Skok ná moord op ‘goedhartige’ student

Rowan Heine. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn 23-jarige student Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn huisbraak in Randburg in Johannesburg doodgeskiet is nie.

Rowan Heine, ʼn tweedejaarstudent aan Unisa, is tydens ʼn rooftog by die huis in die Woodlands-kompleks in Boskruin in die maag geskiet. Hy is minder as ʼn uur nadat hy geskiet is op die toneel dood.

Heine het by die huis oorgeslaap waar sy meisie, Simone Philips (23), haar ma, Brenda Philips, en Simone se broer, Wade, woon. Een of meer indringers het toegang tot die huis verkry deur ʼn veiligheidshek uit die kosyn te breek en die deur oop te breek.

Toe Simone en Heine wakker geword het, was ʼn inbreker reeds in hul kamer. ʼn Struweling het tussen Heine en die rower ontstaan en Heine is in die maag geskiet. Brenda het wakker geword van die geluide uit haar dogter se kamer, maar die indringer het op die vlug geslaan voordat sy kans gehad het om iets te doen.

Brenda het mond-tot-mond-asemhaling op Heine toegepas terwyl daar op die nooddienste gewag is. By hul aankoms het paramedici by haar oorgeneem, maar Heine het egter op die toneel gesterf.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn skootrekenaar, selfoon en kontant is tydens die voorval gesteel. Dit is in dié stadium nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie en dit vorm deel van die polisie se ondersoek.

Rowan Heine. Foto: Facebook

Huldeblyke vir Heine het intussen op sosiale media ingestroom. Die Jozi Cats-rugbyklub het in ʼn inskrywing op Facebook hul skok en hartseer oor Heinde se dood uitgespreek. Heine het vir die Misfits-span by die Diggers-rugbyklub in Randburg gespeel.

“Hy was net 23 jaar oud en een van die goedhartigste ouens wat jy ooit die plesier kon hê om te ontmoet. ‘Browan’ was ʼn vriend vir so baie, het sy familie gerespekteer en liefgehad, was mal oor sy spanmaats en was lief vir rugby speel. Hy sal gemis word deur almal wat hom geken het en ons stuur ons liefde en ondersteuning aan sy spanmaats, familie en vriende.”

Brenda het ook aan Maroela Media gesê Heine was ontsettend gewild en iemand wat altyd geglimlag het en altyd sy geliefdes sou help. “Hy het die wêreld se geduld en liefde vir Simone gehad en sou enige iets vir haar doen,” het sy gesê. “Rowan was soos ʼn seun vir my en hoewel ek nie eers kan begin om die pyn en verlies van sy ouers in te dink nie, eer ek sy ma dat Rowan ook vir ʼn rukkie ʼn deel van ons familie kon wees.”

Sy sê dat Simone platgeslaan is deur Heine se dood. “Hulle verhouding was nie net ʼn jongmens-liefde nie. Hulle was ʼn baie hegte paartjie. Simone het net gewag dat Rowan klaar studeer sodat hulle hul lewe saam kon begin. Hulle was bitter lief vir mekaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gesiggie ·

My Innige meegevoel, soveel harte is seer oor die jong seun, wat ook maar weer net homself en sy geliefde wou beskerm… en wie se lewe deur n Monster geneem is… sterkte aan jul as familie, aan sy maats en aan sy geliefde Simone… mag God jul dra in die tyd van hartseer en verlange.. RIV … Rowan… hoop dat hierdie moordenaar sal betaal vir sy dade”

Andrea ·

Nog n pragtige jongmens vermoor! Liewe Vader, gaan dit ooit stop?!
Sterkte aan al sy geliefdes.

Danie ·

Stuur asseblief hierdie sinnelose moorde op ons witmense die westerse wereld in sodat hulle kan sien wat hul naiewe kruipery by die struggle was.

@ Stuiwer ·

Omdat dit moorde is wat deur POLITICI aangevuur is, en ongelukkig is daar kleur by betrokke, wie was die aanvallers? Mens kan dit nie meer ignoreer nie? Die een rasgroep word teen die ander opgesteek, daarom is dit ‘n RASSE/POLITIEKE voorval.

