Skok na Witrivier-vrou se dood: ‘My ma sou trots gewees het’

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

“My ma sou so trots gewees het [op die manier waarop die gemeenskap saamgestaan het], want dit is wie sy was. Sy sou voor in die koor gestaan het as hierdie ding met enigiemand anders gebeur het.”

So het Wendell Myburgh, seun van Annatjie Myburgh, Sondag gesê ure nadat sy ma se liggaam ná ʼn vier dae lange soektog gevind is.

“Die manier waarop die gemeenskap hande gevat het ongeag ras of geloof is vir ons baie spesiaal. Ons het gebede van oor die land en wêreld gekry en ons waardeer elkeen. Aan elke ondersoekbeampte, speurder, sekuriteitsfirma en lid van die publiek wat help soek het, wil ons net baie dankie sê,” het hy gesê.

Myburgh het gesê dat dit juis die gemeenskap se ondersteuning is wat hulle die afgelope paar dae staande gehou het. “Ons sou graag eerder my ma weer lewend terug wou hê, maar ons besef dat nie almal wat wegraak altyd [lewend] gevind word nie. Ons gebede is ook met daardie families wat steeds soekend is na hul geliefdes en ons bid saam met hulle.”

Maroela Media het vroeër berig Annatjie se liggaam is in die vroeë oggendure sowat 7 km buite Witrivier tussen bosse gevind. Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn 26-jarige verdagte is in verband met haar verdwyning in hegtenis geneem en sal Maandag in die Witrivier-landdroshof verskyn op aanklagte van motorkaping en ontvoering.

Sedibe wou geen verdere kommentaar lewer nie aangesien die polisie steeds na ʼn tweede verdagte op soek is.

Volgens Wendell was Aiden, Annatjie se kleinkind, haar grootste trots. “Ons is dankbaar dat my moeder lank genoeg vir ons gespaar was vir haar om tyd saam met Aiden te kon deurbring. Sy gaan klein Aiden so baie mis … En ons vir haar. Dra asseblief ons gesin en familie aan die Here op sodat ons genoeg krag kan hê om ware vrede te vind by ons hemelse Vader.”

ʼn Roudiens vir Annatjie sal voorlopig Saterdag om 09:00 vanuit die NG kerk Witrivier gehou word.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

johann cb ·

Ongelooflike hartseer einde aan iets wat nooit moes gebeur het nie. Baie sterkte aan die familie.

Magda ·

My innige simpatie ek bid en dra jul aan ons Hemelse Vader op hy sal dra hier deur

Mel ·

Ek dink daardie Kerk gaan oorloop van mense omrede sy so ‘n steunpilaar in jul gemeenskap was, ek glo sy glimlag ‘n trotse glimlag van bo, sterkte aan Jul familie, Mag jul berusting kry in hierdie moeilike tyd

Gideon ·

Wat ‘n skande om in ‘n land te bly en as iemand nie opdaag vir ‘n afspraak nie dan dink mens nie die persoon het vergeet nie!!! Nee mens dink daardie persoon is moontlik gekaap en dalk vermoor!!
Hoe kan hierdie klomp ambasades in SA nie voorspraak maak by hulle lande oor wat hier in SA aan die gebeur is nie!! Dit is ‘n skreiende skande! Kyk net hoe is daar teen ons opgetree tydens die apartheidsjare! Ons is gesien as die muishonde van die wêreld, daar was sanksies boikotte en wat ook al, nou hoor mens niks!! Buiteland julle maak ons nasie wat vermoor word skaam vir julle part!! Hoekom swyg julle?

lettie ·

Sterkte aan haar familie in hierdie uiters moeilike tyd. Ons leef in n gebroke wereld wat baie pyn en lyding veroorsaak maar eendag gaan ons n volmaakte vreugdevolle lewe saam met ons Hemelse Vader he.

Elgeraine ·

Hierdie tragedie het my diep aangegryp,al ken ek die Myburgh gesin glad nie. Dis so ontsettend hartseer dat dit so moes eindig! Sterkte aan hierdie familie, ek is seker julle is in baie mense se gebede. X

Idee ·

Ek vra Maroela Media mooi om n gereelde reeks artikels te publiseer waarin mense wat van veiligheid weet vir ons tips gee oor hoe om onsself te beveilig.

elmare ·

Baie sterkte vir Annatjie se familie in hierdie moeilike tyd mag Liewe Jesus hulle styf vashou en hulle vertroosting gee baie hartseer RIV Annatjie

Marietjie ·

My hart is so seer te veel mense word vermoor die laaste maand. Eers die 2 makelaars van Krugersdorp die dame wat ook in veld gevind is in Randfontein en nou hierdie pragtige onskuldige vrou. Ons bid vir die familie en vriende in hierdie moeilike tyd. Weet net verseker sy is nou by Jesus xx

Skapie ·

Shoe ek huil deesdae aanmekaar oor geliefdes wat vermoor is en ek nie eers ken nie. My hart stukkend oor wat met haar gebeur het. Net die Here kan haar gesin en ons almal krag gee deur hierdie moeilike dae. Ek bid vir julle en vir ons almal. So baie hartseer om ons

Piet Pompies ·

Iemand met bloed aan sy hande kan nie aansit vir ete, hy moet sy hande eers was met water van die gemeenskap.

