Skok ná skoolseun (16) se skielike dood

Bryn Magree. Foto: Facebook

Bryn Magree. Foto: Facebook

ʼn Graad 11-leerder van die spogskool Westville Boys High School in Durban is Donderdag in die vroeë oggendure dood nadat hy die vorige dag by ʼn gimnasium inmekaargesak het.

Trevor Hall, die skoolhoof van Westville Boys High, het die nuus van Bryn Magree (16) se dood in ʼn verklaring bevestig. Volgens Hall het Magree Woensdagmiddag ʼn gimnasium in Westville besoek waar hy inmekaargesak het.

Hall het gesê paramedici is na die gimnasium ontbied waar hulle probeer het om Magree by te bring. Hy is na die King Edward-hospitaal gehaas waar dokters ʼn aneurisme bevestig het. Volgens die dokters was ʼn operasie nie moontlik nie omdat die aneurisme te groot was. Hy is vanoggend om 03:00 in die hospitaal oorlede.

“Dokters het bevestig dat Bryn se aneurisme vir jare dormant was en te enige tyd kon manifesteer. Die aneurisme is nie deur sy oefening by die gimnasium veroorsaak nie,” het Hall gesê.

Die skool het vanoggend ʼn saalbyeenkoms ter gedagtenis aan Magree gehou. Besonderhede oor die amptelike gedenkdiens sal later bekendgemaak word.

Sedert die nuus van Magree se dood bekendgemaak is, het talle boodskappe van hartseer en medelye op sosiale media ingestroom. Vriende het Magree beskryf as ʼn “mooi siel met ʼn groot glimlag”.

Magree word oorleef deur sy pa, Brett, sy ma, Janine, en sy broer Kian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sooo hartseer ·

Soooo hartseer, sterkte aan die seun se ouers, dit is net hartseer hartseer.

Emile ·

Sjoe, dis tragies. Baie sterkte vir Bryn se ouers en geliefdes.

Della ·

Ai man….dis baie hartseer. ‘n Jong mens in die fleur van sy lewe. Innige simpatie met sy ouers en broer. So jammer oor julle verlies.

Hannelie ·

Dis so hartseer. Baie sterkte aan sy ouers en broer. Hy was nog so jonk.

Liza ·

Elke keer as ek lees oor ‘n kind of tiener of jongmense dan ruk my hart behoorlik uit my liggaam uit, en ek dink nog ‘n pragtige jonglewe is weg……. en ek dink aan die dag toe my kind voor my gesterf het, Here wees met Bryn se familie en vriende en gee hulle krag elke dag om aan te gaan al is dit somtyds so moeilik Here want ek weet dit is seer en somer baie seer, en Bryn rus sag jy is veilig in die Here se woning……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.