Skok ná moord op treindrywer

Piet Botha. Foto: Verskaf

Piet Botha. Foto: Verskaf

Pieter Barend Botha, ʼn treindrywer, is Maandag by die Netreg-stasie in die Wes-Kaap beroof en vermoor.

Die United National Transport Union (Untu) het gesê hy het met skok en afgryse verneem van die moord op een van sy lede. Steve Harris, hoofsekretaris van Untu, het gesê Botha, wat ook as Piet bekend gestaan het, is twee keer in die kop geskiet.

“Botha was besig met ʼn verfrissingskursus op die sentrale lyn en het vir ʼn trein gewag nadat hy van ʼn ander trein afgeklim het toe hy oorval is. Dit is net nóg ʼn sinnelose moord op ʼn weerlose treindrywer wat sy lewe daaraan gewy het om te sorg dat passasiers hul bestemmings veilig bereik. Untu veroordeel dié barbaarse daad en pleit by die publiek om na vore te kom met enige inligting wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan help om die moordenaars agter tralies te sit sodat reg en geregtigheid kan geskied.”

Untu het ook geëis dat die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) moet sorg dat al sy stasies veilig is vir werknemers en passasiers om te gebruik. Volgens Harris moet Prasa ʼn ondersoek doen na die voorval om uit te vind waarom daar nie veiligheidswagte was in die omgewing waar Botha oorval is nie.

Untu het sy medelye met Botha se familie betuig. Die skietvoorval het tot gevolg gehad dat honderde pendelaars Maandagaand gestrand was nadat Metrorail-werkers begin staak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

steve fourie ·

Dit gaan nie oor die roof nie al die werk moet aan die swart burgers behoort,geen blanke word n werk gegun in die nuwe suid afrika nie,dit was so onodig,sterkte vir sy familie

jaco ·

waarom is daar altyd geweld, aanranding en moord by diefstal betrokke? vat wat jy wil vat maar asseblief spaar net die lewe van die slagoffer van jou diefstal. misdaad is so erg dat die kans dat jou slagoffer n diefstal gaan maak en dat die dief gevang gaan word, feitlik 0 is.

Koos ·

Die strafstels moet hersien word swaarder strawwe moet opgelê word die moordenaars is nie bang nie want die kans dat hulle gevang word is bitter klein en as hulle gevonnis word vir vyftien jaar dien hulle net twee jaar uit soos die Oscar pistorius tans bou meer tronke en vonnis hulle lewenslank hulle moet doodgaan van ouderdom agter tralies.

Belaglik ·

Dit is belaglik om Oscar in hierdie saak op te bring. Onkunde is n gevaarlike siekte. Hierdie moordenaar doen dit vir n lewe, hy /hulle weet hul word nie gevang, hul vat geen verantwoordelikheid, hul beplan om die lewe te vat in ruil vir n foon,paar rand. Dit is n aanvals moord, nie verdedigings. Regtig n bietjie ondeurdenk en smaakloos!

cobusp ·

Stem Koos……….Oscar het . wreedaardige sinnelose moord gepleeg op n weerlose Reeva…en vir Belaglik gaan lees die uitspraak van die volbank hoof regters in die Hoofgeregshof in Bloemfontein………dan sal jy hopelik die Oscar saak begin verstaan en nie so klomp belaglike bog kwytraak nie

Belaglik ·

Dit help nie mens redeneer met mense wat net wil lees en verstaan wat hul vooraf besluit het nie. Pieter Botha is vermoor vir die plesier daarvan om jou geld op ‘n oneerlike en volgens die kriminiele vinnige manier te verdien, met geen respek vir ‘n mense lewe. cobusp, duidelik ken jy nie vir Oscar, duidelik weet jy nie veel van die saak. Oscar moes voorsien het dat hy die persoon aan die anderkant van die deur se dood kon veroorsaak het. Oscar het van die begin af gesê, ek het haar geskiet…… hy dien sy gevangenis straf uit.