Drikus ·

Die hartseer voorval gryp ‘n mens aan. Ons harte is stukkend oor die familie se verlies. Die kaping en moord is met voorbedagte rade gepleeg. Hoe leef so ‘n mens met homself saam?

Hannelie Madsen ·

Ek ken ook nie die familie nie, eintlik niemand daar nie. Het alles gevolg op facebook en so gehoop dat sy lewend gevind word. Ek is ontsettend ontsteld hier in Duitsland oor wat gebeur het! Sterkte vir almal na aan haar.

Flippie ·

Die bloed is aan die hande van die rewolusionêre partye.

Petro ·

Wendell jou ma is so trots op jou waar sy tussen die engele staan. Jy klink net soos ‘n amazing jong man. So baie jammer vir julle verlies. Ons bid dat God julle sal vertroos. Baie sterkte aan julle hele familie ?

katryn ·

Dit is baie hartseer dat n weerlose vrou so moes sterf. N ma, n ouma, en n geliefde. En ne t nog n statistiek. En ding wat ons weet hulle kan ons liggame vernietig, maar ons siel hoort aan ons Vader. Daar kan hulle ons nie meer seermaak nie. Ek was ook al in n skietery 5 jr terug in ons vriende se huis waar ons vriend doodgeskiet is, en dit laat groot angs in jou wakker wat nooit weer verdwyn nie. Veral as sulke goed gebeur. Dit krap daai rofie elke dag weer oop. Sterkte julle en rus in vrede annetjie.

Mel ·

In di bybel staan ons mag ni haat ni, maar wat in di afgelope paar maande was daar tot amper 2 moorde ‘n week, en dis maar net wat ons van hoor op maroela, in ons harte is ons gebroke want ons voel saam elke familie al Ken ons nie een van hulle ni, hoe Kan mens dan ni haat ni, dis onskuldige lewens wat geneem is, Al staan ons blanke mense saam wie gaan na ons klagtes luister!! Al wat ons kan doen is om op ons knieë te gaan en bid dat hierdie dinge stop gesit moet word, maar ons moet almal in eenheid en opreg wees daaroor, my hart loop oor van kwaad en haat, maar dis hoe ek voel, RIV Annatjie en al di ander

Mienkie ·

Hartseer so gehoop sy sou ok wees. Maar het ook besef min laat hul vry. So onnodig hoe Kan n ou vergewe. ..ek was ook gekaap, Maar met groot genade leef ek, Maar elke oomblik as n japie by my deur onverwags staan raak ek woedend

Wilna ·

Dit is so hartseer dat die gemeenskap saam staan, in geval waar n bekende in hulle midde verdwyn het, te soek. Want dan kom hulle in die nuus. Maar waar nuwe intrekkers in die gebied, in n vloedstorm alles verloor geen hulp aangebied is nie.

Antie ·

Hoekom word hy nie van MOORD aangekla nie????? Slegs van motorkaping en ontvoering?????
Sterkte aan die familie.

Johannes Meintjes ·

Nog ‘n blanke belastingbetaler en sosiale sowel as ekonomiese verskilmaker in (Suid) Afrika minder … Jammer aan Annatjie se naasbestaandes, en jammer oor al die Afrikaners wie baie praat maar min uitgerig kry om die beskawing efektief te handhaaf.

Ria ·

Julle gaan verseker ware vrede vind by ons Hemelse Vader aan Wie die oordeel allen toekom. Ek weet verseker dat die laaste oomblikke van haar tydjie hier op aarde, die vrees, nie vergelyk kan word nie en by vêrre oortref word deur die Hemelse Heerlikheid wat sy nou beleef binne haar Abba Vader se Arms.

Rina Vermeulen ·

Gideon dis n baie goeie vraag waarom die buiteland nou net swyg. Dalk voel hulle as gevolg van apartheid is dit ons verdiende loon. Die Anc voel so dit tog duidelik daars geen prioriteit om die moord en misdaad te stop nie. Inteendeel soek hul meer skietgoed om ons by te kom.As dit hul mense was waarmee dit sou gebeur het. Sou dit totaal n ander prentjie gewees het.

D. DE JAGER ·

Ek hoop hierdie moord word ook as n hoe profiel saak hanteer. As Oscar se saak soveel aandag kan kry dink ek alle plaas moorde en kapings kan dieselfde publisiteit kry dat mense kan sien wat in SA aangaan maar ja die joernaliste is seker te bang. DD

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.