Skok, ongeloof oor juwelier se skietdood

Mark Kopelowitz (Foto: Facebook)

Boodskappe van skok, ongeloof en hartseer het op sosiale media ingestroom oor die skietdood van Mark Kopelowitz (55), die eienaar van Kays Family Jewellers in die Centurion-winkelsentrum in Gauteng. Kopelowitz is Maandag tydens ’n gewapende rooftog in sy juwelierswarewinkel doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig ’n groep van ses mans het net voor 11:00 die winkel met vuurwapens betree. Kopelowitz is tydens die rooftog in die maag geskiet en het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Kopelowitz se vrou, Linda, het aan The SA Jewish Report gesê dat hy die liefde van haar lewe was.

“Hy was my alles. Ek sukkel om sin te maak van als. Ek wag steeds vir hom om huis toe te kom,” het sy gesê.

Volgens die publikasie het die egpaar as tieners ontmoet en die liefdesvlam het dadelik gebrand. Hulle was tien jaar lank in ’n verhouding voordat hulle op die ouderdom van 25 jaar getrou het.

Die egpaar het een seun en drie dogters.

’n Jarelange vriendin en kollega van Kopelowitz, Naomi Biassoni, beskryf hom in ’n huldeblyk op Facebook as ’n gawe, vrygewige en dinamiese sakeman.

Steven Ferrer sê Kopelowitz se dood laat ’n leemte.

Een van die personeellede van die winkel is ook beseer toe sy die rowers wou keer om te vlug. Die rowers het met ’n onbekende aantal juweliersware gevlug.

Vier van die verdagtes is reeds vasgetrek. Die oorblywende twee word nog gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Casper ·

Stilte van hoedman se kant af.Dit laat my dink hy keur die moorde op blankes goed.Geen simpatie van politici se kant af nie.

Toy ·

Dit is asof dit net te veel raak vir mens, moord, moord en nogmals moord.

Jeffrey ·

AGGENEE!! Dis verskriklik! Misdaad is HEELTEMAL buite beheer in SA, Hoedman is totaal en al onbekwaam om ons land se mense te beskerm, dis anargie!! RIV

Di ·

Nog ‘n familie en gesin se lewens verwoes deur kriminele. Hoop hulle besef dat mens eendag rekenskap sal moet gee vir jou dade hier op aarde. Mag hulle vrot in die tronk, tensy hulle dalk weer borg toegestaan word. Kriminele het mos meer regte as landsburgers

Benita ·

Hoedman sal natuurlik stil wees want die ding is onbekwaam en bang vir hulle. Hy is baie goed met sagte teikens en wetsgehoorsame mense. Idioot!!!!!

Kokerboom ·

Hoekom tref dieselfde lot nie die boewe?Wie gee hul die reg om ‘n onskuldige persoon se lewe te neem.? Ons is diep kwaad verby!!!

Mallie ·

Aan die familie ons dink aan julle. Onthou julle hoef nie sterk te wees. Steun op mekaar en in julle geloof.

Swanie ·

Hulle gaan ons almal uit moor , dan mekaar , dan as daar net een oorbly gaan hy homself moor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.