Esmay ·

Belaglik, ek stem met jou saam. Hulle het geen gewete, die moorde op ons blanke volk kom defn van bo af!!!!!

Delia ·

Ai Koos & cobusp, dis mense soos julle wat my siek maak, haal ou koeie uit die sloot en tokkel voort op net een snaar!
Lewer kommentaar op hierdie spesifieke berig en los Oscar nou uit….

Stem saam ·

Stem saam Delia, al op die een snaar. Wens regtig hul kan fokus op wat hier gebeur het en hoe om dit uit te sorteer!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Grap ·

Ek verstaan nou nie daar is geen verskil tussen Oscar en hierdie moordenaars nie hulle is albei moordenaars wat besluit het om mense dood te maak Oscar …net hy sal weet hoekom en die ander moordenaar omdat hy die persoon wou besteel maar moordenaars is hulle altwee en dis ‘n feit.

Asjas ·

Baie snaaks dat daar nie veiligheidswagte was nie? Dalk bettokke? Ons wit mense moet begin weier om plekke te gaan as ons nie versekering het dat ons gaan veilig wees nie. Ek woon geen kursusse in Johannesburg by nie, kapings risiko.

Sonskyn ·

Asjas, niks vreemds daaraan dat geen wagte in sig was. Dis algemeen by Kaapse stasies. Week of wat terug by ander stasie ook man erg aangerand. Week voor dit iemand van bewegende trein afgegooi. Daar is bykans nooit enige wagte in die nabyheid nie. Indien daar wel is, staan hul in hoek gekloek en oubek hou.

Spokie ·

DIT IS TYD DAT ONS BEGIN OPSTAAN VIR ONS SELF SOOS ONS VOOR GESLAGTE SOU DOEN EN NI ALLEEN ROND BEWEEG NI MAAR MEKAAR BEGIN VOLG EN BYSTAAN.

jemma ·

spokie as jy enige voorstelle het hoe ons kan begin “opstaan” sal jy dit asb hier met ons deel?

Jeanne ·

Spokie, jy is reg, maar oor saamstaan gaan ons net droom. Kyk net hoe behandel witmense mekaar op forums as hulle van mekaar verskil. Hulle sal eerder almal uitgewis word as om in te gee op hulle mening.

rudi ·

Dis skokkend om te te sien hoe die spoorweg verval het. Met BEE bestuur met verfalsde dokumente is daar geen hoop. Ek dink dis beslis ook te doen met die staking vir meer geld. Hy is uitgehaal seker omdat hy wou werk

nicolene ·

Ek lees net vanoggend ñ quote van Samual L Jackson. Hy sê die probleem is nie vuurwapens wat almal heeldag probeer verban nie. Die probleem is mense wat nie die waatde van ñ lewe geleer is nie. Sterkte aan hierdie familie. Dis so onnodig en sinneloos.

Theuns ·

Nicolene ek stem saam met jou oor mense wat nie die waarde van die lewe geleer is nie. Leer mense nog die TIEN GEBOOIE? Nee ek glo nie! Groete.

So sad en onnodig ·

Dit is sooooo sad en onnodig, baie sterkte aan sy familie! Mag die skuldiges onder n trein beland met die nuwe drywer!

Theresa B ·

Dit het niks met roof te doen nie. Daar word uitgegaan om blankes te vermoor. Maak nie saak waar jy werk nie. Die doodstraf moet teruggebring word. Hierdie land is wetteloos. Die hel gaan nog losbreek as die Regering aanhou op hul louere rus. Jy sit met ‘n president wat net rond vlieg en hom blind staar vir wat in sy eie land aangaan.

Treurgrond ·

Treurgrond – die naam se dit als – dit was nie net om iemand te vermoor nie – ons wittes word uitgewis helemal uitgewis – daar word net meer en meer gerapporteer van ons wittes wat net uitgemoor word. Die statistieke is net baie “scary” wat ons wittes aanbetref – dit raak net hartseer hartseer hartseer. Kom wit mense staan net bymekaar asseblief

JoeV ·

Seker darem nie rasistiese aanval nie, anders sou die pers dit so opgetel het.