Anni ·

Waarom sou hul nou spesifiek DAARDIE huis kies in n kompleks om in te breek???? Ondersork maar hul huishulp/tuinwerker. Klink vir my soos n wraakaanval. Iemand in die huishouding het seker met hul geraas oor iets en toe besluit hy/sy seker … ek het moordenaar vriende wat jou n les sal leer!

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy het saam my seun krieket gespeel by HS Randburg in 2012. Altyd vriendelik, altyd behulpsaam, altyd vol grappies…..voorwaar ‘n aangename en besondere jong man. My hart is swaar….

Afrikaanse Knaap ·

Vader tog, dit gaan nooit stop nie. Ek is bitter jammer om hiervan te verneem. My hart gaan uit na sy mense.

Blommie ·

Het julle vir Trevor Noha gehoor oor die rassistiese Momberg saak…
DOG hy is n komediant, maar lyk my hy raak nou n politikus en vertel alamal in Amerika hoe WIT mense is en hoe ons hulle op daai naam noem…
Maar geeeeeeen haan sal daaroor kraai nie…
En die gehore staan op en klap hande en praat van hoe dit was en dat ons WIT mense hulle te na gekom het. Is belaglik man

Stuiwer ·

Wat het arme Trevor Nohah nou hiermee te doen? Hou op om rassisties te wees!!!!!

Blommie ·

En baie sterkte aan hierdie jongman se familie en vriende, die lewe is NIE regverdig NIE.

Mags ·

Braam… nee man, nie mooi deurdink nie,, Daar sit 2 Blanke boere in die tronk oor ‘n dief van hulle bakkie afgespring het en daarvan dood is.. daar sit ‘n vrou vir ‘n jaar in die tronk oor ‘n “verkeerde” WOORD. Dan sit 90% veroordeeldes wat verantwoordelik is vir plaasmoorde en ander moorde op Blankes op straat, uit op R1000 borgtog.. Wie dink jy gaan die doodstraf opgelê word ??

honourable member ·

Hierdie sinnelose moorde in hierdie land raak net te erg en die regering verkies om niks daaraan te doen nie.

Cilla ·

En die regering wil he julle moet julle wapens inhandig?? Verseker was daardie moordwapen ‘n onwettige wapen gewees.

Lynn ·

Wat n jammerte dat nog n jongmens moet sterf. Waar gaan dit eindig. Ek is besig om als te verkoop en uit die land te gaan. Op die einde gaan dit n 2de Zimbabwe wees. Wat het geword van ons mooi land en mense

EP ·

Baie hartseer dat die jong man in die fleur van sy lewe moes sterf. Niemand nog in hegtenis geneem?? Gaan weer eeue neem om moordenaar op te spoor indien ooit en dan nog ‘n paar jaar voor die persoon skuldig bevind word . ???

Bianca Janse van Rensburg ·

My hart is so seer, ek was saam met Rowan op skool en al was ons nie “vriende” gewees nie, het ek wel geweet wie hy is, hy was n baie baie nice persoon gewees… Ek kan nie glo dat iemand sy lewe van hom af weg gevat het nie, dis nie regverdig nie.
Hy was maar net 23 :'( :'(
My gebede gaan uit na sy Familie, sy vriende en vir Simone…

Stuiwer ·

Dis onverskoonbaar wat met hierdie jong man gebeur het. Hierdie moordenaar hoort agter tralies (permanent) en as die regering nie die doodstraf terugbring nie, gaan hierdie tipe goed net aanhou gebeur. En vir diegene van julle wat besig is om alles te verkoop om uit die land te gaan, sterkte. Dis nie ‘n maklike besluit om te neem nie.

EK WENS ONS KON WAAI ·

As dit net so maklik was om op te pak en te loop was ons almal al weg. Baie lande keur ons visum aansoeke af. Selfs met die vorms wat jy moet invul om te kwalifiseer word jy al uitgeskop. So hoe kom mens in ‘n ander land? Die werksaanbiedinge stroom nie vir middeljariges in nie, die visumvereistes raak al hoe strenger en die rand se waarde daal daagliks .. ons WIL graag loop maar ons almal kan nie .. Baie LANDE se vereistes sluit jou sommer vroeg vroeg al uit, jy word outomaties gediskwalifiseer op verskeie aspekte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.