte aan die ouers, familie en vriende.

Afrikaner ·

Hoekom word die slagoffers as die skuldiges uitgemaak……dit is net so siek soos die moordklag.
Dit is jou reg om te stap of draf waar jy wil -ons is nie veronderstel om in tronke te leef nie …dit is altyd so hartseer die kommentaar as iemand in sy eie huis aangeval is…”gelukkig is hulle nie dood gemaak nie”…. hulle moes in die eerste plek nie in hulle huis aangeval word nie..ons aanvaar maar dat dit ons noodlot is om so in tronke te leef…..en die kriminele leef vry…siek siek

Mede Afrikaner ·

Dankie Afrikaner! Ek stem 100% saam met jou. O ja, en vir die wat nie verstaan – naasbestaandes sluit oupas, oumas, ooms, tannies, nefies en niggies in. Soos gewoonlik verstaan jul nie lekker nie omdat jul dink sover soos jul neuse lank is. Net omdat haar ma en sussies weet, sê nie haar pa ens weet nie. Wie sê die pa is nie in die buiteland en buite bereik ens. ens. nie? Maar nee, kom ons wys ons absolute onvermoë om logies te redeneer deur altyd te wil krap. Julle maak my moeg en kwaad. Hierdie familie rou en julle kan nie wag om op en af te spring en die familie te blameer nie. Moet Maroela vir jul foto’s van die huilende familie oplaai sodat jul jul daarin kan verlustig en nog bietjie meer sout in hulle wonde kan vryf? Is dit lekker? Verduidelik vir my die genot wat jul daaruit put, want ek verstaan dit nie.

william ·

Kan nog nie glo dat almal so mooi rassioneel hierdie haat moorde aanvaar nie. Wat gaan die mense oor n paar jaar se, “mense moes beter geweet het as om uit die huis te kom”

Sonja ·

Ek kry die ouers jammer. Watse hartseer is in die huis? Wie is so ñ monster om dit aan ñ kind te doen?

Anoniem ·

Dink dis tyd elkeen skaf verkykers aan ( 1 vir voertuig, as iets gebeur kan lisensieplate gelees word, en 1 vir by die huis, om die omgewing te bespied vir verdagtes). Dan moet ons goed soos “nagsigkykers” en pyle en boë (dis geruisloos) kry.

Astrid ·

Hou op om die slagoffers te blameer! Julle raak kwaad vir die slagoffers. Raak kwaad vir die barbaarse moordenaars man!!

Trots Suid-Afrikaans ·

Net so Astrid!! Van die mense wat hier kommentaar lewer is baie onsensitief!! Genade..plaas jul self in die slagoffers se skoene!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.