Marica ·

Ek dink regtig nie hierdie moord het iets met ras te doen nie. Dis ‘n sinnelose moord op ‘n onskuldige man wat sy werk gedoen het. Al die treindrywers in die Kaap het na die voorval geweier om verder te werk. Daar is slegte mense in ALLE rasse. Dis nie die kleur van jou vel wat jou goed of sleg maak nie. Dis die “kleur” van jou hart.

JoeV ·

Netso, behalwe as slegte wit mense dit doen is dit rassistiese aanval. Maar as swart / ander dit doen, is dit nie. Nogal vreemd dat mense wat nie blank is nie, nie rasisties kan wees nie.

A.G ·

Weereens n`weerlose persooon wat ooorval is deur n klomp lafaards. Dit is nou al so erg dat n persoon wat n diens verskaf geteiken word so ook die paramediese nood personeel wat aangeval word tydens hul diens. Die personeel sal eers moet vereis vir sekerheids bystand voordat hulle die take kan verrig in die toekoms.

Selfbeskikking ·

Ons sal moet dadelik begin onderhandel met die regering vir selfbeskikking. Dit gaan nog net erger raak en ons moet uit!

Irene ·

Jy moet nou stem vir wie geen party praat oor die moorde hulle word orals aangehits om wit mense te moor sien julle wit mense moor so sies

amanda ·

Dis hoe dit is…hule gaan uit om te moor…main fokus…dan steel hule is selfoon…dan wrd dit gese hule ht gesteel,maar hule lewe was ingevaar,toe moor hule….mense dit gaan ni ophou ni,families wrd uit mekr geruk,ons kan ni Meer e moet saam staan…dit raak erg!! Erger gaan dit wrd

cobusp ·

Almal wat so kommentaar en rondval vir antwoorde gaan lees vandag se “Gedagte vir die Dag: Kennis en Insig” dus op Maroela se webwerf……………Daar is al die antwoorde hoekom dit so sleg gaan met die Afrikaner en moorde……………asb gaan lees dit en maak dit jou eie, dalk sal jy begin verstaan waar die probleme van daan kom en ook antwoorde kry om dit stop……….

susan @ ·

Ek hoop die moordenaar kry die hoogste vonnis !! Weer n gesin sonder n vader.

Karma ·

Mense, ek gaan nou iets sê waarvan bitter min mense gaan hou, maar glo my, ek voel net soos julle oor die vlak van misdaad, geweld en onwettige immigrante wat hier kom roof, verkrag en moor …

Dink so dertig, veertig jaar gelede …. aan die SA toe. Die skoen het tóé aan die ander voet gesit. Die blankes was in beheer en die nie-blankes het geen beheer of sê gehad in wat met hulle gebeur het nie. Hulle kon híér ingaan en loop, maar nie dáár nie; teen sesuur saans moes alle nie-blankes terug wees in hul lokasies of die duiwel was los; volksgroepe is van mekaar gesegregeer.

Nou het die verdrukte die verdrukker geraak – en ongelukkig is die verdrukker van vandag haatdraend teenoor die blankes. Daarom die wrede aanvalle, moorde en verkragtings van vandag. Sê maar net …………

Anton ·

Onthou dat hulle uit ons gebiede gehou was maar hulle het hulle gebiede gehad wat insluit groot tuislande, hulle het grond daar gehad, eie besighede, eie regerings. Of het jy vergeet Karma? Of wil jy nie onthou nie om ons ekstra sleg te laat lyk?

Vanwaar ·

Hoe meen jy nou, het ons families en kinders doodgemaak sommer maar net? Nee verseker nie, en ons het alle moordenaars vasgevat, en moordvlakke op alle rasse was baie laag.

Jonge ·

Ek was nie eers gebore daardie tyd nie, so hoe was ek die verdrukker karma?

Nee man ·

Nee man Karma, ek sien jy het altyd ‘n aweregse streep, wat jou rede vir dit is, is jou saak! Praat egter reg oor sake as jy praat. Die 30/40 jaar terug se regering het groot foute gemaak om mense plekke te weier, ek is deel van die groep wat daarteen was en vir demokrasie geveg het, maar lees vanwaar se stelling. Daar moet demokrasie wees, wette en orde en niemand verhewe bo die wette. As jy dit verstaan besef jy die fout van ‘n President en so gaan dit af, dit is nie rassisties nie, dit is swak leierskap. Die gesinne van vermoordes moet hul tot MRK en wêreldhof wend, ek dink MRK SA is dalk nie ‘n opsie veral sekere groepe moet eers ‘n klag lê by hulle en ander spring hul in en help. So die beste is, gaan wêreldhof toe, hierdie nonsens moet nie geduld word nie, maar begin elkeen met sy of haar saak met bewyse!

Linda Fourie ·

Karma, ek weet nie hoe veel jy onthou van destyds nie, ek was ook nog maar baie jonk in daardie tyd van “verdrukking” waarvan jy praat. Selfs hulle wat verdrukking skree was meer vry want daar was wet en orde en ook onder hulle minder moord en doodslag as nou. Maar dink jy nie daar was iewers ‘n wyse man of drie met die insig om te weet as sekere ellemente vry losgelaat word om te maak soos hulle wil, sou ons lankal gewees het by waaroor hierdie berig aanvanklik gegaan het nie? Moord, roof ens. ens. As jy nie die geskiedenis ken nie, gaan lees op oor hoe hulle toeka se tyd geroof en gemoor het, destyds net nie met moderne wapens nie.

susan@ ·

Ek hoop die moordenaar kry die hoogste vonnis is!!! Weer n gesin sonder n vader.

Karma ·

Mense, glo my, ek is nie dwars net omdat ek wil dwars wees nie. Ek was ook maar jonk (eintlik ‘n kind) toe – oe, en hoe haat ek dié woord – Apartheid in volle swang was. Die geweld en misdaad vandag in ons eens-mooie land wurg my ook en maak my woedend!

@Jonge, al was jý nie die verdrukker nie, was jou ouers dalk “verdrukkers” omdat hulle geleef en bevoordeeld was in daardie tye ook. Ek was ook nog ‘n baba/jong kind, so ek kan ook nie as verdrukker kwalifiseer nie. @Vanwaar, nee, ons ouers het nie net voor die voet doodgemaak, verkrag en misbruik nie, want ons is geleer om te WERK vir wat jy wil hê en om RESPEK te hê vir ander. @Anton, nee, ek vergeet nie die tuislande waar hul hul eie besighede gehad het nie, maar hulle vergeet hoe goed dit met hulle tóé gegaan het; in ‘n gebied wat onder hul eie beheer was en wat vooruit ‘geboer’ het. @Linda Fourie – daar is min wat jy my vandag kan vertel van my land se geskiedenis, daardie tye ingesluit vandag.

Wat ek sê is, mense, ons voel vandag – in mindere of meerdere waarde – dit wat die anderskleuriges (reg of verkeerd, waar of nie) daardie tyd gevoel het. Daarom daardie diep-gewortelde haat wat omsit in wrede moorde, verkragtings, aanranding en misdaad. Ek kan dit nie goedpraat nie, ek stel dit net in ‘n ander lig.

Verstaat nognie ·

Nee Karma, daar was al baie nasies onderdruk maar niemand gaan so aan soos die lot nie. Die moorde is gladnie n verskoning nie. Daar was nasies wat baie armer is, baie erger verdruk was, en na bevryding het hulle nie die voormalig onderdrukkers uitgemoor nie. Kyk byvoorbeeld na al die lande en nasies wat die Russe beset en kommunisme op afgedwing het. Daar bly steeds russiese minderhede agter na Rusland uitgetrek het en hulle word nie uitgemoor nie want daardie nasies is beskaafd. Baie ander voorbeelde ook. Verstaan jy nou wat ons probeer se?

Peet J ·

Alleenlik politiekepartye kan onderhandel vir selfbeskikking . Ongelukkig het die partye wat daarvoor staan nie genoegsame ondersteuning nie (kiesers) Ons het wel ‘n kans gestaan net na die oorgawe met VFplus maar dit het weens een of ander rede nie gerealiseer nie. Die ander twee partye wag nou tot hulle genoeg kiesers bekom het en dit kan nog jare neem. Die probleem is daar heers teveel onenigheid onder die Afrikanervolk.

Onafhanklik ·

Ons sal net moet. Sover ek weet kan enige groep onafhanklikheid vra, regoor die wereld word dit op n verskeie head maniere onderhandel, nie noodwendig deur n politieke party nie. Ons het nie meer n kruse nie want dinge gaan net vererger.

Selfbeskikking ·

Enige georganiseerde groep kan onderhandel vir selfbeskikking, dit is nie n proses uniek tot ons land nie en word in baie lande deur baie groepe bewerkstellig.

Theresa ·

Nog ‘n Blanke persoon onnodig doodgemaak. Daar is baie gesimpatiseer, maar hoe ver is gevorder met die vang van die moordenaar(s)? Wie is hulle – wys hulle – stuur dit ook die wêreld in vir kennisname.

Tommy ·

Ek dink nie Pieter se moord was enigsins te duen met rasisme nie. Vir die meeste mense was kommentaar gelewer het wil ek net sê. My innige simpatie vir Pieter se dood. Niemand wat komkentaar gejewer het ken die plek Netreg nie. Dis nie net die stasie se naam niem maar ook die woon gebied. Byna elke naweek word iemand in Netreg geskiet…maar julle hoor of lees nooit daaroor nie want julle lees nie die local community newspaper nie. Elke week word sinloose moorde in netreg gepleeg. Die omgewing is besmet met bendes en dit weet julle ook nie. Die laaste ding wat op die moordenaars se brein was is dat Pieter ‘n blanke persoon is. Hulle kyk bo-oor vel kleur, ouderdom, geslag of status. Pieter was soos enige persoon wat vourheen daar geskiet was, maar bet bog ‘n teiken. Wrong place at the Wrong time. ‘n vriend van my was gekaap by een van Netreg se verkeers ligte….en later was hy dood geskiet en in sy voertuig gevind op ‘nafgeleë plek. Wat die polisie nie sê nie ys dat die bende geweld in Netreg hand uit geruk het, soveel so dat selfs die polisie eers in die area gaan na die skiet voorvalle bedaar het. So dit is ‘n kleurling gebied wat besmet is met bende. Ek weet want ek woon ook in dieselfde area.

marianne ·

Pieter Botha het bloot sy beroep beoefen, by het niemand leed aangedoen nie. Ek wonder waar sy assestent bestuurder op daardie oomblik was…. het alle lokomotiewe nie twee mense per kajuit nie???
My innige medelye aan sy familie en vriende…
Dis tyd dat die doodstraf terug gebring word, moordenaars ongeag wie hulle is of was of omstandighede van sodanige moord – MOET NOU DIE DOODSTAF KRY.

Doodstraf ·

Die enigste manier hoe ons doodstraf terug gaan kry is as ons onderhandel vir selfbeskikking.

Oscar van der Merwe ·

Ek het baie jare saam met Piet Botha gewerk hy was seker een van die netjieste en mees pliggetroue mens. Daar is nie eens n kwessie dat die wreede daad uitgevoer was omdat dit n blanke persoon was nie. Ek wonder of die regering met sy kaders ooit dit sal veroordeel en dit aanspreek? Ek twyfel dat daar kommentaar uit daardie geledere sal kom want hulle het nog niks oor al die plaasmoorde gese nie. Rus sag my vriend.

Lollie ·

Nee ek neem aan as ons dan so lees wat Karma hierbo in vreeslike ” wysheid” gese het, dat dit dan seker net n “matter of time ” is voor ons ook dan maar sal begin moor en roof ens… dis mos dan nou n algemene uitloop van wat tans dan nou aangaan , ne????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.